Polisiekolonel skuldig aan bedrog

Avril Wentzel het verskeie bedrieglike reiseise in 2014 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Kimberley ingedien (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

’n Voormalige polisiekolonel van die Noord-Kaap het Dinsdag in die Kimberley-streekshof op 19 aanklagte van bedrog skuldig gepleit en is tot 12 maande tronkstraf gevonnis.

Avril Wentzel (57) het verskeie bedrieglike reiseise in 2014 by die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Kimberley ingedien wat hom sowat R47 000 in die sak gebring het.

“Die misbruik van sy reistoelaag is in 2015 blootgelê wat tot ’n indiepte-ondersoek deur die Valke gelei het.

“Wentzel is ná afloop van die ondersoek in Oktober 2019 gedagvaar,” sê Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke.

Benewens die vonnisoplegging moet Wentzel ook ’n boete van R30 000 betaal en het hy ’n bykomende opgeskorte vonnis van vyf jaar ontvang op voorwaarde dat hy nie binne dié tydperk weer aan bedrog skuldig bevind word nie.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het Wentzel se vonnisoplegging verwelkom.

“Dit is ’n jammerte dat ’n senior polisiebeampte onder die versoeking geswig het om openbare geld te misbruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nie Verbaas ·

“Dit is ’n jammerte dat ’n senior polisiebeampte onder die versoeking geswig het om openbare geld te misbruik.” Ja vir ons is dit meer jammer dat die ANC regering korrup is.

Francois ·

Fire die hele polisiediens want hulle is meestal almal ook korup. Hulle se dit vat altyd n misdadiger om n misdadiger te vang

koos10 ·

Francois, ek hoop jy het jou stelling bietjie oordink, en sal dit terug trek.

piper ·

vir 47 000 rand kry hy 12 maande en 30 000 rand boete. die mense wat miljoene se bedrog gepleeg het loop vry rond.

JM ·

Die nuusopskrifte wemel oor bedrog, korrupsie, diefstal, leuens ens., dit hou net nie op nie. ‘n Erger pandemie as die virus!

Deon ·

Kom so voor, elke liewe dag iewers n berig van n polisieman of twee wat in die sop is

Anel ·

Vir ‘n sksmel R 47000.00. Maar die regering wst ‘n land se hele ekonomie leeg geplunder het, loop nog vry rond.!!!

Cherokee ·

Tydens 2014 gebeur, in 2015 is dit bewys, 2019 opgevolg en middel 2021 gevonnis.

In ‘n berig wat niks daarmee te doen het…
Ramaphosa het die lang tyd wat verloop in SA voor dinge gedoen word, ‘like a disease’ genoem. So lewer Times Live verslag.
“I think I also have it and many of us have it… and I would like for us too… shed the disease end get things done quicker and sooner”, he said.
So het Amanda Khoza van Times Live gister gerapporteer.

Blikkies ·

Gaan hy nou ‘gefire’ word? soos in oneer ontslaan uit die SAPS, en verloor al sy voordele? Want hy het ‘n kriminele oortreding gepleeg en was skuldig bevind?

koos10 ·

Blikkies, gaan lees weer die eerste sin van die berig “VOORMALIGE”. Dit beteken dat hy nie meer in die diens van die SAPS is nie.
Bietjie moeilik om hom dan nou te “fire” nè?
Voordele behou jy net as jy op pensioen gaan.

Vernon ·

Elke denkbare SA regerings instelling is verrot tot op die been.

Anthony ·

Gaaaaap…….wat’s nuut…..net nog n skelm in polisie klere…..

Boon ·

Dis reg dat alle persone ongeag ras, klas, geslag, kultuur, taal, ouderdom moet verantwoording doen vir sy/ haar dade ingevolge die wet. Voor die reg is almal gelyk.

Persheks Adri ·

Net 12 maande en ‘n boete? Hoe werk die regstelsels? Elke ou gaan dit doen, want kyk die ligte vonnis gggmmmfff. Cele jou mense man!!!

Deon ·

Mm, en wanneer gaan die polisie diens angekla word vir die privaat selfoon rekeninge van die
personeel wat hule eie foon moet gebruik vir polisie werk? Ek is amper seker daardie rekening is meer as 50 000

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.