Poetin se optrede ’n ‘slag vir wêreldvrede’

’n Brand word geblus in Koshytsastraat in Oekraïne se hoofstad, Kiev. (Foto: AFP)

“Wladimir Poetin se daad van aggressie is ʼn ernstige ondermyning van Oekraïne se soewereiniteit en ’n vernietigende slag vir wêreldvrede.”

Só het die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting Donderdag in reaksie op Rusland se aanval op sy buurland gesê.

Die stigting meen dit is boonop ʼn skending van internasionale reg sowel as menseregte.

Die stigting is een van vele instansies wat opnuut ʼn beroep op ʼn vreedsame oplossing en dialoog tussen die twee lande gedoen het.

Talle mense is reeds dood nadat Rusland Oekraïne Donderdagoggend ingeval het.

“Poetin se optrede herinner aan die kolonialisme en imperialisme van die laaste eeue. Die reg van nasionale selfbeskikking is heilig.

“Weens hierdie optrede sal daar lewensverlies wees terwyl mense se toekoms verpletter en gesinne uitmekaar geskeur word. Ons dring aan op vreedsame dialoog tussen teëstanders en die voorkoming van verwoestende bloedvergieting.”

Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het ’n beroep op Rusland gedoen om sy magte onmiddellik uit Oekraïne te onttrek in ooreenstemming met die VN se handves. Dié handves beveel alle lidlande om hul internasionale geskille op vreedsame wyses te besleg sodat internasionale vrede en geregtigheid nie in die gedrang gebring word nie.

’n Beskadigde gebou in Koshytsastraat in Oekraïne se hoofstad, Kiev. (Foto: AFP)

Die DA het intussen gevra dat die ANC sy Brics-lidmaatskap gebruik om Rusland se inval in Oekraïne te veroordeel en onmiddellike onttrekking te versoek. Suid-Afrika is ’n lid van die Brics-groep van lande, wat uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan.

Die stigting doen verder ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering om saam met Ghana en Kenia Rusland se oorlogsdaad te veroordeel.

“Dis nie nou die tyd om op die draad te sit nie. Hierdie daad van oorlog en geweld moet ten sterkste veroordeel word.

“Ons doen verder ’n beroep op die Afrika-unie, Brics en alle ander lande om die sterkste moontlike sanksies teen Poetin se regime te oorweeg.”

Aartsbiskop Tutu het op 7 April 2003 oor die kwessie van oorlog, vrede en veiligheid gesê dat ware sekuriteit nie deur die loop van ’n geweer verkry kan word nie. Die stigting het dié stelling Donderdag opnuut beaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

marius ·

Daar is vrede in die wereld ? Vertel bietjie van die vergrype in hierdie mishoop waar julle heers …

Reynier ·

Na hulle uitlatings het ek sopas my siening verander…..go Putin go!!!!

Slaansak ·

Duidelik het jy nog nie daai bang ogies van onskuldige kindertjies gesien nie, daai vrees in oumensies se lyfies, die hartseer van ‘n ouer/geliefde wat iemand aan die dood moes afstaan agv een persoon se magsbehepte ego. WOW!! Kry skaam Reynier, kry baie skaam.

VaalDonkie ·

Ek wonder hoe voel die etniese Russe in die ooste van Oekraine wat al agt jaar lank deur hul landgenote aangeval word…

Johan ·

Dit wat Tutu en die anc teen die Afrikaner in SA doen is ook ondermyning van wêreld vrede. Tutu was een van die grootste haters van Arikaners. Sy oë het wel later oopgegaan toe hy die anc gekritiseer het maar toe gaan sy oë weer toe………

Witbaard ·

Ai DA, hoekom sal die kaders nou hulle melkkoei of gans wat die goue eiers lê wil slag? Dink aan n ander plan.

RomeoTangoGolf ·

Weste begin iets, raak verveeld en was dan hul hande in onskuld vir die gevolge.

casper ·

En die Weste sal niks doen nie.
Kyk vir die anneksasies van Georgia en Crimea om te sien dat Putin Ukraine gaan vat sonder dat die weste enigiets behalwe moan nie.

