Plaasmoord, aanval ruk landbougemeenskap

Ernst Human (Foto: Verskaf)

Kommer oor plaasaanvalle en -moorde heers Maandag opnuut nadat die vasgebinde liggaam van ’n bejaarde man oor die naweek op sy kleinhoewe buite Jan Kempdorp in die Noord-Kaap gevind is.

’n Oos-Kaapse gesin is ook oor die naweek in hul plaashuis aangeval terwyl ’n vrou verlede naweek byna op ’n plaas in die Vrystaat verkrag is.

Die 87-jarige Ernst Human se liggaam is Saterdag omstreeks 20:00 in sy studeerkamer op sy kleinhoewe net buite Jan Kempdorp aangetref. Sy hande en voete was vasgebind en hy het wonde aan sy bobene gehad.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Human het alleen gewoon ten tyde van die moord. ’n Familievriend het op sy liggaam afgekom en die polisie ontbied.

’n 46-jarige vrou is tans in aanhouding vir ondervraging.

Dr. Wynand Boshoff, provinsiale VF Plus-leier, sê Human was deel van ʼn plaasbeveiligingsgroep wat per radio met mekaar verbind is. Ander groeplede het ondersoek ingestel nadat hy nie op sy radioroep gereageer het nie.

“Hoewel plaasmoorde dikwels voorkom en die regering dit nie as prioriteitsmisdaad beskou nie, bly dit skokkend en onnodig.

“Die voorval beklemtoon opnuut die kwesbaarheid van mense op plase en in landelike gebiede, selfs binne veiligheidsgroepe.”

Kock sê dit is nie duidelik wat tydens die voorval gesteel is nie en speurders van die provinsiale ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad stel ondersoek in.

Enigiemand met inligting oor die moord kan sers. Stefaans Mangate by 060 963 6397 bel.

’n Gesin van die Oos-Kaap is ook Saterdagaand op hul plaas in die omgewing van Grahamstad aangeval.

Jason Kümm, landelike veiligheidsbestuurder van Agri Oos-Kaap, sê ses verdagtes, minstens drie van hulle gewapen, het Murray Crous en sy gesin in hul huis oorval. Die gesinslede is vasgebind voordat die aanvallers vuurwapens gebuit het.

Die aanvallers het te voet van die toneel gevlug voordat hulle na bewering later in ’n wegkommotor op die hoofpad gespring en weggejaag het.

Niemand is ernstig beseer in dié voorval nie.

Maroela Media het Maandagoggend ’n navraag aan die Oos-Kaapse polisie gerig omtrent dié voorval en wag steeds op terugvoer.

Poging tot verkragting op plaas

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Sers. Martin Xuma, polisiewoordvoerder, sê ’n 58-jarige vrou is verlede Sondag (6 Februarie) in haar huis op ’n plaas in die Smithfield-distrik byna verkrag.

Die vrou het gelê en slaap toe sy skielik iets bo-op haar gevoel het. “Sy het wakker geword en opgemerk dat ʼn jong man besig is om sy klere uit te trek. Sy het hom nie herken nie en het die verdagte weggestoot.”

Die jong man het daarna weggehardloop. Sy ma het egter verlede week opgemerk dat haar seun vreemd optree. Sy het hom daaroor uitgevra en die 17-jarige seun het erken dat hy die vrou probeer verkrag het.

’n Saak van verkragting is Woensdag by die polisie aanhangig gemaak en die tienerseun is in hegtenis geneem. Hy is intussen onder sy ouers se toesig vrygelaat en na ’n familielid op Smithfield gestuur.

Hy sou na verwagting vandag (Maandag) in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die Xhariep-distrik se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe stel in dié geval ondersoek in.

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van die landbouorganisasie Saai, sê boere is elke dag bewus van die harde werklikheid van plaasaanvalle en -moorde. “Hul kinders en vroue se veiligheid is elke dag voorop in elke boer se gedagtes.”

De Jager verwys ook na pres. Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede waarin hy verskeie beloftes ten opsigte van veiligheid gemaak het, wat deur sommige as ’n “vars bries” bestempel is.

