Polisievrou voor kinders tuis doodgeskiet

Sers. Yvvone Moyana (Foto: Verskaf)

’n Polisiebeampte van Tzaneen in Limpopo het Saterdag sy vrou, ook ’n polisiebeampte, ten aanskoue van hul drie kinders doodgeskiet voor hy die vuurwapen op homself gerig het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring sers. Yvvone Moyana (43) was ten tyde van die voorval ’n kommunikasiebeampte by die Tzaneen-polisie. Haar man (44) was ’n adjudantoffisier verbonde aan die provinsiale misdaadintelligensie-eenheid in Limpopo.

Die polisie het nie die man se identiteit bekend gemaak nie.

Volgens Mojapelo het die man sy vrou omstreeks 11:00 by die egpaar se huis in die dorp doodgeskiet waarna hy homself om die lewe gebring het.

Die egpaar se drie kinders is kort ná die voorval vir traumabehandeling geneem, sê Mojapelo.

Genl.maj. Maggie Mathebula, bevelvoerder van die polisie se Tzaneen-groepering, het die misdaadtoneel besoek waarna sy haar hartseer uitgespreek het.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval veroordeel. “Die SAPD het interne ondersteuningstrukture wat hulp verleen aan lede wat moontlik huishoudelike probleme het en hulle word versoek om daarvan gebruik te maak,” sê Ledwaba.

Die motief vir die moord op Moyana is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dom geskok ·

Drie kinders is wees oor ‘n man uiterste, ongetemde selfsug met permanente letsels vir die pad vorentoe in die lewe. Sterkte en liefde, mag God julle dra.

Maljan ·

Maar blankes word om versuim om vuurwapens lisensie te hernieu ontwapen. Kom kom kom ou Diep in die hoed wie moet eintlik ontwapen word?

potlood ·

Die mense wat by die polisie werk se vuurwapens moet ingehandig word na elke skof ,meer as 60% volgens hulle minister is nie bevoeg om n wapen te hanteer nou wat nog as hulle van diens af is,vat die versoeking weg en beheer die tyd wat hulle n vuurwapen moet hê.

Ep ·

Hoekom is sy wapen nie ingedien na sy skof? Duidelik Geen dissiplene…. seker iewers n derde party betrokke?

Annelize ·

Want Ep, wapens word nie ingedien na diens nie.

My man was 25jaar in die Polisie, NOOIT het hy ‘n wapen ingedien na skof nie. Die wapen word aan jou uitgereik, die dag as jy diens aanvaar by die Polisie. Die wapen bly by jou, of jy aan diens, met verlof of waar jy ook al anders as by die werk is, dis jou verantwoordelikheid. Die dag toe hy die Polisie verlaat het, was die dag toe hy weer sy wapen ingehandig het.

Lc ·

Maljan jy ken die wapen wet, kan nie help as jy nie jou lisensies betyds hernu het nie. Nou huil jy daaroor, Ek hoop jy kry n tweede kaans maar n boete van so R400 per lisensie behoort toekomstige samewerking te virseker

Maggie ·

Wapens inhandig, haha.. hoeveel van hulle Gaan die volgende skof Nog wapens hê?

Adel ·

So selfsugtig, nou wat nou van hulle kinders???? Kan nie verstaan hoekom iemand ander dood maak nie, as jy nie meer wil lewe of nie kans sien vir more nie, vat jouself!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.