Plaasaanval-veldtog begin: ‘Gryp in, meneer die president’

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Landelike gemeenskappe is in hierdie stadium aan hulself uitgelewer en boere en gemeenskappe sal self moet inspring om hul veiligheid te verseker. Dit volgens die burgerregtegroep AfriForum wat Woensdag sy verskerpte veldtog teen plaasaanvalle en -moorde bekend gestel het.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het gesê dié aanvalle is meer as net blote statistiek en dat dit belangrik is om te benadruk dat die slagoffers mense is. As deel van die veldtog het AfriForum dus die eerste van verskeie mini-dokumentêre bekend gestel oor plaasaanvalle. Die eerste dokumentêr handel oor die skokkende 2010-plaasmoorde op Attie Potgieter (40), sy vrou, Wilna (36), en hul tweejarige dogtertjie, Willemien.

Attie is 151 keer met tuinvurke, kapmesse en ander gereedskap gesteek, terwyl Wilna en Willemien moes toekyk. Willemien is daarna met ’n skerp voorwerp oor die kop gekap, in die kop geskiet en in die buitekamer in ’n boks gegooi. Nadat Wilna die moorde op haar man en dogter moes aanskou, is sy na die plaashuis geneem, waar sy ook verskeie kere oor die kop gekap en toe in die nek geskiet is.

“Dié saak is welbekend, maar daar is duisende meer sulke voorbeelde, waaronder dié van die afgelope paar weke,” het Roets gesê.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum. (Foto: AfriForum)

Volgens AfriForum se jongste syfers was daar in Junie minstens 40 plaasaanvalle landwyd wat die lewe van minstens vyf mense geëis het. Vandeesmaand was daar reeds minstens vier moorde en 15 plaasaanvalle.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê nadat die afsonderingsregulasies na vlak 3 verslap is, was daar skielik, ná ʼn betreklike stilte, ʼn menigte aanvalle kort na mekaar. Volgens hom dui dit op die doeltreffendheid van ingrypingsmaatreëls soos padblokkades om landelike gemeenskappe te help beveilig. Toe dié maatreëls verslap is, het aanvalle skielik weer toegeneem.

AfriForum se syfers wys dat daar in 18,4% van gevalle nie ʼn enkele item tydens die aanvalle gesteel word nie, die meeste aanvalle vind tussen 00:00 en 04:00 plaas, 65% van aanvalle is op plase en 31,3% op kleinhoewes en in sowat 42% van gevalle gebruik die aanvallers ʼn vuurwapen.

“Dit is ʼn feit dat plaasaanvalle meestal met militêre presisie beplan en uitgevoer word. Hierdie is beroepsmisdadigers.”

Cameron het ook gesê talle ander lande sukkel, nes Suid-Afrika, met armoede en maatskaplike probleme, maar dat daar nie dié soort wreedheid tydens aanvalle gesien word nie.

Volgens hom baklei slagoffers deesdae ook toenemend terug wanneer daar op hulle toegeslaan word. In verskeie onlangse voorvalle het slagoffers teruggeveg en minstens vyf aanvallers is die afgelope paar weke só doodgeskiet. Cameron het gesê die wet laat genoeg ruimte vir wetsgehoorsame burgers om hulself te beskerm.

(Argieffoto: Marcelle Maritz)

“Dié reg moet eenvoudig opgeneem en gebruik word. Dit is hoog tyd dat elke wetsgehoorsame burger wat in ’n landelike gebied werk en woon hulself binne die raamwerk van die wet bewapen. Elke persoon moet weet wanneer hulle mag skiet, en moet in staat wees om hulself, hul gesinne, bure en gemeenskap te beskerm. Bewapen jouself en leer jou wapen ken.”

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die organisasie Saai, stem saam en sê boere moet betrokke raak by hul gemeenskap en breër veiligheidstrukture. Hy het gesê dit lyk of die regering nie gretig is om die probleem te erken of sy afkeur daaroor te kenne te gee nie en dat landelike gemeenskappe verantwoordelikheid vir hulself moet aanvaar. “In hierdie stadium moet ons dinge vir onsself doen waar die regering misluk. Dit is werklik ʼn kwessie van lewe of dood.”

De Jager het ook gesê buitelande regerings, organisasies en die internasionale media vra toenemend vrae oor die kwessie, maar dat geen oplossing moontlik is voor die regering erken dat plaasaanvalle en -moorde ʼn probleem is nie. “Jy kan nie sing ‘kill the farmer, kill the boer’ en dan jou rug draai wanneer dit gebeur nie.”

AfriForum het vandag ook ʼn ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur waarin hy gevra word om plaasaanvalle te prioritiseer. In die brief skryf AfriForum dat daar nes met ander afgryslike misdade soos geweld teen vroue en kinders, spesifieke ingryping nodig is. “Terwyl ons saamstem met jou sentiment dat spesiale maatreëls getref moet word om die pandemie van geweld teen vroue en kinders te stuit, is ons net so bekommerd oor die stilte van die regering oor die verskriklike vlakke van wreedheid wat mense op Suid-Afrikaanse plase ondervind.”