Adriaan ·

It just so happens, by sheer coincidence, that the US government has bio-labs in the same regions in Ukraine currently being flattened.

Great ·

And it’s not by sheer coincidence that Russia and China asked the UN to investigate the biological weapon laboratories in the Ukraine.

VaalDonkie ·

Hou die “world peace” praatjies maar vir Mej Heelal en Mej Wereld. Ons weet daar is nerens vrede nie.

Dirk Mostert ·

Die VSA en Navo se rondskuiwery van troepe in Europa was net “sabre rattling”. Noudat die papaja in die waaier is word daar net sanksies ingestel. Navo faal sy eerste toets en kan netsowel ontbind word.
Wat van Amerika se destabilisering van Irak en Sirie en Jemen se verwoesting deur Saoedi Arabie? Wat van Israel wat knaend internasionale reg skend met lugaanvalle in Sirie en hul grondgrype in die besette Wesoewer?

Samuel ·

Hierdie inval in die Oekraïne is ‘n goeie geleentheid vir Rusland om van sy nuwe wapentuig te toets.

Daar is geen wenners in ‘n oorlog nie.

CA ·

Misky, moet dit nou nie persoonlik opneem nie, maar ek vermoed dis ‘n effens oningeligte stelling wat goed klink vir die gehoor maar andersins niks sin maak nie.

Julius ·

Ek is nie ‘n draadsitter nie en ondersteen Rusland, so ek gaan nie sanksies teen hulle instel nie.

Willem ·

Die Tutustgting oorskat sy belangrikheid in die wêreld – as die Russe die Britse Minister van buitelandse sake ‘n “clown” noem dan wonder ek wat sal hulle hierdie stgting noem? Die Tutustigting moet liewer ‘n beroep op SAPS doen om plaasaanvalle stop te sit.

Die Russe het maande lank probeer om te praat oor hul sekerheidsprobleme en hulle is afgelag. Nou dat die tenks inrol wil almal hê daar moet gepraat word! Ek is nogal geneig om aan die Russe se kant te wees in hierdie geval.

Great ·

Psssssstttt! Denel gaan geen geld uit die oorlog uit maak nie…. Hoor jy, Cyril?

CA ·

Wat ookal van Rusland se “aggressie” gesê kan word, die hele spektakel is ‘n massiewe mislukking van Westerse diplomasie.

Hoekom het die Weste nie ‘n interne ooreenkoms in Oekraine op die basis van die Minsk ooreenkomste help bewerkstellig nie? Bykans 8 jaar van aanvalle op die wegbreekrepublieke het verbygegaan.

Hoekom het die Weste – wat almal Minsk skriftelik onderskryf het – die Oekraine laat dink hulle hoef niks aan Minsk se implementering te doen nie?

Die Weste het gedurende die hele tyd geen teken getoon dat hulle enigsins Rusland se siening en bekommernisse in ag neem nie.

In effek het die Weste die Oekraine mislei om te dink dat hulle maar kan voortgaan met hulle anti-russiese beleidsrigtings en deur die Weste gesteun sal word as dinge skeefloop, wat nie gebeur nie.

Die Weste se sanksies gaan uiteindelik geen verskil maak nie, Rusland het reeds bewys hy kan sanksies relatief gemaklik oorleef en selfs tot sy ekonomiese voordeel gebruik.

Marthinus W ·

Poetin het genoem dat hulle “simulasies” gedoen het, voor sy besluit om troepe in te stuur. Dit bewys net weereens: die Russe is skaakmeesters, terwyl die Amerikaners pokerspelers is; die Russe dink vooruit, die Amerikaners bluf. Poetin het nou hulle bluf “gecall”. Rusland se reserwefonds is nou iets soos $600 biljoen.

Marthinus W ·

Miskien was ek siek die dag, maar ek kannie onthou dat die Tutu-stigting beswaar gemaak het teen die 13 000 mense in die Donbas wat deur Kief gedood is tussen 2014 en 2020 nie.

Mensch ·

Hoekom skryf julle Vladimir Putin se naam as Wladimir Poetin?

Alfred E Neuman ·

Huh! Is dit iets wat op Comedy Central afgekondig was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.