Polisiebeamptes vrygespreek op Marikana-aanklagte

Die koppie by Marikana ter illustrasie (Foto: Bongiwe Mchunu)

Die voormalige adjunkpolisiekommissaris in Noordwes, genl. Mzondase Mpembe, en drie ander senior polisiebeamptes is Maandag vrygespreek van drie aanklagte wat verband hou met die Marikana-slagting in 2012.

Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG in Noordwes, sê die vier polisiebeamptes is destyds aangekla van regsverydeling nadat hulle glo inligting verswyg het oor die omstandighede rakende die dood van die mynwerker Modisaotsile Segalala, wat op 16 Augustus in polisieaanhouding gesterf het.

Die polisiebeamptes is ook aanvanklik aangekla van die oortreding van die Wet op die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) nadat hulle glo versuim het om Segalala se dood in aanhouding aan te meld sowel as die oortreding van die Kommissiewet omdat hulle glo nie Segalala se dood in hul verslag bekend gemaak het nie.

Regter Ronald Hendricks het egter gister die vier polisiebeamptes in die hooggeregshof in Mmabatho in Noordwes van al drie aanklagte vrygespreek nadat die staat nie die beskuldigdes se skuld bo redelike twyfel kon bewys nie.

Mamothame sê die NVG sal die uitspraak bestudeer om ’n ingeligte besluit te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Hoekom het hierdie saak van 2012 geduur. dis asof hulle verwag mens moet daarvan vergeet en dan dit afhandel.

Piet ·

Jy seker nie die video gesien nie. Die polisie het op ‘n skare los gebrand met lewendige ammunisie. As jy dit doen sal jy tronk toe gaan, dit moet so vir hulle ook wees.

Piet ·

Wys jou, as jy geweld names kapitaal, industrie en die regering toe pas kan jy weg kom met wat jy wil. Die beslussing is absurd

Anoniem ·

Mooi. Wie was verantwoordelik vir die slagting. Nie die Plisielede nie, maar wel die STAKERS.
Wens die reëls van jare gelede kon nog geld, dat die wat staak sumier afbetaal word, en die werkloses wat wil werk in hul plek aangestel word, Dat die stakers vrek van die honger en besef waar geld en kos vandaan kom. Sonder geld kan jy nie, maar dit is onnodig om die industrie lam te lê omdat die stakers net meer en meer wil hê sonder om dit te verdien. Almal van ons het onder begin, hetsy jy ‘n graad het of nie, en in vandag se lewe moet jy tevrede en dankbaar wees om te kan werk. Ons ouers het nie toelaes vir ons onvang nie, hul moes hul sente so opdeel dat studies betaal kon word, skoolgeld, kos en klere selfs mediese kostes. Vandag is dit vrylik beskikbaar vir die wat nie daarvoor werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.