Polisie gereed vir optogte teen Zuma

‘n Optog teen pres. Jacob Zuma in Durban, KwaZulu-Natal (7 April 2017). Foto: Twitter

Die SAPD het Sondag gesê hy is gereed vir die beplande protesoptogte wat Maandag en Dinsdag in Kaapstad sal plaasvind in aanloop tot die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma wat Dinsdag in die parlement aangehoor sal word.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die Wes-Kaapse polisie en ander wetstoepassingsagentskappe is “operasioneel voorbereid” vir die optogte na die parlement. Volgens Potelwa is ʼn bedryfsplan saamgestel in afwagting op die “skare mense wat in hierdie twee dae op die stad se sakesentrum gaan toesak”.

ʼn Gesamentlike bedryfsentrum sal Maandagoggend in werking gestel word en die polisie en ander veiligheidspersoneel sal sterk sigbaarheid op strategiese posisies in die stad handhaaf om seker te maak dat almal veilig is, het Potelwa gesê.

“Die ander doel van die ontplooiings is om die vrylike vloei van verkeer te verseker. Die paaie wat in en om Kaapstad gesluit sal wees, sal deur die Stad Kaapstad se verkeersdienste bekendgemaak word. Sake-eienaars word aangeraai om hul oordeel te gebruik ten opsigte van bedryfsure op die twee dae. Optogorganiseerders en deelnemers word aangemoedig om binne die grense van die wet hulself te gedra,” het Potelwa gesê.

“As wetstoepassingsagentskappe erken ons burgers se reg om te betoog. Hierdie reg gaan egter gepaard met verantwoordelikheid. Die verwoesting van eiendom, plundering en ander onwettige optrede sal nie geduld word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

jaco ·

het hierdie mense wat so optogte hou dan nie werk nie? ek hou ook nie van Zuma nie, maar die tyd van die dag wanneer die optog gaan plaasvind, werk ek.

johnny_walker ·

as Zuma nog langer in regering bly gaan jy ook binnekort nie meer n werk he nie

Adri ·

Lofwaardige poging, maar Zuma gaan hom nie daaraan steur nie. Al daag daar 10 miljoen op: hy lag dit af en gaan rustig voort. Ons sal aan ander maniere moet dink om uit hierdie gemors te kom. Voorstelle?

jack daniel ·

Het baie voorstelle Adri maar sal dit maar liewers vir myself hou. Sit stil en probeer dit vir jouself uit dink. Glad nie moeilik nie.

Cherokee ·

Jòu party Adri, die swart party waarvoor jý stem het gesê whatever besluit word hetsy in die geheim of nie word deur julle geëer en aanvaar.

Robert ·

Stem Adri! Hy gaan net oudergewoonte grinnik en giggel, sy bril op skuif en sy dinges aan almal af vee!

Alida ·

Hoekom was daar nie optogte toe die ANC vir Mbeki uitgeskop het nie.

Cherokee ·

Hoekon hy nie wees nie? Hy was ANC! Hy het bomplanters ondersteun net soos Pravin Ghordhan. Ek wag op jou terugvoering.

Witbooi ·

Geen gek kan vir altyd alle gevolge met n sot laggie afweer nie. Sy tyd word hopelik nou min.

Walter ·

Dis baie belangrik mense staan saam ook maandag en dinsdag werk of nie werk nie. Onthou dit gaan nie allleen oor wat zuma dink of doen dit gaat daar oor dat die media en spesiaal buitelandse media die groot groot nommers sien wat ontslae wil raak van n korrup sisteem. Daar kan druk uitgeoefen word op baie maniere en onthou eendrag maak mag. Als jy nie jou strm laat hoor nie het jy ook nie die teg om te praat nie. Kom doen biekie moeite vir die toekoms van ons land en kinders.

John ·

Zuma is aanvanklik deur ‘n hof gevrywaar en nou sal hy deur ‘n hof onthef moet word. Dis al manier. Optogte is soos om roomys te gaan eet om af te koel. Dit is eintlik baie gevaarlik want die twee groepe kan slaags raak en ‘n noodtoestand kan volg wat presies dit is wat die regering nou nuttig kan vind.

Genieve ·

Die ANC het gese ZUMA gaan nerens..daar is n paar binnekringe wat die besluit het. Die optogte gaan niemand nerens bring as iemand my net vekeerd kan bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.