Plaasaanvalle: ‘ANC verklaring is nie genoeg’

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Reint Dykema

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag die ANC se verklaring verwelkom waarin die party plaasaanvalle veroordeel, maar gesê verklarings alleen is nie genoeg om die krisis in die praktyk hok te slaan nie.

Maroela Media het vroeër berig die ANC se onverwagse veroordeling van plaasmoorde staan in skrille kontras met pres. Cyril Ramaphosa se onlangse ontkenning van plaasaanvalle by die Verenigde Nasies in New York. Die regerende party het ook in dieselfde verklaring uitgevaar teen AfriForum en die organisasie daarvan beskuldig dat hy “blind is vir die swaarkry van plaaswerkers”.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het dié aanval op AfriForum verwerp as oningeligte kritiek. “Die ANC beweer dat AfriForum blind is vir die situasie van plaaswerkers, terwyl AfriForum hom al telkemale daaroor uitgespreek het en ek selfs ’n hoofstuk in my boek Kill the Boer aan die verhouding tussen boere en plaaswerkers gewy het,” sê hy.

Roets het bygevoeg dat betroubare data oor uitsettings van plaaswerkers, waaroor die ANC goed mond uitgespoel het, yl gesaai is en het ’n beroep op die party gedoen om die data waarop sy kommer oor die mishandeling van werkers geskoei is te publiseer, sodat dit met die nodige erns hanteer kan word.

“Die beskikbare inligting maak dit egter duidelik dat die mishandeling van plaaswerkers beperk is tot geïsoleerde gevalle, terwyl plaasaanvalle en -moorde duidelik op ’n nasionale tendens neerkom. Albei moet veroordeel word, maar om voor te gee dat die omvang van die twee krisisse ewe groot is, is onverantwoordelik,” sê Roets.

Hy het bygevoeg hoewel AfriFourm die ANC se veroordeling van plaasaanvalle verwelkom, doen die organisasie opnuut ʼn beroep op die regering om plaasmoorde te prioritiseer deur ’n gefokusde teenstrategie op skrif te stel en uit te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann cb ·

Die sogenaamde “verklaring”, is net ” gesigkoop” vir die 2019 verkiesing!

Mrs H ·

En om die fokus te verskuif na behandeling van plaaswerkers, in stede van plaas aanvalle. Om plaas aanvalle te verregverdig, met die leun van plaas werkers se behandeling. En om ANC se afwesigheid in die gesprek te probeer verbloem, nadat hulle selfs sal lieg en se dat dit nie bestaan nie, ne Sisulu?

Al ·

Die ANC is met leuens besaai. Gesplete tonge.
Pleks dat hul persepsies en stereotipe uitlatings vir hulself hou.
Dis skokkend dat persepsies bestaan dat witmense ryk is.
Laat ANC vir ñ slag iets konkreet op tafel sit en nie argumente in lug gooi wat geen water dra nie

gatvol ·

Ek verwerp die ANC se selektiewe moraliteit met minagting.

FM ·

Afriforum praat oor plaasmoorde en nou kom die anc ewe skielik met plaaswerkersake. So eintlik wil die regering die rookskerm gebruik om plaasaanvalle te regverdig. So eintlik sê die anc ons veroordeel plaasmoorde, maar julle moet julle werkers beter behandel. Al weer n soort verskoning. Cyril moet nou die regeringsamptenaar reg help, want hy en Cyril verskil dan nou oor plaasmoorde. Wat my dronk slaan is dat vir elke fout wat die anc maak, voel hulle, MOET daar n verskoning wees al is dit hoe flou. Hulle erken hul foute, maar daar is altyd n …MAAR….. Erken julle maak droog sonder n ….MAAR…. Lyk my zuma het sy letsel in julle ingebrand, om te lieg soos hy.

leser ·

probeer die anc hulle skuld aan ander oordra
wys jou net watse twee gat jakkalse hulle is

trol ·

dis nou weer n mes wat weerskante toe sny. die “mishandeling van die plaaswerker” is meer as n hoofstuk in n boek werd. oor die algemeen kom sie boer en sy werkers n lang pad saam. as die regering vir die fabriekswerker, busbeatuurder en winkelwerker aan n rdp huus kan help, hoekom nie die plaaswerker ook nie? dis net om skoor met die boere gemeenskap te soek dat hulle verwag die boere moer die werker permanent van inwoning voorsien. hulle verdien ook n huisie op die dorp na aftrede waar hulle nader aan die hospitaal, winkels ens is.

