Platsak poskantoor kan nie verskaffers betaal

Die Suid-Afrikaanse Poskantoor skuld sy verskaffers miljoene rand en die regering erken dat daar nie geld is om hulle te betaal nie. (Foto: Maroela Media)

Die Poskantoor is R485 miljoen in die rooi by sy verskaffers en daar is weinig hoop dat hy vorentoe in ’n beter finansiële posisie sal wees om sy verpligtinge teenoor dié verskaffers na te kom.

Die Poskantoor het onlangs in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA beken hy het 196 fakture wat nog nie betaal is nie. Dit sluit in 116 fakture ten bedrae van R119 miljoen wat nie binne die vereiste tydperk van 30 dae betaal is nie en ’n verdere 63 fakture ten bedrae van R270 miljoen wat langer as 120 dae agterstallig is.

“Die Poskantoor het nie die nodige geld om sy verpligtinge na te kom nie,” het die departement van telekommunikasie in sy antwoord aan die parlement erken.

Solly Malatsi, die DA se woordvoerder oor kommunikasie, meen die Poskantoor is een van die ergste oortreders van die regering se verbintenis om verskaffers binne 30 dae te betaal.

“Logika ontbreek oor waarom die ANC-regering volhard met finansieel onvolhoubare ondernemings in staatsbesit – soos die Poskantoor – wat kronies afhanklik is van staatsreddingsboeie in plaas daarvan om ruimte te maak vir die private sektor.”

Volgens Malatsi is baie Suid-Afrikaners se lewensbestaan in gedrang weens die skade wat die Poskantoor se “skaamtelose” wanbetaling aan ondernemings, waarvan baie klein, mediumgrootte- en mikro-ondernemings is, aanrig.

Die opposisieparty moedig nou alle besighede met onbetaalde fakture aan om die DA se portaal te besoek sodat die party se skaduminister oor kleinsakeondernemings, Henro Kruger, hulle kan probeer help.

Die Poskantoor is vantevore ook al hof toe gesleep oor sy onvermoë om werknemers se mediesefondsbydraes te betaal.

  • Lees Maroela Media se vorige berigte oor die Poskantoor hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Kensy ·

Begin maar solank met n ondersoek…. julle sal wel vind dat grootskaalse korupsie die rede is vir die toestand van die poskantoor.
Maak hulle toe…. daar is baie ander ondernemings wat die selfde werk baie meer doeltreffend kan doen.

Misky ·

Absoluut skaamteloos!!! Nou kan mens ook net wonder aan wie behoort daai groot agterstallige fakture en dat dit nie ingevorder word nie.

Witbaard ·

Het Cyril geen skaamte. Alles onder sy beheer is tot niet.

Jacobus ·

Hy is net die president vir die afgelope 6 jaar van n totaal onbevoegde, korrupte, terroristiese organisasie genoem die ANC. Dit het al 26 jaar terug begin toe n eerste wereldse land aan die ANC gegee is op n skinkbord en die ANC het ons al 40 jaar terug gevat, ons gaan eindig in die steen tydperk.

Vonkprop ·

Ek wil net graag weet hoe bereken maatskappye hulle bedrae wat hulle vra vir dienste gelewer. Ek praat nie nou van plein weg korrupsie ens. nie maar eerlike besighede (as daar nog so iets is) Ek werk vir ‘n privaat maatskappy en die bedrae wat plekke vra vir iets eenvoudig omdat die maatskappy dit nie self kan doen nie is belaglik. Ek is seker dienste kan veel goedkoper gebied word, maar geldgierigheid speel seker ‘n baie groot rol? Vat byvoorbeeld waarvoor voertuie werklik vervaardig word en waarvoor hulle verkoop word. Daar is duisende voorbeelde.

Chris ·

In die verre verlede het daar pos “weggeraak”, verlê, verkeerdelik afgelewer ens. Wat vandag aan die gang is, is die organisasie wat dit gedoen het is nou weg. So daar raak nie meer goed weg nie. Die poskantoor is finaal gepos.

Kokerboom ·

Privatiseer…verkoop vir 1c aan vorige Blanke sakeredder en dank al die werknemers af. Hy het ‘n plan!

