Polisiehoof toets positief vir Covid-19

Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris (Foto: ANA)

Genl. Khehla John Sitole, Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris, het positief vir Covid-19 getoets.

Volgens brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Sitole Maandag ʼn toets ondergaan nadat hy in kontak was met ʼn polisielid wat reeds positief vir die virus getoets het. Dié lid is ook tans in isolasie.

“Genl. Sitole toon in hierdie stadium geen simptome van die virus nie,” sê Naidoo.

Intussen is lt.genl. Sindile Mfazi aangestel om tot verdere kennisgewing die leisels as nasionale polisiekommissaris oor te neem.

Volgens Sitole het hy ook verskeie ander toetse ondergaan en sy dokter is tevrede dat dit nie vir hom nodig is om gehospitaliseer te word nie. Die dokter het behandeling voorgeskryf en aanbeveel dat hy hom minstens tien dae lank moet afsonder.

Sitole het onmiddellik in selfisolasie gegaan nadat hy positief vir Covid-19 getoets het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Masker dra werk tog so goed. Vir my so oulik mense sê ALMAL moet regulasies volg, en dan in die selfde asem vertel hul van hoeveel vriende al siek geword en dood is. Dan werk hul regulasies nie of volg hul self dit nie? Kom vertel bietjie. Is dit een van daai “maak soos ek sê, nie soos ek maak nie”.

Charles ·

Lyk my die generaal het nie sy ore oopgemaak nie, sy masker gedra, hande gewas en sosiale distansie gehandhaaf nie

Anel ·

Nou gaan hy lekker vakansie hou want hy is te siek om te werk. Eintlik baie slim. Mense wat nie verlof kan kry nie toets positief en bly lekker by die huis.

Jacobus ·

Glo ons dit? Is dit nie deel van die groot ANC sirkus waar ampsdraers beurte kry om “siek ” verklaar te word om die nodige gravitas aan die situasie te verleen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.