In die brief sê AfriForum hy vra nie vir spesiale behandeling vir slagoffers van dié misdade nie, maar vir gelyke behandeling. Die organisasie sê spesiale strategieë is bedink om probleme soos geslagsgeweld, transitorooftogte, bendegeweld, koperdiefstal en renosterstropery te pak, en dat dieselfde vir plaasaanvalle gedoen kan word.

AfriForum stel tien stappe voor wat die regering kan doen om op die vlaag te reageer.

Dit sluit in:

  • Erkenning van die erns van die situasie en die vrystelling van kwartaallikse statistieke oor plaasaanvalle en -moorde, asook meer navorsing oor die probleem.
  • Dat plaasaanvalle deur die Valke geprioritiseer word en dat vennootskappe met die burgerlike samelewing aangegaan word om die polisie se reaksie op aanvalle te verbeter.
  • Die stigting van spesialiseenhede vir landelike veiligheid en ʼn holistiese aanslag tot die probleem.
  • Voldoende steun aan slagoffers en die aanvaarding van wetgewing wat plaasaanvalle meer omvattend hanteer. Dit sluit in die kriminalisering van haatspraak waar geweld teen boere aangemoedig of verromantiseer word.

Maroela Media het vroeër berig verskeie sosialemediaplasings is die afgelope ruk na die Menseregtekommissie verwys om as haatspraak ondersoek te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Willie ·

Die mense wat moord pleeg moet weet dat dit verskriklik moet wees on in die hande van die Lewende God te val.

Pieter ·

Ag asb afriforum julle mors julle tyd kry die blankes om standpunt in te neem en saam te staan. As julle dink ou cyril gaan luister dan maak julle n groot fout.

Adam Adriaan ·

Deur dat die president na soveel moorde nog geen woord gerep het nie, maak hy homself skuldig aan die verwysing na as ‘n “Usefull Idiot”.

Kanjynoumeer ·

Nuusblad: “Boere kry vir julle wapens.”

Dra jou wapen 24/7 op jou lyf in n holster.
Hou op om passief, mak of onbetrokke te wees.
Jou lewe is in gevaar 24/7.
Die tyd is NOU om daardie wapens uit jou kluis te haal.
Jou lewe jou gesin en die gemeenskap se lewens is kosbaar.

Magriet ·

Dankie Afriforum dat julle iets daadwerklik doen vir ons boere.

Trotse Boervrou ·

Die LUR van die Wes-Kaap vergader met die taxi-bedryf na net 6 moorde. Bloed vloei egter soos riviere in ons strate soos moorde nou plaasvind op daaglikse basis en steeds rep die Staatspresident geen woord daaroor nie. Honderde mense word vermoor maar geen reaksie. Sterkte Afriforum. Ek hoop jul kry iets uitgerig.

Herpiet ·

Daar is nie plaasaanvalle in SA nie. CR het dit benadruk op wêreldwye media. Hoekom sal hy dan nou? Sterkte Afriforum hou aan kom ons kyk.

Herpiet ·

Wat as CR eendag erken sy stilswye is egter sy antwoord rondom plaasaanvalle. Wat gaan ons doen? MRK toe? Ons is uitgelewer aan die terroriste. Alle geweld teen ons is ter vergelding van hulle onderdrukte apartheids stryd.

Genis ·

Dis gaan so as terroriste n land regeer.. Daar is reded hoekom hulle in die tronk was… n bomplanter in my oe, is n lafaard..

marius ·

Hy en sy heersers juig oor elke wit mens wat vermoor word , en geen woord wat hy daarteen spreek sal bedoel word nie . Dis die waarheid .

Pierreli ·

Hierdie president gaan niks doen nie. Ons moet bid dat die HERE ons sal hou in Sy hand en verlos van die bose wêreld.

Kobus ·

Solank as mense dink of praat van plaasaanvalle, is daar nie hoop nie. Dit is terroriste aanvalle!! Solank mense praat van ons/die regering en ons praat van ons/die president is daar geen hoop. Die Azanian Notorious Criminals deel nie ons waardes. Daar sal geen hulp van hulle kom nie, nie die afgelope 26jaar nie en ook nie die volgende 26jaar nie. Die kompromiste en liberalise, hartlik geluk, julle is seker darem nou tevrede met die nuwe Suid – Afrika of hoe?

Jack ·

Julle vra die verkeerde president. Glo nie hy gaan eers n sinvolle antwooerd gee nie wat nog te se van optrede. Hoop ek is verkeerd en hy het n mate van waarde vir die boere ontwikkel. Lyk op die stadium asof die staat die slagtings aanvoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.