Polisiebeampte dood, ander beseer in botsing

Een van die motorwrakke. (Foto: Verskaf)

’n Polisiebeampte is dood en ’n ander ernstig beseer gedurende ’n trompop botsing Saterdagoggend in die noorde van Pretoria.

Xander Loubser, woordvoerder van Ambu-Link, sê die voorval het omstreeks 05:30 op Steve Biko-weg plaasgevind.

Volgens Loubser het twee voertuie na bewering reg van voor gebots. Twee polisiebeamptes was in die wrak van een van die motors vasgekeer. Die een polisiebeampte is op die toneel dood, terwyl die ander polisiebeampte ernstige beserings in die voorval opgedoen het.

Loubser sê die pasiënt is op die toneel gestabiliseer voordat hy met ’n lugambulans na Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg gevlieg is.

Die bestuurder van die ander voertuig is ook ernstig beseer in die ongeluk en het mediese behandeling ontvang.

Die nodige owerhede was vanoggend op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Ek kan nie glo n kar wat so lyk het ten tye van die ongeluk 60 km per uur beweeg nie want dit is die spoed beperking in Steve biko rylaan.

HBK ·

En daardie ongeluk is rigting suid teen die berg op. Weet uiteraard nie wie in watse rigting gery het. Maar lyk soos n groot impak.

twaalfboor ·

Dalk het jy nie wetenskap op skool gehad nie. 2 voertuie wat kop aan kop bots as beide 60km/h gery het, verdubbel die energie van die impak.

Michael ·

Ek neem kennis maar wat is die kanse dat die 2 voertuie elk 60km/h gery het en mekaar tromp op gebots het is miskien wat ek moes gesê het vir die nie so goeie begryper nie.

AndréF ·

Een van daardie twee voertuie het teen’n geweldige spoed gery en in my opinie is dit die voertuig met die polisie in. Hulle dink die pad behoort mos aan hulle!

Peetjie ·

Volgens my is die grootste gedeelte van Steve Biko rylaan n eenrigting pad…. Hoe kon dit n kop-aan-kop botsing wees behalwe as iemand teen die verkeer ingery het…. Behalwe bo by Wonderboom skool word dit saamgegooi…. Weet iemand waar het die ongeluk plaasgevind?

Peetjie ·

Die ongeluk het blykbaar bo naby die skool gebeur…. So dit maak sin dat dit n kop-aan-kop botsing kon wees. Maar spoed moes verseker betrokke gewees het…

twaalfboor ·

Dit het oor die Wonderboom nek gebeur. Mense jaag mos soos besetenes oor die berg van noorde se kant af.

Grootoogdagdromer ·

Dit was aan die reservaat se kant gewees net voor jy die nek uitklim. Een voertuig het beslis geovertake.

Anel ·

Om 60 km per uur te ry is die mees gevaarlikste spoed in ons land. Die meeste noodlottige ongelukke vind plaas op hierdie spoed. (Tong in die kies)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.