Polisie oorbluf ná aanval op Vrystaat-plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die Vrystaatse polisie krap kop nadat ʼn man Dinsdagaand op ʼn plaas buite Winburg oorval en vasgebind is.

Sers. Ian Gaobepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Joseph Mathetau, die bestuurder van die plaas, is glo die aand deur twee mans buite sy huis oorval. Die aanvallers het hom vasgebind en met ʼn voorwerp teen die nek geslaan, waarna hy glo sy bewussyn verloor het.

Gaobepe het gesê Mathetau het later bygekom en kon daarin slaag om homself los te wikkel en na die buurplaas te stap om hulp te ontbied. “Die ondersoekspan is effens dronkgeslaan, want die aanvallers het niks gesteel nie. Ons het daarom geen motief vir die aanval nie,” het hy gesê. “In hierdie stadium word ʼn saak van aanranding ondersoek.”

Gaobepe het gesê Mathetau het na die voorval mediese hulp van die hand gewys. Dit is onduidelik hoe oud Mathetau is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christine ·

Ja nee ek staan net so verbaas. Was sy van Mathysen en nie Mathetau nie het die saak heel anders verloop.

F ·

Hier is ‘n slang in die gras! Waarom mediese hulp van die hand wys? Niks gesteel nie! ‘n Storie vir ‘n baasspeurder.

A PRETORIUS ·

Was die man al geidentifiseer wat langs die pad by Leslie gevind is wat verwurg was, sekerlik weet sy maat wat saam met hom geryloop het wie hy was.

Pendoring ·

Maroela,
Hoekom het my kommentaar van vroeër gesneuwel?

Corrie ·

Hoe is dit moonlik? daar stink n rot,ek stem saam mathysen sou die saak gou opgelos het

Corrie ·

Hoe is dit moonlik? daar stink n rot,ek stem saam mathysen sou die saak gou opgelos het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.