ʼn Debat oor die Black Lives Matter-beweging het Dinsdag in die parlement vonke laat spat.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 Augustus 2020
Covid-19-tenders: Oos-Kaapse staatsamptenare ondersoek
Staatsamptenare oortree die regulasies wanneer hulle sake met die regering doen.
Opname: Studente bekommerd oor kos, handboeke
’n Verslag toon dat studente nie noodwendig snags wakker lê oor komende eksamens nie, maar oor waar hul volgende maaltyd of handboeke vandaan gaan kom.
Vrae oor Mabuza se gesondheid neem toe
Navrae oor die aard van hierdie siektetoestand deur joernaliste en opposisiepartye het egter nog net ontwykende antwoorde opgelewer.
Covid-19: Tientalle verpleegkundiges wag steeds vir salarisse
Dié verpleegkundiges is op ’n kontraktuele basis by dié hospitaal aangestel in die lig van die Covid-19-pandemie.
Kaptein vas ná oliestorting
Die oliestorting het daartoe gelei dat die regering in Mauritius ʼn noodtoestand verklaar het.
Mthethwa gekap oor kritiek op SA spelers wat nie die knie buig
AfriForum meen niemand hoef die knie te buig óf die Black Lives Matter-beweging te steun om rassisme te beveg nie.
ToekomsVenster: Dit wat regtig belangrik is
Jesus se antwoord wys daarop dat wat by die mond uitkom verraai wat binne aan die gang is.
‘Rowers’ slaan toe op melkery by Randfontein
Die mans het voorgegee dat hulle suiwelprodukte wil koop.
Bek-en-klouseer: Kwarantyn by nóg fasiliteite opgehef
Intussen het Botswana die verbod op die invoer van vleis van Suid-Afrika opgehef.
Die wêreld in foto’s – 18 Augustus 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie bied die Joodse museum in Berlyn, Duitsland, ʼn uitstalling aan van waardevolle artikels waarop tydens die Tweede Wêreldoorlog beslag gelê is asook ʼn versameling wetgewing en regulasies wat die lewe van Jode aan bande gelê het.
Aardklop se Pronk Podium-kompetisie gaan voort
Pronk Podium het vanjaar meer as 80 aanlyn solovertonings as inskrywings ontvang.
Stryd teen kulturele Marxisme
Hoe op aarde kan professionele sportsterre so naïef wees om die knie te buig voor ʼn organisasie wat die bron van hul groot salarisse en borgskappe wil vernietig. Dis hoog tyd dat die ekstremistiese Amerikaanse organisasie ontmasker word en hul sinistere motiewe aan die lig kom.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Jaguar se nuwe F-Type
Hierdie week vier Wiele2Wiele Vrouemaand met die aankoms van Jaguar se nuwe F-Type, raak opgewonde oor motorsport wat weer in Suid-Afrika begin het en gaan kuier saam met die Superbike tydskrif by Brad en Darryn Binder se ouers.
Groot skade toe Oos-Kaapse kerk brand
’n Orrelbouer is op pad na dié kerk op Burgersdorp om die skade aan die kerk se historiese orrel vas te stel.
‘Haatspraak’ teen boere op sosiale media: MRK sê polisie moet liefs ondersoek
Die DA sê die MRK het egter al voorheen verskeie soortgelyke sake ondersoek.
Fase 2 beurtkrag nou ingestel
Eskom sê die kouefront plaas toenemende druk op die kragstelsel.
Lokprent vir ‘Meisies wat fluit’ hier
“Johan Cronjé het ʼn fyn gefokusde talent om kontemporêre verhoudings tot op die been oop te kloof.”
Polisie trek ‘dief waarna intens gesoek is’ vas
Die verdagte word verbind met verskeie huisbrake en motordiefstalle wat tussen 2005 en 2009 in en om Hartbeespoortdam gepleeg is.
Gimnasiums kan weer gewig(te) rondgooi
“Die kans dat ons nooit weer ons deure sou oopmaak nie, het soos ’n werklikheid begin lyk, maar ons het geweet ons sal hierdeur kom.”