Polisiebeamptes ruk op na parlement oor griewe

Die polisie se openbareorde-eenheid konfronteer SAPD-lede wat nie toestemming gehad het om deur die stad te betoog nie (Kaapstad) (19 Maart 2019) (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Ongeveer 200 polisiebeamptes het Dinsdag aan ʼn optog na die parlement deelgeneem om te betoog tydens die bevordering van jong kollege-gegradueerdes oor hul meer ervare eweknieë.

“Dit het begin toe polisieminister Bheki Cele begin het om mense direk uit polisiekolleges te vat en hulle te bevorder om sy eie en ander ministers se huise op te pas,” het ʼn polisiekonstabel van Wynberg, wat op voorwaarde van anonimiteit gesels het, gesê.

“Ek is al 16 jaar lank in die polisie en dan is daar mense wat net drie maande in die polisie is en hulle word voor jou bevorder.”

Soortgelyke betogings vind in ander provinsies landswyd plaas, insluitend diegene wat voor die parlement se hek betoog het. Hulle het baniere rondgeswaai met hulle griewe en eise, insluitend dat hulle ʼn hoër gevaartoelaag wil hê en gedreig het om nie vir die ANC te stem op 8 Mei nie.

Maroela Media het vroeër berig die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) het gesê hy is bekommerd oor die “onverantwoordelike ondersteuning” van ʼn “onwettige staking deur polisiebeamptes” en meen dit is roekeloos vir enige vakbond om só ʼn staking wat teenstrydig is met die Wet op Arbeidsverhoudinge te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

Lede soek bevordering maar hulle behandel die publiek soos junk.Vriende van my het so stel verlede week by Pretoria-Noord polisie stasie afgetrap. Die lede was so onbeskof met hulle dit net om n veiligheidsklaring vorm te voltooi.Geen manier om met die publiek te werk nie.

Anni ·

Hul behandel jul so omdat hul ni be vordering Kry ni. (sien di Grap in my stelling asb)

Johanna Botha ·

Doen eers julle werk reg en sorg dat mense nie uit aanhouding onsnap nie …almal voel onveilig in SA omdat die polisie nie hulle werk doen nie 56 MOORDE N DAG ! ! USELESS …almal moet eintlik afgedank word ! !

Koos de Meyer. ·

Ons kan nie almal onder een kam skeer nie, dis nie regverdig om hulle te bevorder wat net uit die opleiding kom bo langs dienende lede nie. Daar is die sulkes wat niks werd is nie maar ja. Onlangs ook ‘n stel afgetrap deur nie blanke polisie in die aanklag kantoor.

Christo coetzee ·

In my tyd as Polisie beampte moes jy Eksamin skryf vir bevordering, vir beter kennis van Polisie werk. Nou kry hul dit gratis, of jy dom of slim is. Wat n gemors, dit hoekom die misdaad oorneem.

Schalk ·

Nou wie gaan teen hulle optree.Tyd vir dans miskien sal julle dan giks raak en kleiner uniforms he en skelms kan vang.Sorry ek sien baie dik gatte onder julle.SA die vetse klomp amptenare.

Sarel ·

SA het rede om baie bekommerd te wees. Die polisie is totaal onbekwaam. Hulle weet nie eens dat hul kennis geweldig gebrekkig is nie want wie kan hulle dit wys
Vir hulle le kennis en mag in die aanstelling sertifikaat op gesluit.

shark ·

Hul is in elk geval net “beskermde” taxi bestuurders,waar ook jy gaan sien jy hoe laai hul passasiers op..maak Cele n “Taxi boss”

Nick ·

Bravo ANC, doen so voort ons is by die afgrond,stoot nog bietjie……..

Heksie ·

Om ‘n polisie beampte te wees, moet ‘n roeping wees, nie ‘n “job” nie. Jy moet ‘n passie hê vir mense, jy dien jou gemeenskap! Dis nie net ‘n salaris met byvoordele nie! En dit is iets wat julle heeltemal ontwyk!
Afsiek, afsleg, aflui, het ons altyd gesê wanneer hordes lede wegbly op ‘n skof en ons moes raap ek skraap om voertuie in die sektors te kry!

Nick ·

Dis die lot omdat almal die so called madiba n ikoon genoem het! God slaap nie en ek beskou al die dinge as ons straf en dis nog nie die einde nie…….jy kannie jou Vader veraai en dan op jou knieë val en bid nie, afrikaner judas!

