Polisiekonstabel en makker in hof oor moord, uitbuiting

(Foto: SA Polisie)

ʼn 26-jarige polisiekonstabel van Stellenbosch-polisiestasie het Maandagoggend met ʼn 35-jarige medebeskuldigde in die hof verskyn op aanklag van moord en uitbuiting.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is Vrydag in hegtenis geneem.

“Dit volg ná ʼn winkeleienaar van Ethiopië in Februarie 2020 in Stellenbosch vermoor is toe hy glo geweier het om beskermingsgeld te betaal,” het Potelwa bygevoeg.

Die saak is tot 11 November uitgestel vir hul aansoek om borgtog. Hulle bly in aanhouding.

Die polisiekonstabel is intussen van al sy pligte geskors hangende interne dissiplinêre prosesse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Persheks Adri ·

Cele se trots die klomp wonder wat het hy vir homself te sê mmmmmmm… Wat ‘n skande vir die res van die paar goeies wat nog vir SAPS werk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.