ʼn Man is Vrydag dood toe ʼn trein hom by Florida-stasie, wes van Johannesburg, getref het.
“Die man het noodlottige beserings opgedoen toe hy tussen die platform en ʼn aankomende trein geval het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.
Die platform is gesluit sodat paramedici die man kon verwyder.
Die ongeluk word ondersoek. -SAPA