Polisie moet optree teen gewelddadige studente – Nzimande

‘n Brand in ‘n koshuis op die Pietermaritzburg-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @zamaswatielihle

Die minister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, dr. Blade Nzimande, het gister ʼn sterk waarskuwing gestuur aan betogende studente wat universiteitseiendom beskadig.

“Die polisie moet vinnig optree teen enige dade wat uitloop op geweld of die beskadiging van openbare of private eiendom. Visekanseliers van universiteite moet ook kampussekuriteit opskerp en moet alle nodige stappe doen om eiendom en lewens te beskerm,” het Nzimande Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Dit kom nadat betogende studente aan die Universiteit van KwaZulu-Natal een van die universiteit se geboue Woensdag aan die brand gesteek het. Studente aan die Universiteit van die Vrystaat en Unisa het ook die afgelope week registrasie by dié kampusse ontwrig. Studente is ontevrede omdat hulle agterstallige skuld moet delg, en omdat die koste van verblyf en klasgelde sedert verlede jaar toegeneem het.

Volgens Nzimande het studente egter geen rede om te kla nie. “Verlede jaar is R1 miljard opsy gesit om NSFAS-studente se historiese skuld te delg. NSFAS-studente wat steeds geld vir studies in 2019 skuld, sal toegelaat word om vir 2020 te registreer, mits hulle ʼn erkenning van skuld onderteken. Alle studente sal ook toegang tot hul akademiese rekords kry, ongeag of hulle die universiteit geld skuld,” sê Nzimande.

Hy sê NSFAS-studente kan boonop by al 26 universiteite reg oor die land registreer, sonder om registrasiegeld te betaal.

Die minister het Donderdag gesê hy en sy departement sal nou met universiteitsbestuur saamwerk om die situasie te monitor en die veiligheid van alle studente te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Wat ek net nie kan verstaan nie is hoekom hulle ‘n ding vandag brand wat hulle vandag en more moet gebruik. Hulle dra baie duur klere, R2500 se tekkies, R2000.00 se denim broek, ens maar wil nie die universiteit se fooie betaal nie

quartus ·

Om te kan gaan studeer is n voorreg,nie n reg nie.duidelik kan ons sien daar is nie opvoeding nie,sodra jy werk vir iets dan waardeer jy dit baie meer,,maar deur net te ontvang en te ontvang en te demand en geboue af te brand sal hulle die land verder net afbrand en vernietig,,dankie tog vir akademia en soltech vir ons mense wat dinge nog waardeer en besef dat mens werk vir iets in die lewe.

Misky ·

Dit sal nooit ophou nie en is `n eindelose put. Hulle wil net hê en hê en hê!!!! En as hulle nie kry wat hulle wil hê nie, brand en breek hulle af. En eindelik kry hulle maar net hulle sin en ek en jy as belastingbetaler betaal daarvoor.

Standpunt moet geneem word en daarby gehou word. Ek kry egter die res van die studente jammer wat daar is om werklik te leer en iets in hul lewe wil bereik. Belaglik waarin dit ontaard

VanAfrika ·

In ons dag was jy summier geskors en jy sou nooit weer kon studeer by enige universiteit nie.

Stefan ·

Hoekom sien ek altyd daai vieslike rooi hempies as daar moeilikheid is?

marius ·

Hy is die leier van die party wat hierdie goed aangevuur het . Sy ikoon se “mag kom uit die loop van ‘n geweer ” en ” beweeg die massas” ideologie , sit nou nie lekker in die demokratiese kapalistiese bestel wat elke maand sy inkomste en voordele verseker nie .

Jan Seerot ·

Ja, jou ou stomp Mes, jy het hoeka die biblioteek van daardie einste universiteit aan die brand gesteek jare gelede. Jou grootste oomblik ooit. Nou pluk jy, julle en anderes die wrange vrugte van julle destydse sotlikhede.

Janee ·

Dit is in hul gene om te verniel en te vernietig….die toekoms sal vir homself sorg….

henndrik ·

Ek stem saam, kla hulle aan (gooi hulle met die spreekwoordelike boek). Ek reken ook die organisasie onder wie se lyding die studente optree moet aanspreeklik gehou word vir enige skade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.