Politieke inmenging gaan SA sport ‘duur te staan kom’

(Argieffoto: Christophe Ena/AP)

Die minister van sport, Nathi Mthethwa, en die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor sport, Beauty Dlulane, moet dringend duidelikheid gee oor die spertyd vir openbare kommentaar oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Sport en Ontspanning wat verlede maand gepubliseer is.

In dieselfde verklaring wat deur Mthethwa se kantoor uitgereik word, word die spertyd eers as 10 Januarie aangedui en later as 28 Februarie.

“Die DA glo, veral weens die omstrede aard van die Wysigingswetsontwerp, dat 30 dae ʼn belaglike kort tydperk is om in kommentaar te lewer. Dit val boonop in die vakansietyd,” het Veronica van Dyk, die DA se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, gesê.

Van Dyk sê hulle het die minister vir meer duidelikheid gevra oor die spertyd en het terselfdertyd daarop aangedring dat die spertyd verleng word. “Ons is oortuig daarvan dat die wysigings in die wetsontwerp heeltemal te omvattend is om binne so ʼn kort tydperk te hanteer.”

Die wetsontwerp is hoogs omstrede en plaas die minister sentraal in enigiets wat met Suid-Afrikaanse sport verband hou. “Alle mag word in die minister en sy/haar gemagtigde verteenwoordigers gesetel – op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.

“Die rol van erkende sportkonfederasies word in sommige gevalle summier deur net die minister vervang. Voorts gaan sportliggame nie meer internasionale byeenkomste sonder die toestemming van die minister kan organiseer nie. Dispute sal slegs deur die minister, by wyse van ʼn tribunaal, besleg kan word.

“Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) word in wese van al sy magte gestroop. Die minister sal besluit oor die aanstelling van buitelandse afrigters. Krieket SA en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) gaan dus toestemming by die minister moet kry om buitelanders aan te stel. Selfs sportpromotors gaan in die toekoms gereguleer word,” het Van Dyk gesê.

Ingevolge die voorstelle sal die minister die enigste een wees wat Protea-kleure kan toeken en die magte van federasies sal tot blote voorstelle gereduseer word.

“Dié direkte politieke inmenging in Suid-Afrikaanse sport gaan ons land duur te staan kom.

“Dit is teenstrydig met die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK), die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Statebondspele se verbod op staatsinmenging in sport,” het sy gesê.

Volgens Van Dyk is dit ook kommerwekkend dat die minister beleid mag verander wat spankeuses bepaal en Mthethwa se uitlatings dat die demografie van nasionale spanne maatskaplike samehorigheid moet bevorder, spreek boekdele.

“Die DA gaan beslis nie sportkwotas ondersteun nie.”

Die VF Plus se Heloïse Denner het vroeër gesê die ANC het telkemale al bewys dat hy nie daartoe in staat is om die land, sy instellings, munisipaliteite en entiteite behoorlik te regeer en bestuur nie.

Sy waarsku georganiseerde sport gaan dieselfde paadjie loop as Eskom, die SAL, die SAUK en Prasa indien die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word.

Denner het gesê die VF Plus sal die Wysigingswetsontwerp op alle moontlike maniere teenstaan.

Ook die burgerregtegroep AfriForum het gesê hy gaan, sou die wetsontwerp in sy huidige vorm aanvaar word, klagtes by byna alle internasionale sportfederasies en die IOK indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Le eiertjie ·

ANC het telkemale sonder uitsondering al bewys dat alles waaraan hulle vat in n gemors opeindig. Hulle kan eenvoudig nie toegelaat word om van sport ook n gemors te maak nie.

snotklap ·

n Komministiese land moet onder alle omstandighede volle beheer uitoefen oor alle aspekte van die samelewing sodat net die regte boodskap verkondig word.

Sjina ·

Hierdie is kommunisme. Gaan kyk op n video publiseer op 4 Jan 2020 oor Sjina se inmenging met die ANC op Youtube. Dis geweldig skokkend. Kommunisme oral teen die muur geskryf. Ek wonder dan net wat gaan gebeur as MISKIEN n nuwe party gekies gaan word in SA, of altans, hoeveel inmenging die Sjinese dan gaan doen om hul huidige goeie band met die ANC te behou. Sjina koop die padda in die warm pot sonder dat enige iemand agterkom behalwe Cyril.

Vince ·

Die wêreldbeheerliggame van sport se huigelary sal dalk ook verdere ontbloot word, want hul was destyds gou om SA te verban vanweë die vorige regime se beleid, maar hul het blykbaar geen probleem nie, met die kwotastelsel wat oral in SA sport toegepas word. Blatante seleksie waar sekere etniese groepe bevoordeel word. Die wêreld word beheer deur huigelaars en geldwolwe.

