Jan vertel die liedjie, wat hy saam met die musikant en kitaarfoendi Loki Rothman geskryf het, gaan oor ʼn onbeplande kuier saam met sy neef, Bulletjie.
Alles vir Dinsdag 18 Augustus 2020
Lego-stukkie kom twee jaar later uit seun se neus
ʼn Lego-stukkie het uit ʼn sewejarige seun se neus geval byna twee jaar ná die verdwyn het.
Vier samehange van gemeenskapsuniversiteite
Om die hele besinning in die laaste aflewering meer prakties te maak, word daar nou gewys op vier rigtinggewende samehange.
Foto’s: Duisende voertuie in stoet na hof oor plaasmoord
Duisende trekkers, vragmotors, bakkies en plaaswerktuie het vandag in konvooi onderweg na die hof saamgetrek.
Munisipale amptenaar sterf toe trok oor hom ry
Die munisipale werker het glo berserk geraak en oor die wetstoepassingsbeampte gery.
Die alternatiewe kultuur waarin strokiesprent-helde nog seëvier
Cosmic Comics in Johannesburg is deel van ’n groeiende internasionale fenomeen – en die onteenseglike bewys dat strokiesprente nie nou bloot herleef nie, maar dat dit nooit weg was nie.
Kalahari-tragedie: Nóg ʼn pa sterf
Die tragedie het nou reeds nege slagoffers geëis met die oorskot van ʼn moontlike tiende slagoffer wat nog geïdentifiseer moet word.
‘Buurman’ vas ná moord op bejaarde, dogter
Ma en dogter se liggame is deur ander bure in Limpopo aangetref.
Minister soek duidelikheid ná SA spelers nie die knie buig
Mthethwa is nie gelukkig met dít wat hy in Engeland gesien het nie.
Hier is SA se 5 grootste TikTok-sterre
Dit is nie net die Amerikaners wat gewild is op TikTok nie, hierdie Suid-Afrikaners spog ook met miljoene volgelinge wat hulle op dié sosialemediaplatform dophou.
Senwes-kossambreel bring verligting
Die landbou-onderneming Senwes het reeds meer as 139 907 mense met sy AVC Food Umbrella-projek gevoed.
Doeanehoof vas ná Beiroet-ontploffing
Altesaam 30 mense word sowat twee weke ná die voorval steeds vermis.
Munisipale bestuurder steel glo miljoene
Die DA sê die munisipaliteit was bewus van ernstige aanklagte teen hom toe hy as munisipale bestuurder aangestel is.
Batsa knorrig oor onwettige sigarette
Batsa waarsku dat ʼn verhoging in aksynsbelasting op sigarette bloot sigaretsmokkelaars heelpad bank toe gaan laat lag.
Warm onder die kraag: Ontstoke Bottas sweet glo 3 kg weg
“Hierdie swart renpakke is deksels warm!”
Foto’s: Sneeu dit op Tafelberg?
’n Video van wat lyk soos sneeu op Tafelberg is Maandag op sosiale media versprei.
Boek: Is jy gereed vir die gevaarlikste speletjie op aarde?
De Wet Hugo en Johann Strauss neem jong lesers op ‘n kies-jou-eie-avontuur-storiereis propvol opwinding en naelbytaksie. Dit is geskik vir kinders van nege tot 12 jaar.
Nuuskommentaar: Belarus – stryd nie net om vryheid, maar ook die waarheid
Baie mense glo dit is net ’n kwessie van tyd voor die president voet in die wind gaan slaan.
Spoegwolf maak geskiedenis op Top-20
Dit is die eerste keer dat ʼn liedjie wat slegs op een platform beskikbaar is, toegelaat word op die Top-20.
Vandag se sportnuus
Dr. Jacques Faul bedank ook by KSA.