Polisiemanne swaar gestraf vir korrupsie

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee polisiemanne is Woensdag in die Mokopane-streekshof in Limpopo skuldig bevind aan korrupsie. Hulle was glo betrokke by die smokkelary van gesteelde voertuie oor die Groblersbrug-grenspos na Botswana.

AC Sampo Maaboyi, woordvoerder van die Valke, sê konst. Ratlou Alfred Moroana (37) is tot agt jaar direkte tronkstraf gevonnis, terwyl konst. Mahlatsi Phillip Tselane (34) na verwagting eers op 30 Junie gevonnis sal word.

Maaboyi sê die Valke het op 23 Januarie 2018 twee voormalige beamptes van die departement van binnelandse sake, ʼn burgerlike wat haar as ʼn beampte van die departement voorgedoen het, asook drie polisiebeamptes vasgetrek. Hulle is vasgetrek nadat hulle gesteelde voertuie met hulp van kriminele oor die Groblersbrug-grenspos na Botswana in ruil vir geld uitgesmokkel het.

Die voormalige beamptes van die departement van binnelandse sake, Tryphina Tshabalala (31) en Kgomotso Morena (37), is op 1 Augustus 2018 skuldig bevind aan korrupsie en tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Die burgerlike, Doris Mashaka (38), wat haar as ʼn beampte van die departement voorgedoen het, is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die voorgee om ʼn staatsamptenaar te wees en vir korrupsie.

Op 17 Maart vanjaar is die derde polisiebeampte, konst. Matome Herman Mafa (40), tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir sy betrokkenheid by die smokkelary. Moroana en Tselane is die laaste twee om skuldig bevind te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

J ·

Mooi so Valke!!!

Vat nou vir NUMMA ONE en sy trawante … met die ‘goudpotte’ in Dubai en Indië.

JohanR ·

In Suid Afrika moet die polisie en baie politici nie miskien in die tronk wees, en al die misdadigers vry op straat? Daar sal dan miskien minder misdaad wees! Sodra ‘n inname van die polisie kollege uitgangsparade klaar is, moet al die rekrute dadelik tronk nog voordat hulle korrup word.

Kokerboom ·

Welgedaan Valke. Kontroles by grensposte moet opgeskerp word

Fedup ·

Apparently, maybe, we think so.
If someone did something illegal, they are corrupt, criminals or just plain stupid, say it like it is.
Just say they are guilty, that we understand.
We don’t like to guess.

Nie Verbaas ·

En nou Cele? Dog polisie se betroubare lede word noukeurig nagegaan wanneer hulle gewerf word? Ek wonder hoeveel gaan dit maak as hulle aan n integriteit toets onderwerp word?

RB ·

Hulle wòrd noukeurig nagegaan!
Die verwagte uitkoms van die nagaan verskil net!
Hoed het heeltemal iets anders in gedagte as jy en ek.

Michael 1 ·

En dit word gereken as n swaar straf in die vsa kry jy meer as jy met die pos peuter.

Sarel ·

Straf nie lank genoeg nie. Ligte straf en vroë vrylating beleid in SA. Besigheid gaan voort wantviemznd anders staan weer in

Maries ·

Hulle is die volgende minister van die Polisie, en minister van buitelanse sake, minister van vervoer en hoof van Polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.