André André ·

Ingelyks het die minister van basiese onderwys, Me Angie Motshekga, met haar departement se wysigingswetsontwerp wat in Desember verlede maand bekend gastel is, haar naam met ‘n plank geslaan. En dit het ook nogal verrykende gevolge. Nou wonder ek wat daarvan gaan word!

André André ·

En dit sal nou interessant wees om te kan verneem wat Graeme Smith en sy bestuur, wat sommer nou paar weke gelede in hul poste by die Proteas aangestel is, hieroor te sê het.

JohanR ·

En daar vat die ANC aan sport, en daar FLOP sport….. En daar vat die ANC aan ‘n Lasagne en daar FLOP die Lasagne….en daar vat die ANC aan ‘n boom, en daar val die hele woud in mekaar….en daar swem’n ANC in ‘n rivier, en daar droe al die werelds se riviere op. Die boodskap is om die ANC weg te hou van enigeiets, want dit FLOP net!!

Hanno ·

Gelukkig is daar individuele sporte wat nie hierdeur geraak sal word nie. Sporte waar jy as enkeling internasionaal kan deelneem. Sporte wat nie deur sportliggame in SA beheer word nie. Wie wil in elk geval groen kleure dra?

Naomi ·

Van watter sport praat jy? As enigeen die Himalajas wil gaan uitklim, of die Boston marathon wil hardloop, moet hy iewers registreer. No more proudly South African. Dis seker nou tyd om onder die pluspunt van Switserland te begin rugby speel????

LHS ·

Wat presies kan nog in SA verander, absoluut niks.Sportfederasies doen in elk geval wat hulle meesters hulle voorsê oor die laaste 25 jaar. Die grap van alles is die onkundigheid waarmee te make is. RIP.

Sic? ·

Is die ene regs nie die speaker van die volkraad of iets nie ? Het hy ook’ gespeel ?

Christophe ·

Alhoewel, die ANC (se raadgewers) gewoonlik met goeie idees opkom; is dit die unieke manier waarop implimentering vaal – wat ons altyd verstom … en ek vermoed dis ook die vrees hier. Die fondamentele plan is goed – maar kort voor lank sal dit in verval in vergrype en wanbestuur wat niemand sinvol kan voorsien nie.

Ons verwag – eenvoudig net te veel.

Ek ONDERSTEUN die beginsels van die wetsontwerp. SASCOC etc is in elk geval n gemors. En die meeste van die konfederasies en federasies (nationale uitvoerende liggame) … SA ATLETIEK, CTSASA, et al – is net net so bedenklik. Vra maar vir die talle sport atlete wat deur die sisteem geleenthede verbeur word … deur korrupsie/ tjommies / “clicks” (bantjies vir boetties) … my ervaring van spesifiek die sport skiet organisasies is baie negatief … met hulle “absolute” konstitusies, met absolute drakoniese magte (wat selfs on SA konstitusie / en alg regte ontneem) … absolute mag – korrupteer absoluut.

Ek verstaan nie die bohaai nie … ons gaan net ern korrupte stelsel onder SASCOC netwerk verruil vir n ander. Ten minste maak die wetgewing voorsienning vir aspekte soos voorskrifte vir geskil oplossing etc.

Johann cb ·

Georganiseerde sport soos ons dit ken, gaan in sy geheel gesink word! Bestaande administrateurs, afrigters ens, sal wegsplinter en sport beoefen op meriete, soos dit behoort te wees.

Kobus ·

Die ANC is besig om hul self bloedneus te slaan. Kommunisme en sosialisme is besig om die land se son vinnig te laat. Die hakker gaan gedwing word om 100m te hardloop ????????

Hennie ·

En wie gee om as inmenging ons duur te staan kom? Oral word die belaglikste besluite geneem en uitgevoer ten koste van voorspoed, Escom is hopeloos oorbevolk en oorbetaal en is vrot van bangkrotskap maar hulle gaan voort, selfde by SAL en SAUK en wie gee om? As ons sport uitloop op niks, steur enigiemand hulle daaraan? Dis hoogtyd dat ons moet ophou keer en kerm en hoop dat iemand verstand moet kry, niemand in die regerende party en andere het verstand nie. Dis hoogtyd vir ander stappe, drastiese stappe vir ‘n omkeer . . .

