Polisiemanne wat geld in huis roof, vasgetrek

(Argieffoto)

Drie polisiebeamptes, tussen die ouderdom van 33 en 36 jaar, is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle glo geld in ʼn huis in Kalkbaai in Kaapstad geroof het. Hulle het glo hul mag as polisiebeamptes gebruik om die huiseienaar ʼn rat voor die oë te draai.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie, sê die beamptes het Donderdagaand om 23:00 toegang tot die huis in Dalebrookweg in Kalkbaai verkry deur voor te gee dat hulle die huiseienaar (klaer) oor ʼn saak wil ondervra. Hulle het glo die eienaar se huis deursoek en ʼn onbekende bedrag geld gebuit.

“Die beamptes het daarna die huiseienaar gedwing om Nyanga toe te ry, waar hy toe nog geld vir hulle moes onttrek,” sê Rwexana. Hy sê die beamptes het die klaer se motorsleutels vir hom teruggegee en hy het teruggery huis toe.

ʼn Saak van huisroof is by die Muizenberg-polisiestasie aanhangig gemaak. Die polisie se ondersoek het daartoe gelei dat die drie polisiebeamptes van die Beacon Valley- wetstoepassingsdepot in verband met die huisroof in hegtenis geneem is.

Daar is ook beslag gelê op die polisievoertuig wat na bewering in die voorval gebruik is.

Die beamptes sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nie Verbaas ·

Dis nou mense by wie ons veilig moet voel? Weereens dankie ANC. Dis n produk van julle ideologie en beleid.

Cornrit ·

Dit is nou tipies van ons regering. Korrupte leiers, korrupte amptenare.

Frans ·

Dit moet so wees dis normaal as dit anders was was dit verkeurd

KB ·

Hoeveel VROT KOLLE moet nog uit die Polisiediens verwyder word?!
Dis ‘n loutere skande…om te dink diegene is daar vir die wetsgetroue landsburgers se veiligheid!

Suzette ·

Ja dit is skrikwekkend. Ek vertrou nie een van hulle nie.

Nie Verbaas ·

En dit is net die wat gevang word. Talle korrupte beamptes loop nog vry rond.

Genis ·

Dit verbaas n mens nie eers meer nie.. net bly hulle is gevang… lafaards wat nie eerlikke werk kan verrig nie…

Marius ·

Daar word nie verniet gese dat SAPS die beste in die wereld is nie . Hulle is dan 99% van die tyd tydens die misdaad reeds op die toneel . LOL

andre ·

Dankie Maroela dat die ouderdomme genoem word en Nyanga genoem word

Oros Soros ·

Die gearresteerdes blyk van Kaapstad se Metropolisie te wees en nie die SAPD nie.

Stofdonkie ·

Hoekom dra polisie beamptes uniform? Sodat ons die skelms maklik kan uitken. Dis veronderstel om hoogverraad te wees wanneer polisie misdaag pleeg, hulle is aangestel deur die staat om misdaad te bestry en dan pleeg hulle dit self.

Marcia ·

Argief foto van SAPD voertuig en onmiddelik word dit gemeld hoe sleg die Polisie is. Dit was toe lede van Metro julle !!!! , alhoewel ek ook dink die Polisebestuur is beslis nie na wense nie is daar ook goeie opgevoede geleerde mense in die SAPD, al is dit hoe min, dit raak nou afgesaag dat almal onder dieselfde kam geskeer word, kom ons kry die feite eers reg en dan sommer die fotos van die idiote ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.