Crawford von Abo, die Zimbabwiese boer wat groot verlieste gely het weens grondgrype in sy land, is op sy plaas in die Vrystaat aangeval, het Beeld Dinsdag berig.
Von Abo (82) is Sondagoggend in die kombuis van sy plaashuis in Bothaville deur sewe gewapende rowers oorval. Hy is oor die kop geslaan en is langs sy vrou, Bibi (79) en drie plaaswerkers vasgebind. Die aanvallers het met geld en selfone gevlug.
“Ek was gelukkig nog nooit in my lewe bang nie, ek word net kwaad,” het Von Abo gesê. “Ek is die d****r in.”
Volgens Von Abo het hy aan een van die aanvallers, wat glo gedreig het om hom keelaf te sny, gesê hy is nie bang vir hom nie.
Hy het in 2011 ʼn hofaansoek in Suid-Afrika verloor toe hy ʼn bevel teen die Zimbabwiese regering wou bekom om hom vergoeding te betaal omdat hy ʼn slagoffer van grondgrype geword het. Von Abo het oor ʼn tydperk van 50 jaar ʼn groot boerdery in Zimbabwe opgebou. Hy is egter platsak gelaat toe sy 14 plase deur grondbesetters verwoes is.
Sterkte Crawford en Bibi! Ons is net dankbaar dit was nie erger nie. ons dink nog baie aan die dae toe ons op meer as een front saam geveg het om te sorg dat daar kos is en om hierdie dinge te voorkom. Piet en Anna. [email protected]
Sjoe Oom, julle is al deur diep waters, so baie al verloor en beleef. Die moeilikste is om deur dit alles aan die Here vas te hou, om nie n mens se geloof te verloor nie. Ek hoop julle het nog jul geloof behou. Bly die oom en tannie lewe darem nog. Sterkte, bid vir julle!!!