‘Plaaswerkers word toenemend geteiken’

Argieffoto: Reint Dykema

TLU SA sê dit het die afgelope tyd duidelik geword dat veral plaaswerkers toenemend die teiken van plaasaanvallers is.

Henry Geldenhuys, adjunkpresident en voorsitter van die veiligheidskomitee van TLU SA, meen die rede hiervoor is vermoedelik omdat plaaswerkers dié tyd van die jaar dikwels hul jaarlikse bonusse ontvang en dat hulle gevolglik meer kontant in hul besit het wat hulle ʼn aanloklike teiken vir aanvallers maak.

Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, sê dat daar ʼn algehele toename in plaasaanvalle die afgelope paar weke bespeur kan word, maar stem saam dat veral in die noorde van die land plaaswerkers die afgelope tyd meer geteiken word.

“Of bonusse die rede hiervoor is, kan ek nie sê nie, maar ons sien wel ʼn toename in aanvalle op werkers, veral in Limpopo,” sê Cameron.

“Aan die einde van die jaar sien ons dikwels ʼn toename in aanvalle op plase. Net in die eerste tien dae van Desember was daar minstens 18 plaasaanvalle waarvan ons bewus is.”

Cameron sê daar was tot dusver vanjaar reeds 411 plaasaanvalle in 50 plaasmoorde in Suid-Afrika, maar die syfers kan nog aansienlik toeneem na die einde van die jaar.

Intussen het Geldenhuys ʼn beroep op landbouers gedoen om hul werkers te waarsku om nie hul bankrekeninge leeg te trek soos daar dikwels gedoen word nie.

“Dit is belangrik dat die voordeel van ʼn jaar se harde werk nie onklaar gemaak word deur baie kontant byderhand te hou wat as lokaas vir ongure geselskap met misdadige intensies kan dien nie,” sê hy.

“Terselfdertyd herinner ons landbouers en hul gesinne om nie waaksaamheid te verslap wanneer daar sosiaal saam met familie, bure en vriende verkeer word nie. Té veel lewens en ernstige beserings was in die verlede die gevolg van verslapte waaksaamheid tydens die feesseisoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pierre ·

Snaaks…want het nog nie 1 artikel gesien waar die plaaswerkers vasgebind word, gemartel, verkrag en dan wreedvermoor word nie, ook nog nie gesien dat die EFF teen hul mure en deure gaan spraypaint nie.

Se maar net ·

Dit geld vir alle werkers wat terug keer na hulle huise (tuislande) toe. Hkm al die geld trek as jou party aan bewind is.

Staak saam ·

Kolla hou daai bladsy verder van jou gesig af weg dan kan jy meer sien.
Feit, plaasmoorde het n afname getoon, maar nou moet ek jou bubbel bars.
Feit, plaas aanvalle het drasties toe geneem.
Feit, meer plaas aanvallers is hierdie deur sy teiken (die boere) dood geskied, gewond of gevang.
Boere het opgeskerp!

Alida ·

Hulle geld moet per EFT betaal word en los dit in die bank maar hulle glo mos jy dra al jou geld aan jou lyf.

My mening ·

Ek wil dit eers sien voor ek dit glo. Ek dink dis net n manier om die plaasmoorde te regverdig as “gewone” misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.