Polisie vra geduld met vuurwapenamnestie

Argieffoto.

Die polisie vra vuurwapeneienaars wat ingevolge die pas afgelope amnestietydperk om hernuwings aansoek gedoen het om geduld aan die dag te lê. Dit volg nadat die proses vertraag is weens die pandemie en die gepaardgaande afsonderingstydperk.

Ingevolge die wapenamnestie kon mense oor ʼn ses maande lange tydperk – wat op 31 Januarie verstryk het – vuurwapens waarvan die lisensies verval het by die polisie inhandig. Hulle kon ook om nuwe lisensies aansoek doen. Vuurwapeneienaars het veral die afgelope maand in toue buite polisiestasies saamgedrom om die spertyd te haal.

In ʼn verklaring Maandag het die polisie aansoekers gevra om geduldig te wees aangesien die polisie sy omkeertyd hersien het om die aansoeke binne 120 werksdae af te handel.

Maroela Media het vroeër berig talle vuurwapeneienaars was ontevrede oor die proses omdat hulle by polisiekantore weggewys is en nie betyds hul vuurwapens kon inhandig nie. Daar was ook verskeie gerugte en klagtes dat slegs ʼn sekere aantal aansoeke en innames per dag oorweeg is.

Daar heers groot kommer oor die oënskynlik klein aantal wapens wat ingehandig is. Sommige belanghebbendes bestempel boonop die jongste amnestietydperk as ʼn mislukking en versoek dat ʼn tweede amnestietydperk aan die parlement voorgelê moet word.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie moes sekere soorte veiligheidsprotokol by polisiestasies instel om die verspreiding van die koronavirus te bekamp – wat die proses dus verder vertraag het.

“Soms is ʼn positiewe Covid-19-geval in ʼn polisiestasie aangemeld, waarna die geboue vir ontsmettingsdoeleindes ontruim moes word,” sê Naidoo. “Werknemers moes ook gereeld hulself isoleer nadat hulle positief getoets het of in aanraking was met iemand wat positief getoets het.”

Bheki Cele, die minister van polisie, het in die lig van hierdie uitdaging die parlement verlede jaar genader met die versoek om die amnestietydperk te verleng. Daar is toe op ʼn nuwe amnestie van 1 Augustus tot 31 Januarie ooreengekom.

“Die polisie het die nodige maatreëls getref om die agterstand te verlig en terselfdertyd die streng veiligheids- en gesondheidsprotokol na te kom om die verspreiding van die virus te bekamp,” sê Naidoo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gelie ·

Polisie vra geduld vi hiri amnestie…. wat v ons wat reeds vd amnestie in Mei 2020 gebruik gemaak ht….. byna AGT mnde gelede en nog geen taal of tyding nie!!??

Anoniem ·

Die wet bepaal 90 dae. Kan SAPS dit eensydig verander na 120 dae? Ek wag al 8 maande!

Pavier ·

Ek wag nou reeds al 192 werksdae vir my aansoek. Hy weet nie wat in sy polisie aangaan nie, as hy sê dis nou 120 dae.

Frank ·

Chaos man by vuurwapen register ook! Ek het begin Junie al ‘n aansoek vir wapen ingedien. En ek is ‘n toegewyde jagter!! Gelukkig hoef Jan van Riebeeck nie meer die skuld te kry nie.

JohanR ·

Die vuurwapens wat jy verlede week ingehandig het is al klaar by die bende. Miskien word jy en jou familie nog met jou eie wapens geskiet?

Persheks Adri ·

Geduld. Wat is dit? Ek is so bly al my goed is op datum. Ek wonder of hulle die tydperk gaan verleng agv Covid mmmmmm of is dit net om seker te maak ons is ontwapen… Watter gedeelte verstaan hulle nie dat eerlike burgers dit nodig het in veral vandag se lewe nie?

Johann ·

Ooo e e…ons hetta NOG tyt notag wahnt ons ess ly en dai viris hys lekka xkuse va neks dun ni

Cecilia ·

D SAPS se binne 120 WERKSDAE. Die Staatsamptenare werk nooit! Of sois alom bekend werk hul slegs Dinsdae tot Donderdae en ook dan net tot 10uur soggens. Payday vat hulle ook sommer af. So effektief werk hulle 1 dag (8ure) in n week. So daai 120 dae gaan tot 120 kalender weke word wat 600 werks dae is. Dis amper 2 jr.

Nee wat ou oom Hoed. Kry jou lui, dik en onopgeleide Kaders eers om 5 volle dae vd week + 8ure per dag = 40ure per week = 170 ure per maand ( soos ons ander normale landsburgers) te werk. Dan sal ek d moeite doen om my Lisensie te hernu.

Ek weier ook om my wapen in te handig want as enkel ma v 2 dogters moet ek nou ongewapen sit en wag vir 600 dae vir n lisensie. Not a snowball’s chance in hell.

Veg vir ons AFRIFORUM!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.