J ·

Al maak hulle ook die hele SAPD generaals, sal hulle nog steeds nie tevrede wees nie, as hulle hierdie besigheid gou wil regruk, fire almal wat daaraan deelneem, dan sal dinge weer regkom, baie van die bevorderings is net om stemme te koop,help nie jy word n generaal, maar jy kan nie eers die basiese werk van n konstabel doen nie, maar so lyk die anc

LV ·

Daar is tans n video in omloop oor die toestand van die enkelkwartiere van die Nelspruit polisiestasie,absoluut skokkend om te sien hoe bemors polisielede hul eie omgewing,en dan wil hul more die bevelvoerders wees.Ek kon my oe nie glo toe ek die video sien nie,as jy nie eers selfrespek het nie,hoe kan jy dan respek he vir die publiek aan wie jy diens moet lewer?

Anni ·

Het Al vorige kommentaar gelewer oor julle as publiek so uitvaar teen oor di polisie. Maklik om te se dank almal af want hul pas jul ni op ni. Hulle is ni daar om publiek op te pas ni, Kry sekuiteit, of privaat speurder om dit te dun. Onthou Ons is handjie vol blankes in di mag, dit maak seer as jul so uitvaar, julle Weetni in watse omstandighede mut Ons werk ni. Nou word almal oor Selfde Kam geskryf. Ons probeer Ons bes om nog te kan help waar Ons kan. Maar met sulke negatiewe kommentaar is dit Maar swaar. Daar’s min voertuie by party stasies, so J probeer so vinnig as moontlik klagtes dun. So asb se eerder Dankie my maat ek waardeer Wat julle dun, en Ons probeer verstaan julle omstandighede is moeilik. EN ALMAL IS NI EWE SLEG NI!!!!!!!!

LV ·

Anni,lyk my jy het vergeet wat die SAPD se leuse is:ons beskerm en ons dien.Dis al wat ons vra,nou gaan heen en doen net dit,verdomp!

Hendri ·

Ditsem LV. Jy lyk vir my reg soos die regte een vir die job. Sluit vandag aan en wys vir Anni hoe moet dit gedoen word. Te veel mense is an’t bek rek en veralgemeen oor die Polisie. Julle het nie idee hoe gedemoraliseerd die Polisie is nie. Gaan liewer op julle kniee en sê dankie vir “the few, the proud” Polsiebeamptes wat nog onkorrup is en onbaatsugtig dien. Hulle is al waaruit die dun blou lyn uit bestaan. Hulle staan op en gaan werk en hou nog met moeite hulle waardigheid ondanks die smaad van die publiek en mense soos jy! Baie bevoodeelde, lees regstellende aksie bevorderderde, bevelvoerders is ooglopend korrup en die gemeenskap weet dit. Hulle is ook die wie die hardste op op ons trotse Annies skree net om minute later die enigste heel polisievoertuig vat om te gaan inkopies doen. Annie word dan gelaat onder die geswets van die publiek oor hulle klagtes nie bygewoon word nie. Ek wens jy kan net vir een middag die telefone in ‘n 10111 sentrum gaan antwoord, veral na die skole uitkom. Ek belowe jou dat 60% van die bellers vir jou meer van jou ma se hoedanighede sal vertel as wat jy self wil weet. Doen dit dag vir dag en oordeel dan weer.

Sarel ·

Daar moet opgehou word met die sogenaamde bloulig patrolies wat so indrukwekkend lyk op die Amerikaanse fliek reekse en weer elementere polisie werk gedoen word met net een doel voor oe, om misdadigers in die selle te kry en deur die howe met m skuldigbevinding. Begin deur die petty misdade aan te spreek, tree ferm dog regverdig op. In die verlede was polisie beamptes PIG’s genoem en was ek trots daarop, dit staan. vir Power, Integrity and Guts. Ongelukkig ontbreek genoemde deesdae by meeste beamptes. Ek se wel dankie vir die enkelles wat nog probeer. Ons weet egter dat julle n steen des aanstoots Vir die meerderheid is.

Botterblom ·

Ek het n nagmerrie van n buurman. Hoor daar is welke sulke bure. Die polisie beskerm hom/hulle. Ons
dien wettige klagtes in. Tot n aanranding word van die tafel gevee weens sy ouderdom. Ons staan magteloos voor sy teistering. Beskermingsbevel wat duidelik uiteengesit is word welkemale geignoreer. Dankie SAP dat julle ons huishouding nie kan beskerm nie. Julle drankasems moet ons maar ignoreer en hoop elke maal jul kom tot redding. Julle waarsku ons wel as ons iets terugdoen gaan julle ons arresteer. Ek hoop julle beskerm die hoës ook so, want dan sou ek gladnie geslaap het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.