Polisielid vas wat renosterhorings landuit wil stuur

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Rhino Horn Auction/Argieffoto)

ʼn Polisiebeampte en ʼn hoftolk het Vrydag in die hof verskyn nadat hulle glo 30 onwettige renosterhorings onder in ʼn wynkrat wat vir Maleisië bestem is, versteek het.

Die 53-jarige adjudant-offisier wat verbonde is aan die Valke se ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad in Gauteng en sy 39-jarige medepligtige is Donderdag in onderskeidelik Brakpan en Bassonia in hegtenis geneem.

Hulle het vlugtig in die Palm Ridge-landdroshof in Johannesburg verskyn.

Dié twee het na bewering in Mei 2019 ʼn besending in ʼn pakhuis in Pomona afgelaai. Hulle het dit as ʼn krat vol wyn verklaar wat vir Kuala Lumpur in Maleisië bestem is.

“Die Valke is in kennis gestel oor die verdagte wynbesendig en het die inhoud daarvan deursoek. In die krat is ʼn aantal wynbottels asook 30 renosterhorings toegedraai in plastiek gevind. Dít was op die bodem van die krat versteek,” het kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die krat en die inhoud daarvan is deur forensiese spesialiste geanaliseer wat die polisie na die senders van die krat gelei het.

“ʼn Lasbrief vir die beampte en hoftolk se inhegtenisneming is uitgereik. Die Valke het daarin geslaag om albei vas te trek.”

Die polisie het beslag gelê op elektroniese toebehore en dokumente wat ondersoek moet word.

Aanklagte van onwettige handel in renosterhoring staar die verdagtes moontlik in die gesig.

“Daar kan dalk nog inhegtenisnemings gemaak word,” het Mulamu gesê.

Die polisieondersoek gaan voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Casper ·

Wil jy nou meer.Dit is mense wat ons renosters moet help beskerm.Hulle het beslis nie die renosters gestroop nie.Hier is ‘n sindikaat betrokke.Weereens magsmisbruik.Ek hoor niks van hoedman nie.Hoekom veroordeel hy nie hierdie daad nie of ………..

Misky ·

Hoe word die mense gekeur? Ek weet wraggies nie meer nie en die Valke vang nou al die mede Valke…..

Swerwer ·

Ai jy word maklik gekeur, as jou velkleur reg is en jy aan die ANC behoort en hoe groter jou kriminele rekord hoe beter!

Cherokee ·

Mense praat sò snaaks! Ander mense behoort aan hul mediese fondse.

JM ·

Eerlike polisiebeamptes in hierdie land is so skaars soos hoendertande. Lid van die Valke nogal! Skandelik! Niemand kan meer vertrou word nie.

Skuilnaam ·

En dan is daar nog mense wat glo dat daar eerlike polisiemanne is. Pffft!

Nie Verbaas ·

Ongelukkig word die hardwerkende en eerlike lede onder dieselfde kam geskeer en ek glo die bogenoemde is in die minderheid. Die ander nikswerd lede veroorsaak dat mense nie meer respek het vir die polisie nie.

Voorslag ·

Pasop voor ons klippe gooi…… Mense in glashuise…. Ek ruik ‘n ROT. Hier is groter dinge aan die gang.!!! Kom ons sê net gaan soek skietvoorval in laat 2018 in Johannesburg op hoofweg. Daar was video’s op die net.

Dory48 ·

Presies, 100% korrek. Mense moet dink hier voor hulle praat. Dinge is nie altyd wat dit voorkom om te wees nie. As alles maar net ondersoek word soos dit moet.

Yvonne ·

Dan het ek gedink die Valke is die elite…..daar is nie n einde aan gierigheid nie…..mammon is bitterlik gevaarlik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.