‘Plan was nie om Deacon-vroue te vermoor’

Sophie Mmako in die hooggeregshof in Polokwane (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Lazarus Mahlo (44) het in die hooggeregshof in Polokwane, Limpopo, erken die aanvanklike plan was slegs om Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), te beroof, maar dié plan het toe glo skeefgeloop.

Lizette en Hettie se liggame is op 10 September 2020 in hul motor langs die R37 by die Kushcke-afrit, buitekant Polokwane, gevind.

Mahlo het Dinsdag ’n pleitooreenkoms met die staat gesluit en is ingevolge die ooreenkoms tot 22 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Hy het skuldig gepleit op twee aanklagte van moord en ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Hy is vir twee aanklagte van moord elk tot 22 jaar tronkstraf gevonnis en vir die aanklag van roof met verswarende omstandighede tot 13 jaar. Die tweede moordklag en die roofklag se vonnisse sal gelyklopend met die eerste moordklag uitgedien word.

Volgens die ooreenkoms gaan hy as staatsgetuie teen die ander twee beskuldigdes, Sophie Mmako en Casper Mudau, getuig.

Lazarus Mahlo het ‘n pleitooreenkoms met die staat gesluit (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Mmako was langer as 20 jaar ’n huiswerker vir Lizette en Hettie en word nou as die meesterbrein van hul moorde aangekla.

Die saak teen ’n derde verdagte, Advanced Hamid, is Maandag laat vaar omdat hy nie met die misdaad verbind kan word nie.

Luidens die pleitooreenkoms het Mmako op die dag van die moorde vir Mahlo na die Deacon-vroue se huis in Welgelegen, Polokwane, ontbied. Sy het by hom gekla dat die Deacon-vroue haar nie genoeg betaal nie, ondanks die feit dat hulle altyd ’n groot bedrag kontant by hulle dra.

Volgens Mahlo het Mmako hom gevra om haar te help om die oorledenes te beroof, waarna Mahlo ingestem het. Mahlo en Mmako was in daardie stadium in ’n verhouding, wat hulle in 2017 aangeknoop het, sal Mahlo getuig.

“Sy [Mmako] het gevra dat niemand in die proses moet seerkry nie,” lui die ooreenkoms.

Hiervolgens het Mmako vir Mahlo gevra om Owen, ’n Zimbabwiër wie se van nie bekend is nie, te oorreed om hulle ook met die rooftog te help. Owen was een van Mmako se huurders.

Van links in die beskuldigdebank: Lazarus Mahlo en Casper Mudau (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Owen het ingestem en het die middag saam met Mudau na Lizette en Hettie se huis gegaan. Die vroue was nie in daardie stadium tuis nie.

“Mmako het Mahlo, Owen en Mudau by die huis ingelaat en elkeen van ’n mes voorsien. Sy het ook vir hulle gewys waar hulle kan wegkruip totdat die Deacons by die huis opdaag.”

Mmako het die huis omstreeks 15:00 verlaat en die Deacons het kort daarna teruggekeer huis toe.

“Mahlo, Mudau en Owen het die oorledenes met die messe oorval. Owen het hulle [Deacons] opdrag gegee om op die vloer te lê. Hy [Owen] het op Hettie getrap en in die proses vir Lizette ’n onbekende aantal kere met die mes gesteek. Owen het daarna vir Hettie – wat geskreeu het – met ’n stuk tou verwurg.

“Owen het toe gehelp om die Deacon-vroue – met dieselfde tou waarmee Hettie verwurg is – vas te bind. Dit is toe dat hy R200 kontant in Hettie se besit gekry het.”

Volgens die pleitooreenkoms het die beskuldigdes bottels Three Ships- en Harrier-whiskey gebuit.

Die oorledenes is saam met die whiskeybottels in hul Honda-sportnutsmotor gelaai. Die oorledenes het in daardie stadium nie meer asemgehaal nie, sê Mahlo.

Volgens Mahlo het hy saam met Mudau en Owen na die Mankweng-nedersetting in die Capricorn- munisipale distrik gery. Mahlo het van die whiskeybottels na sy ouerhuis geneem en is daarna weer vort.

Hettie (links) en Lizette (regs) Deacon (Foto: Facebook)

Teen die tyd dat die beskuldigdes die Ga Maja-aansluiting op die R37-pad bereik het, het die polisie hulle voorgekeer. Hulle het egter nie stilgehou nie en ’n jaagtog het ontstaan, waarna die polisie op die verdagtes se motor geskiet het. Die verdagtes het langs die pad stilgehou, uit die motor gespring en gevlug, lui die ooreenkoms.

Die beskuldigdes is kort ná die moorde in hegtenis geneem. Owen het daarin geslaag om te vlug en word tot vandag toe nog gesoek.

