Polisiebeampte skiet kollega glo per ongeluk dood

Argieffoto

’n Polisiebeampte aan die Oos-Rand is dood toe ’n kollega hom na bewering per ongeluk getref het toe daar op verdagtes losgebrand is. Die oorledene se naam is nog nie bekendgemaak nie.

Ndikela Cola, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), het Donderdag die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Opod is bewus van die voorval en is tans besig met ’n voorlopige ondersoek,” het Cola gesê.

Volgens Cola sal meer inligting later vandag bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos10 ·

Een keer in 5 jaar ‘n amptelike skiet oefening???

Ek het met my eie oë gesien hoe ‘n operasionele lid in 2 minute nie ‘n pistool aan mekaar kan sit nie. Dit behoort nie meer as 10 sekondes te duur nie.
Die verval van die Nuwe SA begin al meer wys!

Michael 1 ·

Hulle moet ophou om wapens vir lede te gee wat nie bevoeg is om n wapen te hanteer nie,gee hulle n knuppel en traangas en laat hulle die dorpe en stede te fiets patrolleer.

Piet parys ·

Ja en hulle is veronderstel om opgelei te wees . N paar jaar gelede is n mede polisieman by die kroonvaal truckstop ook deur sy kollega doodgeskiet.

Francois ·

Dalk was daar motiewe redes agter die sogenaamde ongeluk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.