Polisie vra hulp ná twee sterf in skietvoorvalle

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die polisie in Grahamstad in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van dubbele moord en poging tot moord na aanleiding van twee skietvoorvalle waarin twee mans Maandag gesterf het.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, sê ʼn onbekende aantal gewapende mans het Maandagmiddag in die eerste voorval op drie mense in Peddie losgebrand.

ʼn 60-jarige man is noodlottig gewond, terwyl twee ander mans in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem is.

In ʼn ander voorval naby aan Peddie, wat volgens Govender etlike minute ná die eerste moord gebeur het, is ʼn 52-jarige man ook doodgeskiet.

Govender sê die motief vir dié moorde is nie bekend nie. Dit is ook onseker of die twee moorde met mekaar verbind kan word.

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie by 086 001 0111 (misdaadnoodlyn) te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Juan viviers

O nou vra julle om hulp nadat julle ons ontwapen het help julle self man die polisie het nie gedink toe ons ons vuurwapens moes in handig nie gaan vra julle prisedent vir hulp

piet

Die polisie het ons nie ontwapen nie. Jy moes net weer deur die hele proses gegaan het soos ons en dan het jy jou vuurwapen behou.

Johan. H.

Wat moet die publiek nou eintlik doen, Nou die dag se daaie een nar polisie moenie betrokke raak by sivielle inisiatiewwe nie, nou vra hulle hulp, klim agter jul rekenaars uit en gaan doen bietjie voetwerk. Van julle is ysters sekeres nie.

Wanda

Jy is reg Piet! Mense wil te gemaklik wees en dan skuld op almal pak. Ons het nog steeds al ons wapens. Moes tot vertoë rig deur baie dinge gaan maar my man het voet by stuk gehou….Geen van sy wapens gaan nerens heen nie

Wies wie

Hoe weet mens van wat se afkoms die slagoffers was? Julle praat net van mense en mans, so hoe moet die publiek help soek na die verdagtes of probeer uitvind wie die slagoffers was? Baie moeilik in SA wat die afkoms van die mense vanwee politieke redes weerhou word, maar dan die publiek se hulp vra om MANS en MENSE te help soek. Daar is 50 miljoen in SA, kies julle maar self. Toe Afriforum hulle hulp aangebied het is die polisie GEWAARSKU om nie saam met hulle te werk nie .. so doen maar self die werk .. julle… Lees meer »