Polisieman onder sewe vas oor rooftog by vulstasie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Sewe verdagtes, onder wie ’n polisiebeampte, is Maandag in hegtenis geneem nadat hulle glo die geriefswinkel by ’n vulstasie beroof het.

Die rooftog het omstreeks 03:00 by die vulstasie langs die N1 by die Capricorn-tolhek in Limpopo afgespeel.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het ’n groep verdagtes die winkel ingekom en personeel met ʼn vuurwapen aangehou. Hulle het onder meer kontant en sigarette gebuit en is ook met ʼn brandkluis daar weg.

“Die verdagtes is met die gesteelde goedere in ’n wit Toyota-bakkie en Toyota Corolla Quest daar weg,” sê Mojapelo.

Die polisie het vinnig op die voorval reageer en die groep verdagtes kort daarna aangekeer.

Een van die verdagtes is ’n 36-jarige vrou wat by die vulstasie werk, asook ’n 52-jarige polisieman verbonde aan die misdaadintelligensie-eenheid op Makhado in Limpopo.

“Die vrou en polisiebeampte is by hul onderskeie werkplekke in hegtenis geneem terwyl die oorblywende verdagtes by hul huise in die Shayadima- en Mphephu-nedersetting vasgetrek is.”

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings op ’n kluis, sigarette van verskeie handelsmerke en die twee voertuie beslag gelê. Die items is vermoedelik tydens die rooftog gesteel.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiehoof in Limpopo, het die polisie vir die spoedige inhegtenisnemings geloof.

“Die vinnige inhegtenisnemings behoort ʼn duidelike boodskap te stuur dat namate ons voortgaan om op voetsoolvlak meer sigbaar te wees, die polisie meedoënloos sal optree om alle oortreders aan te kla – ongeag hul status,” sê Hadebe.

Die verdagtes sal eersdaags in die landdroshof op Louis Trichardt verskyn op aanklagte van sakeroof en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Ja wat kan jy maak met ANC kaders? Daar is net nie breinkrag nie!

Sandra ·

Baie geluk, hulle het hul toelatingseksamen vir die parlement geslaag!

Harley Davidson ·

Die polisie doen nie hulle werk nie maar is gereeld betrokke by misdaad.

Christine ·

Ja, mens kan die onetiese gedrag van meeste polisie net nie meer hanteer nie.

Roek ·

CHEROKEE HELP ‘N BIETJIE MET DIE “GERIEFS WINKEL ” IS DAAR SO IETS?

Linx ·

Convenience store,Ja ds normaalweg by die garages(vulstasies)

Hendrik Marthinus ·

Shame hulle kry Dan nie verhogings soos Eskom nie
So hy vat seker maar net sy gedeelte wat die regering hom skuld

Christine ·

Hendrik Marthinus, dis skokkend dat jy enigsins die korrupsie deur polisie kan goedpraat. Is jy een van hulle?

Di ·

BAIE van hulle in uniform is kriminele!!! Ons sal kyk wat gebeur met die ondersoek in Wes Kaap waar bewerings gemaak is dat Polisielede saam met bendes werk! Van hulle nogal in baie groot poste. ODink nie ons besef regtig HOEVEEL korrupte skelm polisielede daar in die mag is nie.

Danie ·

Misdaad inteligensie ? Gin wonder dit gaan so wild met misdaad en geen voorkomende optredes.

Jannie van Niekerk ·

Die polisie se keuringsproses vir misdaadbekampers is verdag. Daar behoort wetgewing te wees dat slegs onderteueners van die ACDP, Action SA en die VF+ as polisielede aangestel mag word en geen ander politeke ondersteuners nie. Lede van die ANC, EFF, SAKP, COSATU. GOOD, PA ensonmeer het al male sonder tal bewys dat hulle misdaad goedgesind is.

Elsie ·

Dan verwag hulle n mens moet hulle vertrou. Hulle is die grootste klomp kriminele wat mens kan kry. Dit is ook hoekom daar so baie onopgeloste sake is. Hulle beskerm hulle kamerade die ????????

Yvonne ·

Gierigheid die oorsaak van so baie misdaad. Net sekere mense word indiens geneem en n salaris is nie genoeg nie….ai ai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.