Polisie skiet nege dood in Mariannhill

Die toneel waar nege verdagtes Woensdag doodgeskiet is. (Foto: X)

Nege verdagtes is Woensdag in die vroeë oggendure deur die KwaZulu-Natalse polisie doodgeskiet.

Die verdagtes was deel van ’n groep van 11 wat die gemeenskap van Mariannhill en die omliggende gebiede lank geterroriseer het.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes was glo besig om ’n aanslag op iemand se lewe te beplan. Dié moordplan is egter gestuit toe lede van die polisie se provinsiale stabiliseringspan vanoggend op die verdagtes in Desai toegeslaan het.

’n Skietery het tussen die verdagtes en die polisiebeamptes uitgebreek en nege verdagtes is doodgeskiet.

Geen polisiebeamptes is tydens die oor-en-weer-skietery gewond nie.

Vier vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind.

Twee verdagtes het egter daarin geslaag om weg te kom en word tans gesoek.

Die groep word verdink van verskeie gewelddadige misdade in die omgewing van Mariannhill, waaronder ’n bendeverkragting waartydens ’n meisie tydens ’n huisroof herhaaldelik verkrag is terwyl haar ma gedwing is om toe te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Danie ·

Is die polisie seker daar is net 9 geskiet.?Klink vir my net te maklik.Dan is daar seker 5 moorde ook die wat geen wapens gehad het nie.Sou dit boere gewees het dan was almal toegesluit.

Casper ·

Martin,ongelukkig kan jy nie eers gaan vasstel hoeveel wapens daar is as daar op jou geskiet word nie,jy skiet eers en dan gaan tel jy die wapens en dit is wat die polisie gedoen het.

Delia ·

Die polisie is aktief EN suksesvol so kort voor die verkiesing. Of verbeel ek my?

Joan ·

Ja, gelukkig is dt die polisie en nie boere nie, maar hulle verdien die dood. Die enigste is dat koeëlwonde te vinnig is. hulle moes stukkie-vir-stukkie opgekap geword het terwyl elkeen toekyk, soos wat hulle met die meisie en haar ma gemaak het!!!!

Kaleb ·

Ek hoop die polisie se inligting is elke keer akkuraat want hulle kan nou maklik voel hulle is “Judge, Jury and Executioner”. (Nege dood maar net vier vuurwapens; nie ‘n enkele polisielid eers gewond nie…) Dit kan maklik in ‘n boewery van ‘n ander aard ontaard, hulle het nie eintlik ‘n “sqeaky clean track record” nie – dink JMPD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.