Johannes_64 ·

As daar nou een instansie is waar ‘n prosedure tot die laaste letter gevolg was is dit die Poskantoor. Jou sou nie ‘n seël koop sonder om met ‘n kwitansie uit te stap nie. Dit is nou een ding wat in alle staatsdienste tot niet gegaan het, te veel emosie in die prosesse. SEB en RA kan nie volgens ‘n ISO standaard bepaal word nie, ‘n verpligte mate van korrupsie moet deel wees van ‘n proses om die wat wel in staat is om ‘n hoë standaard dienste en produkte te lewer te diskwalifiseer.

marius ·

Kan nie eers ‘n posbus bestuur , maar wil die Russe voorskryf oor oorlog . Geen wonder die wereld skud van die lag nie ….

henndrik ·

Ons het ‘n boek verlede jaar Julie gekoop en hy is binne 2 dae versend en ons het die strokie in die posbus gekry hierdie week dat die pakkie by die poskantoor is. Ek reken dit is die “beste” diens ooit, hoe kan hulle in die moeilikheid wees?

Martin ·

ANC-korrupsie is ’n groot oorsaak van Suid-Afrika se mislukking – en die peilings wys dit orals. Die huidige regering aan bewind kan dit nie blameer aan post-apartheid nie want al die staatsinstansies wat destyds vir hulle oorhandig is op ‘n golden platter het in duie gestort. Die ANC moet homself vernuwe, of ‘n uitgeputte mag word… Gee asb vir die mense wat dink hulle is in beheer by die Poskantoor bonusse – hulle verdien dit…

JohanR ·

Dink – as die poskantoor en al sy takke moet toemaak hoe gaan pos die ronde doen. Sal die land dan moet Post Net moet gebruik en oe wee daai plek is duur. Courier dienste ook lekker duur. Die Poskantoor nog ‘n ANC sukses storie!

Kobus ·

Ek is bereid om die ANC op my koste te voorsien van voorraad en openings kapitaal om ‘ n straat winkel oop te maak. Ek sal dit met alles wat nodig toerus. Sal ‘n weddenskap plaas dat daar binne een maand niks meer sal oor wees nie. Hoe pateties het hulle sedert 1994 gevaar? Al wat hulle positief kon laat groei is werkloosheid.

Eclectus ·

Die kinders van Afrika sit om die vuur… en krap in die louwarm as.

SlinkseKoljander ·

ANC kaders het weer hulle sakke lekker vol gestop

Swerwer ·

Lekker ou Jan, waar ‘n rokie trek brand ‘n vuurtjie. ANC kader, hoe verduidelik jy dat jy nie salaris ontvang het nie, die instansies selfs onderwys gee nie ‘n duim om nie, Betaal moet jy betaal.

Magda ·

Alles te danke aan ANC KADER AANSTELLING.S. dit is wat gebeur as jy ONBEVOEGDE persone in hoe poste aanstel. ANC—ALL NATIONAL CRIMINALS

MakersMark ·

Verkoop dit aan die vorige ceo Mr. Skuur. Hy het aangebied om dit te koop nadat hy gehelp het om dit in die grond in te bestuur.

FrikkievV ·

Anc hou aan met die soe’s want die geld wat hulle telkemale daar instoot vloei direk na die kaders, hoe moeilik is dit om te verstaan? Maklike manier om sonder enige redes belasting geld vir jou maaitjies te gee!!!

Marshall ·

Mean IQ 69. What do you expect. The National Party, the NGK and the Broderbond all captured by the Globalist cabal via the South Africa Foundation. The Afrikaner sheep believed their leaders without bothering to establish the facts. They laughed at people like Mr Jaap Marais who warned them based on facts. Try to THINK for a change. A unitary SA is DOOMED. The only way out is to either leave the country as I did many years ago, or secede. Stop this whining and gnashing of teeth. You did this to yourselves.

Lillian ·

Postnet en ander koerier dienste het buitendien al die SAPO se werk oorgeneem agv hul onbevoegdheid. So sluit maar hierdie deure ook, die besigheid is bankrot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.