Polisie soek na bende wat motoriste in spitsverkeer beroof

Die polisie in Johannesburg soek nog na die vermeende rowers wat glo Dinsdag motoriste op die M1 naby die Crown-wisselaar beroof het.

ʼn Video is vroegoggend wyd op sosialemediaplatforms versprei waarin gesien kan word hoe vyf verdagtes glo ʼn verkeersknoop uitbuit om die bestuurders van stilstaande motors te beroof.

Tesame met die video is ʼn klankgreep ook versprei waarin vertel word hoe die mans met 9 mm-pistole motoriste gedwing het om hul selfone te oorhandig.

Die veiligheidsmaatskappy Vision Tactical het motoriste gewaarsku en gesê die rowers is onwettige myners wat stilstaande voertuie teiken.

“Vision Tactical werk nou saam met die owerhede om na die groep te soek wat verdwyn het in nabygeleë mynskagte.”

Die Johannesburgse metropolisie het bevestig hulle het reeds die getal patrollies in die omgewing opgestoot.

Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het ook bevestig dat daar teen Dinsdagmiddag nog geen aanklagte by die polisie aanhangig gemaak is oor die beweerde rooftogte nie.

Sy het slagoffers aangemoedig om die polisie te kontak indien hulle beroof is.

Mathe het motoriste ook gemaan om op hul hoede te wees in spitsverkeer.

Die polisie het intussen wel ʼn taakspan saamgestel om na die verdagtes soek, het Mathe bygevoeg.

Slagoffers word gevra om die Johannesburgse-polisiestasie te skakel by 082 332 5016 indien hulle ʼn klag aanhangig wil maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

koos10 ·

Die wetteloseheid gaan ons land nog baie duurder kos. Daar is maniere om dit hok te slaan, maar ek is bevrees geen huidige politieke party het die durf om te doen wat gedoen moet word nie, want sulke besluite word geneem of nie geneem nie, met die stembus in gedagte. Die stembus is gelykstaande aan die geldkoei.

Bolandse Nooi ·

Hugo!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Bel die Polisie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ha-ha-ha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Wat ‘n grap – die Polisie antwoord nooit hul fone nie!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Volgens die Crime Index is SA nommer 5 in die wêreld na Venezuela, Papua New Guinea, Afghanistan en Haiti, Regte slegte geselskap. Dis endemies en deel van die land se DNA.

Tinus ·

Trump was reg, just another African country, waar niemand meer veilig is nie …

Andries ·

Altyd om eerste te sê onwettige myners maar ons weet dit is onwettige buitelanders wat die misdade pleeg.

JohanR ·

As jy ‘n saak oopmaak is hy in 2030 nog nie opgelos. Leer uit die diefstal en move on….. Hierdie is die ANC se Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.