Polisie trek ‘dief waarna intens gesoek is’ vas

Argieffoto.

ʼn 46-jarige man het Maandag in die landdroshof op Brits, Noordwes, verskyn op vyf aanklagte van huisroof en ses van motordiefstal. Hy word sedert 2005 gesoek vir verskeie huisbrake en motordiefstalle. Die polisie in Noordwes beskryf hom as ʼn dief waarna intens gesoek is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigde, Mutemba Aniceto Patricio, is verlede week Vrydag by Schoemansville by die Hartbeespoortdam in hegtenis geneem. Dit volg nadat ʼn lid van die publiek die polisie ingelig het waar Patricio hom bevind.

Funani sê die beskuldigde is sedertdien deur vingerafdrukke verbind met verskeie huisbrake en motordiefstalle wat tussen 2005 en 2009 in en om Hartbeespoortdam gepleeg is.

Patricio sal na verwagting weer op 31 Augustus in die hof verskyn wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen. Hy bly tot dan in aanhouding.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die polisie se ondersoekspan geloof vir hul goeie werk om die skuldige vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann ·

Wel ten minste het ons nou n definisie van hoe lank wat vat. “intense na geseok” beteken van 2005 tot 2020. M.a.w. dus 15 jaar? Amazing sukses ratio! Oops…askuus, as dit nie was vir ‘n lid van die publiek wat hom aangemeld het nie, was die onbevoegdheid steeds besig met “intens soek”?

Androclus ·

Hoekom vir borgtog aansoek doen as daar so lank na hom gesoek was???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.