Vyf vermeende kapers is in Durban, KwaZulu-Natal, doodgeskiet nadat hulle in ʼn skietgeveg met die polisie betrokke geraak het.
Lede van die polisie se honde-eenheid in Durban het omstreeks 17:30 Dinsdag inligting opgevolg oor ʼn gesteelde voertuig wat in die uitvoer van talle misdade gebruik is.
Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, is die voertuig gebruik in kapings en rooftogte in die Pinetown-, Umbilo- en Berea-omgewing.
“Beamptes het die voertuig op die M7 in die rigting van Bellair gewaar. ʼn Jaagtog het gevolg en die verdagtes het teen ʼn lamppaal en ʼn muur in Woodlandsweg gebots.”
Die verdagtes het skote op polisiebeamptes afgevuur en ʼn skietgeveg het uitgebreek. “Vyf verdagtes is geskiet en is op die toneel dood.” Daar is op drie ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie beslag gelê.
Volgens Mbele is die verdagtes positief verbind aan ʼn sakeroof vroeër die week in Umbilo. “Die verdagtes is ook verbind aan ʼn kaping in Pinetown. Volgens voorlopige ondersoek is die motor wat die verdagtes gebruik het, in Junie tydens ʼn huisroof in Newlands East gesteel.”
Die polisie se ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Sjoe… Well done
‘n Mens lees al meer van misdadigers wat doodgeskiet word deur die polisie of die publiek. Hoewel dit jammer is dat dinge so ver gevorder het, is ‘n mens tog dankbaar dat daar weerstand begin kom en hopelik die misdadigers twee keer sal laat dink voordat hulle goedsmoeds begin roof en moor.
Mooi so give them a bells.
Beste nuus van die dag.
Dit blyk dat meeste kapers nie n lisensie het om te bestuur nie. Geluk polisie dat daar nie verder n hofsaak sal wees nie.