Mahlo sê hoewel hy nie vir Lizette met die mes gesteek of vir Hettie verwurg het nie, is hy ook aanspreeklik vir Owen se dade, deurdat hulle saamgewerk het om dieselfde doelwitte te bereik.

Hy het erken dat hy onregmatig en doelgerig opgetree het en dat sy optrede onregverdigbaar is.

Mmako en Mudau se verhoor sal na verwagting van 16 tot 27 Januarie 2023 hervat word. Mudau bly tot dan in aanhouding, terwyl Mmako se borgtogtydperk verleng sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Manie ·

Ek vertrou GEEN huishulp nie, dis nie wat hulle self doen nie, maar die inligting wat bewustelik of onbewustelik oorgedra word. Na ‘n inbraak verlede jaar het ons huishulp van ‘n aantal jare net spoorloos verdwyn.

Johann ·

Vervloekte slapgat gewetenlose goddelose boosheid! Vir ‘n begin.

Anthony ·

Daar is n werker wat ons kantore skoon maak, al n geruime tyd. Ek het haar deeltydse werk by my huis ook aangebien Daarna n vriendien dieselfde gedoen het om haar uit te help. Verlede week toe sy weer die kantoor skoon gemaak het, het ek vir n oomblik my petty cash box op my lessenaar gelos om met n klient te praat. Toe ek omdraai was sy en my boks weg met 1400.00. Ek was kwaad vir myself natuurlik omdat ek haar vertrou het en natuurlik omdat ek agterlosig was. Ek bring tot vir haar lunch van die huis af op dae. Ja nee, ek werk myslef as wat ek n “huishulp/huisdief” in my plek toelaat. Lesson learnt. Ek het saam n dame gewerk en haar ma was n “maid”. Sy het self vir my gese, daar is n algehele gevoel van ” hulle skuld ons” onder die werkers, en dat jy NOOIT huistoe gaan sonder iets van die “baas” af nie, al is dit net n sakkie suiker. Hul moet seker maak hulle stap met n sak in, al het die net n lee bottel in. Dan sal die “baas” jou nie verdink as jy weer my jou sak uistap nie.

Groen-oog ·

HOE DE HEL IS DIE SKULDIGSTE 1 —- WAT DIE PLAN BEDINK HET … DIE DEUR OOPGEMAAK HET….. MESSE GEGEE HET…. EN WEGKRUIP PLEK GEWYS HET— OP BORG UIT ??? DIE GRMORS MOET VROT AGTER TRALIES. AS SY NIE BEPLAN HET NIE WAS DIE DAMES NOG LEWENDIG.

Swerwer ·

Sophie Mmako dit is deur jou tipe optrede dat daar 1000de ander nou al sonder werk sit, as gevolg van jou soort, want niemand kan meer hul lewe op die spel plaas om huishulpe en tuinhulpe in diens te neem nie.
Jy hoort saam met jou makkers agter tralies.

Di ·

Die skuim van Zimbabwe het seker weer terug geslyp oor die grens totdat die stof gaan le! Die gemors wat als beplan het moet vrot in die tronk!

George ·

Nou se my, waar het die “roof” skeef geloop?? Die is voorafbeplande moord. R200 en n bottle whiskey.

Jr ·

Maar ou maat, vat aan een van ” hulle” ” en dans dit nag. EFF proteste, buite die hof dans, plakkatte en, en, en saam met baie affirmative aerobics

BOKKIEBEK ·

Dit maak nou nie saak wat nie….jy kan hulle NIE vertrou nie, nie met jou besigheid nie, nie met jou geliefdes nie en GLADNIE met jou kinders nie.. Hulle is BITTER selde , ooit lojaal.

Blikkies ·

Nooit huiswerkers by my toegelaat nie. Hulle verstaan nie die woord lojaliteit nie. die een by my ouers was seker 40 jaar daar. Sy het ‘n goeie salaris gekry, my ouers het haar kinders deur die skool gesit en nog vir hulle werk gekry ook. Tot haar medies was betaal. Toe ek lank uit die huis is hoor ek sy het net weggeloop. Haar gaan soek waar sy bly, toe ek instap in haar huis toe lyk dit of ek in een van ons eie huis se vertrekke is. Toe het sy nou vir haarself mooi gehelp oor die jare, my ma se koppies, bekers, portrette, potte, panne, matte, kaste, klere…enige ding wat ek toe skielik onthou het wat voete gekry het oor die jare en sy was nooit verdink nie. Na al daai jare se bederf het sy self besluit om te dros, en vir ander mense gaan werk. Na 40 jaar?……….

Ian ·

Ek hoop hierdie storie word wyd verkondig en die kommentare op die platvorms ook. Meeste van die tyd wat inbrake gebeur is inside info wat uitgegee word. Tye het nou drasties verander en n mens se veiligheid en familie kom nou eerste.

George ·

Tyd dat ons ander SA’ners ook gaan toi toi en die hof intimideer vir vonnise en geen parool nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.