Al ·

Ironies raak die plaaslewe te stil en vervelig vir sommige plaas werkers.
Hul geniet dit baie om naweke in die dorp te wees sodat hul kan partytjie hou.

Oom Doug ·

Kudus vir Afriforum, hou an met die mooi werk.
ANC is n klomp morons.. Hulle bla bla Ken ons al.

Danny ·

Wanneer Ernst roets feite neerle is dit altyd baie goed nagevors en hy laat hom nie van stryk bring nie. Die ANC kan ongelukkig nie ‘n debat voer met hom nie. Hy is hulle altyd een voor en dit frustreer die hel uit hulle

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers in respect of the following principles:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

Situational Awareness

When it comes to farm security??

Cherokee ·

Dit lyk nie asof jy gelees het wat se Abe by die drie metro-beamptes van jou Ingels nie.

Snowball ·

Ek lees hierdie kommentaar by elke plaasmoord artikel, ad nauseam. AW, wat jy vra is wie is verantwoordelik vir die bemagtiging van boere wanneer dit kom by 1. Verdedigbare Ruimte 2. Situasionele Misdaadvoorkoming 3. Misdaadvoorkoming deur Omgewingsontwerp 4. Situasionele Bewustheid om Plaasmoorde te voorkom. Kan jy uitbrei hierop, want al bg lê die voorkoming by die deur van die boere self, tensy ek verkeerd lees. Is dit die ontkenning van plaasmoorde deur die regering wat jy steun, of wil jy die boere blameer vir die staat van uitwissing/ bedreiging, waarin hulle, hulle tans bevind?

Ralph ·

Ek is/was n Boer en dit is nie waar van plaasarbeiders wat so sleg behandel word nie defnitief nie by alle Boere nie!daar is mense wat Bouers en Bou arbeiders/handlan gers is wat onder baie swakker lewens standaarde en behuising het as die groot meerder heid Plaasarbeiders!as jy al die plaasmense se byvoordele by tel is hulle beter af as die meeste ander arbeiders!tenminste het hulle nie nodig om af te brand nie!Die probleem in hierdie land die woord Boer is en word bedoelend as n vloekwoord gebruik om haat teen die Afrikaner te saai maar hul dag sal kom!wie help die Boere in nood met die droogte ander Boere wat in die meeste gevalle self swaar kry maar die swartes en baie sleg blankes ook kruisig hul heeldag dir alles wat sleg is

Koos de Meyer. ·

Hulle sal altyd ‘n stok kry om mee te slaan. Die balk in hulle eie oë sal hulle nie uit haal nie. Deur hulle onbenullige minimum looneise is die werkloosheid syfer nog hoër. Ek dink huidiglik is meer sonder werk as in die vorige bedeling.

Dienkie ·

Afriforum julle moet aanhou om druk te plaas op die ANC, een of ander tyd gaan hulle turf sit. Daar is niemand so blind soos die een wat nie wil sien nie. (Cyril Ramaphosa)

Hoc est bellum ·

ANC groet jou met die regterhand en klap jou met die linkerhand.

RG ·

Vir die ANC om enigsins te reageer oor ‘n kwessie wat selfs ons President blatant ontken bly positief al is dit met ongegronde teenaanslae. Dit beteken in my opinie dat die internasionale bewusmaking hulle erg irriteer en begin terugklap. Dit kan dalk een van hul talle smerige strategieë wees om beleggers te paai vir die komende week se beleggings indaba. Maar nou ja, as ons deur dit sien sal beleggers ook.

Callie ·

ANC sal altyd die tipe dinge kwytraak. As plaas arbeiders nie grond kry nie mishandel die boer hom. Kom ek daag almal, wys die gevalle waar boere so optree. Ek werk elke dag met boere en weet nie eers van een geval nie. Julle lieg soos julle leier lieg oor plaasmoorde

Oom Kalahari ·

Dit kom voor of Ramapadda besig is om die katte dans op ‘n warm sinkplaat uit te voer. Gryp nou na strooihalmpies sienende dat Afriforum steun en aandag verwerf oor die werklikhede in SA teen die boere. Die boere behandel hul werkers met wedersydse respek, maar met die huidige ekonomie en geen ondersteuning van Regering vlak vir die boer is dit ook soms genoodsaak vir afleggings tot oorlewing. Hoevele afleggings is daar nie ook in Staats Instansues deur geld verduisteringe op hoogste vlak nie. Die boer se verantwoirdelikheid strek tot die werker en nie waar die gesin betrek word nie met verblyf, voedsel, medies, vervoer, salaris, skool opleiding vir afhanklikes ens. Salaris word aan werker betaal om sy familie te versorg. Verskaf RDP huise vir die familie lede waar alle fasiliteite en familie inskakeling vir hul gemaklik is in die dorpe. CR wil net nie openlik sy erkenning in die media (MSM) en op skrif plaas dat plaasmoorde en aanvalle as ‘n prioriteit misdaad erken word nie.

