Polisie ondersoek ‘aanranding’ op video vasgevang

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie ondersoek ’n saak van aanranding nadat ’n video aan die lig gekom het wat wys hoe ’n leerder by ’n skool naby Dewetsdorp aangerand word.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring lede van ’n politieke party het ’n saak van aanranding by die Dewetsdorp-polisiestasie aanhangig gemaak in verband met die beeldmateriaal wat na bewering op 16 Augustus verlede jaar opgeneem is.

Volgens Makhele kan in dié beeldmateriaal gesien word hoe ’n man omstreeks 22:19 by ’n vertrek ingaan waar verskeie leerders lê en slaap. Die man rand dan ’n tienerseun geweldadig aan.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Makhele sê die nodige verklarings sal nou verkry word waarna die saak vir ʼn beslissing na die hof geneem sal word.

“Ons beskou sake wat vroue en kinders raak in ’n ernstige lig. Ons doen ’n beroep op die publiek om die polisie ruimte te gun om die saak te ondersoek, sodat geregtigheid kan seëvier,” het lt.genl. Baile Motswenyane, Vrystaatse polisiehoof, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wielspore ·

Volgens ‘n ander nuusblad is dit die skoolhoof wat die kind aangerand het, gaan kyk gerus op OFM se webtuiste na die video en lees die berig.
Die persoon wat die kind aanrand is ‘n boelie wat groot mense saam hom bring en dan ‘n jong seun in sy slaap wakker maak en slaan. Dit is wreed wat hy doen en bykbaar is dit ‘n gewoonte van hom om gedurende sy dronkenskap na die koshuis toe gaan en kinders aan te rand. Die person moet ‘n les geleer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.