“En toe gebeur hierdie goed net weer die naweek. Dit help nie jy het die beste beleid en die mooiste beloftes, maar op die plase word boere steeds aangeval en vermoor nie,” sê De Jager.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Misky ·

So tragies en boere MOET 24 uur van die dag gewapen wees. Ek lei af die ma het die seun gaan aangee en dis verblydend om te weet sy doen die regte ding.

Witbaard ·

Nogsteeds is n groot hoeveelheid boere se plaashuise nie toegerus met die nodige vroeë waarskuwings meganismes nie, soos “motion lights” en “beams” wat geaktiveer is om alarm te maak, voordat die aanvallers die plaashuis binnedring nie. Die polisie en regering gaan ons nie beskerm nie. Ons sal dit SELF moet doen, anders word ons een vir een uitgehaal soos “sitting ducks”.

George ·

Ramaphosa kan nie minder omgee nie, dis sy maats wat dit doen

JM ·

Ramaphosa sal net omgee as die slagoffers deel van “our people” is.

Swerwer ·

So hartseer. Die Staatsrede word met ‘n knippie sout geneem. By die tyd word daar geweet dat daar nie op die ANC/Regering staatgemaak kan word vir enige hulp nie en nog minder kan geglo word wat uit hul monde kom.

Annamarie ·

Dr Theo jy weet seker al by die tyd, dat die sogenaamde “Beloftetjies” net n gepraat is.

Pieter ·

Ou theo gaan ook nooit wakker skrik gaan en onderhandel met vyand julle gaan op die harde manier leer

Kobus ·

17 Jaar oud en reeds ‘n krimineel? Slaprug – Ramaposa sal dit nooit erken of veroordeel nie. Die jeug sien en leer by hulle ouers en ploeter voort. Wens die 6 houe met rottang kan terug gebring word.

Pierre ·

Lafaard soos gewoonlik. Sal nie mense van hulle eie ouderdomsgroep aanval nie.

Mallie ·

Hoekom konsentreer hulle nie eerder op plaas aanvalle en moorde nie en minder oor die nonsens by skole nie.

Porseleintjie ·

Cyril het geen oemf nie. Dit het nog nooit in die Nuwe SA in enige president se broek gesit om die boere gemeenskap te beveilig nie. Dit is en was net nog nooit n prioriteit gewees nie. Die senior burgers word teen n geweldige tempo uitgemoor en die traagheid van die regering daaromtrent onderstreep net die feit van wie eintlik daaragter sit.

Marshall ·

Please stop weeping and wailing and continuing with a losing strategy. Go and study Sun Tsu’s “The Art of War”. You may then understand that one cannot win a conflict by means of a defensive strategy. One cannot defend an infinite border. So instead of weeping and wailing start to THINK how this conflict can be won. Identify your enemy. These criminal terrorists who perpetrate these vile crimes are not the enemy. They are the tools of your enemy. The current government are likewise the tools of your enemy. Your enemy are those who made this all possible. The two centres of economic power who founded the South Africa Foundation, which captured the centres of Afrikaner power namely the church and the Broderbond. These are your enemy. They are the Globalists who destroyed the prosperous and safe SA that existed prior to 6th September 1966.
The pnly winning strategy at this point is secession. Establish a defensable border with intelligent law and order being maintained.

Jack ·

Die wat vir ramaphosa en sy nuttelose span wag om iets positiefs te doen kan netsowel wag om deur n donkie gebyt te word. Kanse is nul. Aan die anderkant hoe koppig moet jy wees om te dink dat op n hoe ouderdom alleen op n plaas veilig kan wees in die land. Dit is verby want daar sal met ons bloed betaal word vir hierdie fout.

Jr ·

My volk word elke dag vermoor en haat liedtjies gesing word maar n klomp brats wat seker die pot geroer met “its not your country, it’s ours, you stole it. Go back overseas. EN EN EN” in Randfontein gaan nou hulle saak voor die einste klomp MRK wat gesê het “kill the boer” * is NIE HAATSPRAAK. Justice in SA double standards

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.