Politici, sakemanne vas vir bedrog tydens Madiba-begrafnis

‘n Standbeeld van oudpres. Nelson Mandela. (Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA)

Hoëprofielwerknemers van die Buffalo City Metro, vooraanstaande lede van politieke partye, sakemanne en verteenwoordigers van sake-entiteite verskyn vanoggend (Vrydag) in die Oos-Londense landdroshof ná bewerings van bedrog tydens oudpres. Nelson Mandela se begrafnis.

Die 15 verdagtes staan tereg op aanklag van bedrog, geldwassery en oortreding van die munisipale wet op die bestuur van finansies. Hulle word ook aangekla van korrupsie met betrekking tot die verkryging van diensverskaffers vir vervoer en bespreking van lokale tydens die begrafnisvoorbereiding en gedenkdiens vir Mandela.

Die beweerde bedrieglike eise beloop altesaam R10 miljoen en is tussen 2013 en 2014 ingedien.

Volgens kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het die Valke se ernstige handelsmisdaad-eenheid ʼn deeglike ondersoek gedoen wat tot die inhegtenisneming van die 15 verdagtes gelei het.

Genl.maj. Obed Ngwenya, Oos-Kaapse provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaad, het ook die handelsmisdaadeenheid bedank vir sy volgehoue pogings om die skuldiges vas te trek.

“Ons is dankbaar dat die skuldiges voor die hof gebring word vir die verkwisting van hulpbronne in ʼn tyd waar die land die dood van ʼn ikoon betreur het,” het Ngwenya gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Heinrich ·

WOW, daai wiel het stadig gedraai, maar dankbaar dat hy het!

Suzette ·

Uhm – hoeveel jaar is dit nou?????? So die Zondo kommissie se bevindinge en uitwys van skuldiges sal ook nie werklik positiewe vrugte afwerp in my leeftyd nie.

Janine ·

Ek stem saam. Wat ‘n skande is ons sogenaamde “regstelsel”!

Genis ·

Pay back the money! En gaan tjoekie toe jul opertunistiese diewe…

Drikus ·

Hulle het geen skaamte nie, om selfs die begrafnis van Mandela te gebruik om te stroop. Dit is ‘n kaliber skaamteloosheid volgende vlak toe gaan. Hulle vergeet dat daar ‘n oordeelsdag kom.

Alet ·

Wahahaha hy was nog nie eers koud nie toe begin die kaders hande uitruk!!

Hennie J ·

Hierdie wiel het darem baie staaaaadig gedraai. Nou gaan die staat seker nog vra vir uitstel om verdere ondersoek te doen!!!!

Dup ·

Die grootste skande wat n kader kan oorkom is om uitgevang te word as hy of sy misdaad,korrupsie of bedrog gepleeg het.
In enige ander (Westerse) land sou die regerende party LANKAL bedank het.Maar nie in (Suid) Afrika nie;hoe groter die skandes,hoe meer prestige word behaal en hoe langer bly die betrokke party aan bewind.

Alet ·

Gaan ons ‘n kommissie kry om te ondersoek hoekom die ondersoek so lank gevat het?

MakersMark ·

Die korruptes het uiteindelik dieselfde waardes as bomplanters.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.