Polisieduikers red vrou uit rivier

Die vrou het vir ure lank aan ‘n tak vasgeklou voor duikers haar gered het. (Foto:
Saps)

ʼn 26-jarige vrou is Donderdagaand deur ʼn span polisieduikers en reddingswerkers gered, nadat vloedwaters in ʼn rivier haar meegesleur het.

Nnana Mafa het vroeg die aand die rivier oorgesteek op pad na die Delpoort-plaas naby Hennenman in die Vrystaat. Volgens die polisie het die rivier se watervlakke vinnig begin styg weens die baie reën wat in die gebied geval het en sterk waterstrome het haar meegesleur.

“Sy het lank aan ʼn tak vasgeklou terwyl sy gewag het vir lede van die Welkom-polisie se duikeenheid en honde-eenheid om haar te red. Die polisielede het hul uitnemende vaardighede gewys en kon die vrou net voor middernag uit die rivier red terwyl die water om hulle al hoër gestyg het,” het kapt. Stephen Thakeng, provinsiale polisiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Dit was reeds donker toe polisielede vir Mafa uit die water gehaal het.

Thakeng het voetgangers en motoriste gewaarsku om versigtig te wees en nie ʼn brug of pad te probeer oorsteek waar die water oorstroom het nie. “Ouers moet ook nie hul kinders toelaat om in die riviere te swem nie, aangesien strome strek vloei weens die onlangse reën.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nettie ·

Wanneer gaan die mense leer om weg te bly by sterk strome water.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.