Anneli ·

‘n Vraag aan ons eie mense wat so krities is oor Afriforum: Sou ons hierdie ( halfhartige) erkenning van die ANC gehad het sonder enige druk?
Vir die mense wat in Suid Afrika wil bly wil ek maan dat as ons gaan lê gaan daar oor ons geloop word!

Sarel ·

Dit was geen verskoning nie maar n regverdigging vir die pleeg van die moorde.

common-tator ·

Dit sal interessant wees om te weet hoeveel aanvallers plaaswerkers is. My raaiskoot is dat dit baie laag is. Daar is in elk geval ‘n horde wette en instansies wat plaaswerkers beskerm en hulle is vry om elders te gaan werk of om met toelaes op die plase te sit en niks doen nie. As iemand beskerm moet word is dit die boere.

Jerry ·

Die ANC se argument in die verklaring dui op aandadigheid aan plaasmoorde deurdat die ANC woordvoerder plaasmoorde regverdig teenoor plaasuitsettings. Tergelyketyd sinspeel die ANC daarop en dreig hy dat boere wat plaaswerkers van die plaas afsit vermoor mag word. AfriForum moet n klag van goedkeuring van moord en aanhitsing tot moord by die MRK le teen die ANC. Hang dit aan die groot klok in veldtogte en kry die VF om dit n groot bespreking in die parlement te maak. Die ANC sal se dat hulle dit nie so bedoel het nie, maar hou net aan om hulle te beskuldig. Daar is nou al genoeg bewyse teen die ANC mbt hulle transformasie en regstellende aksie programme dat hulle “reverse discrimination” teen witmense toepas op alle terreine en op so n wyse dat “only black lives matter”. Daarvan getuig die statistiek vir moorde, werkloosheid, afleggings by staatsdiens, munisipaliteite, staatsentiteite, BEE by privaatinstellings ens. Die ANC het uiteindelik net een doel voor oe en dit is om kolonialiste op alle terreine van die samelewing te vervang en te onderdruk soos wat hulle vir 40 jaar onderdruk was. Die laaste generasie kolonialiste in Afrika sal moet besluit of hulle, hulself verder gaan onderwerp aan verdrukking vir die volgende 40 jaar en of hulle nou gaan opstaan en saamstaan teen die ANC se transformasie intimidasie, diskriminasie en moordveldtogte! Ons moet van nou af fokus om die ANC aan die wereld te ontbloot vir die monster wat hulle was en steeds is! “It is Time”.

Willem ·

Ek het ‘n idee jy moet ‘n eie kolom by Maroela kry, jou kommentare is te lank.

Willem ·

A ha, jy het toe uiteindelik die lig gesien en die Damaskus-pad gevolg.

Jerry ·

Dankie vir die raad Willem, dit het my voorwaar die lig laat sien, maar as ek weer as duiwelsadvokaat moet optree, sal ek! Ten minste het AfriForum darem al hulle morele kompas aangepas en vennootskappe met ander minderheidsgroepe gesluit. Dit was egter teleurstellend om nie verteenwoordigers van die ander groepe ook in Australie te sien nie! Dit was weer net wit gesiggies. Vir solank as wat AfriForum aanhou om die regte dinge verkeerd te doen, vir solank sal ek myself daarteenoor uitspreek! In elk geval, weereens dankie vir die raad.

Willem ·

O ja en luister gerus na Paul se plasing hier bo van die kampioene!!!!!

Gert ·

Die doodstraf moet terugkom vir gewapende roof. Indien n persoon gewapende roof doen met of sonder vuurwapen, verbeur hy alle regte want die slagoffer se regte is weggevat. Ook moet hy geen appel toegestaan nie. Vonnis moet ook binne 10 dae voltooi word. Gewapen beteken enige vorm van geweld, vuurwapen, mens of enige iets wat mens kan beseer of doodmaak. Daar is geen vrees vir tronkstraf nie. Daar is geen respek vir polisie, howe en regstelsel nie. Orde kan nie herstel word nie indien dit nie van regering se kant daadwerklik gedoen word nie.
Binne n maand sal geweld aanvalle anders vertoon. Kriminele wil nie doodgaan nie. Doodstraf is n groot afskrik middel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.