Sarie ·

Jy is reg Hennie, alles is ten gronde so waarom kerm oor sport? Ons sportlui veral die blankes moet maar oorsee gaan deelneem of begin privaat liggame plaaslik en keer terug na amateurstatus en speel op vriendskaplike basis teen oorsese spanne – daar sal wel borge wees vir sulke toernooie.

cr ·

Dis nou tyd vir self beskikking. Ons kan nie meer deur ‘n kommunistiese regering regeer word wat alles opvoeter nie. Ons moet nou na onsself begin omsien.

Walter ·

Afstigting. Die selfbestuur storie staan my nie aan nie. Ek stel ook nie ‘n wit Afrikaner tuisland voor nie, maar tuislande vir minderhede wat saam ‘n konfederasie vorm. En dit kan vinnig met die regte strategie realiseer. Maar Afrikaners het klaar boedel oorgegee.

TwaalfBoor ·

@cr.
Nou waar gaan jy jou lappie grond “claim” vir self beskikking broer?

Frik ·

Blankes claim en demand nie. Hulle werk vir wat hulle wil hê.

Surfer ·

KAMPIOENE ? GO BOKKE GO! Wat is dan nou verkeerd dat almal so negatief is? Rugby is mos al wat tel………

Willie ·

Ek wil my mening lig deur te Se dat daar op alle terreine van ons lewe die jaar 2020 groot verskuiwings Na links gaan wees. Ek wil nie negatief Klink nie maar sport en grond en dan veral kwotas is ons voorland. Op ekonomiese vlak gaan julle julle Se belde stuif Moet trek. Petrol gaan hewig styg en ekonomiese groei gaan na negatief beweeg. Werkloosheid gaan styg na 40 persent. Meer afdankings gaan kom. Kyk mooi na julle geld.

TwaalfBoor ·

@Willie
Dankie mnr die negatiewe “ekonoom”. Ek luister maar eerder wat Dawie Roodt vir ons voorspel.

Gertjie ·

Willie, waar kan ek ook leer omtrent die nuwe reels betreffende wanneer om hoofletters te gebruik?

AndrewL ·

Dis nou tyd dat alle sport hul reserwe gelde gebruik, voor die regering dit opeis.

K P ·

Daar moet seker gemaak wat deur drukgroepe dat sokker en atletiek uit wêreld sport verban word. Hulle eie mense sal hulle met klippe gooi

m.d.r. ·

ALLE internasionale sportsoorte het iewers in hulle grondwette ‘n klousule wat enige vorm van rassisme verbied.
SA sport kon LANKAL druk uitgeoefen het om bv verpligte sportkwotas aan die groot klok te hang.
Die probleem is net dat deelname, en veral internasionale deelname swaarder weeg as die belange van ons jeug.
Voorbeeld–as die vyf grootste skole in Bloubul land se ouers net bymekaar wil kom en besluit dathulle seuns nie meer BESKIKBAAR is vir enige verteenwoordigende span wat onder die kwotastelsel gekies word nie, is die unie in groot moeilikheid.
Die skole kan nog steeds soos voorheen teen mekaar speel, met hulle gekleurde spelers en al, maar geen verteenwoordiging in enige ander stelsel sal toegelaat word nie.
Dus word die seuns nog geensins van hulle sport beroof nie.
Die ANC het in die “struggle” jare die voorbeeld gestel—sportboikotte het hulle ook geraak, maar hulle was bereid om dit te verdra terwille van hulle doelwit.
Soos die Engelse gesegde lui :”you cant have you cake and eat it”….!

TwaalfBoor ·

@cr.
Nou waar gaan jy jou lappie grond “claim” vir self beskikking broer?

Cobus Panther ·

Stem met Swanna…her sport jou god geword…dis hoe hulle ons verdeel…Siener se vision is duidelik en nogal in 1901 gedoen wat die voorspelling nou eintlik ook waar laat word…gaan lees sy boek dan sal jy verstaan… dis maar nog net die begin…erger goed le voor…gaan lees en bid…

André André ·

Hier kom die BóKKE, Hier kom die BóKKE …. TRALALALLALA ………

bokka ·

Wat het geword van die klagtes wat Afriforum reeds ‘n jaar of twee gelede by internasionale sportliggame (die IKR is een as ek reg onthou) gemaak het? Niks weer gehoor daarvan nie.

Judge Dredd ·

Da ondersteun nie sportkwotas maar steun wel regstellende aksie. Wat is die verskil. Moenie die bedrieers glo nie.

W H School ·

Niemand het gese as ons n land ruil vir internasionaal saamspeel sal ons later die speel vir onsself kan hou nie . Topsy turvy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.