Politieke partye steun regering se Covid-plan

Lede van die afvaardiging op pad om Suid-Afrikaners uit Wuhan terug te bring.

Al veertien opposisiepartye in die parlement het hul eendragtige en volkome steun toegesê aan die regering se hantering van die Covid-19-kwessie.

Alle leiers van politieke partye in die parlement het vanoggend in Tuynhuys met pres. Cyril Ramaphosa vergader, wat hulle bedank het vir hul steun en voorstelle.

“Ek is regtig in my skik met die ondersteuning wat ons vanaf al ons politieke leiers ontvang,” het Ramaphosa tydens die daaropvolgende mediakonferensie gesê. Hy sê die regering fokus veral daarop om hulp te verleen aan die oues en armes.

Hy sê daar is baie wat Suid-Afrika kan doen om die verspreiding van die virus te bekamp en het Suid-Afrikaners gevra om self verantwoordelikheid te neem vir hul eie gesondheid en dié van die mense om hulle.

“Die siekte is besig om te versprei; dit is nodig dat ons saamwerk.”

John Steenhuisen. (Foto: Facebook)

Hy het ook onderneem dat die regering voortdurend met die publiek sal kommunikeer oor hul vordering met die bekamping van die virus.

Namens die DA het die party se waarnemende leier, John Steenhuisen, gevra dat Suid-Afrikaners saamstaan, dat ondernemings sover moontlik oop bly om dienste en werkgeleenthede te verskaf, en dat mense ophou met paniekaankope. Hy het ook gevra dat die regering sakeondernemings ekonomies ondersteun in hierdie tydperk.

Hy het die DA se volle steun aan die regering toegesê betreffende die bekamping van die virus.

Die EFF-leier, Julius Malema, het sy ondersteuners gevra om die regering ten volle te ondersteun en alle regeringsopdragte nougeset uit te voer. Hy het gevra dat die getal mense by begrafnisse en kerkdienste beperk word, en dat kerkleiers daarin die nodige leiding verskaf.

Voorts het hy kruidenierswinkels, begrafnisondernemers en hospitale gevra om nie die verbruiker uit te buit en wins te maak uit ’n noodsituasie nie. “Ook private hospitale moet plek maak vir alle siekes.”

Dr. Pieter Groenewald van die VF Plus het die regering bedank vir die eerlike, reguit en tot dusver doeltreffende manier waarop die krisis hanteer word, en die VF Plus se steun daaraan toegesê.

Hy het gevra dat veral mense met swak immuunstelsels, soos diegene wat ly aan tuberkulose en wat MIV-positief is, baie versigtig moet wees.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

katerinadiekat ·

Dis die staat se verantwoordelikheid om te sorg vir pasiente wat nie n mediese fonds het nie. My man betaal sy alie af aan mediese fonds premies elke maand. Ons moet sonder baie dinge in die lewe gaan, om dit te kan bekostig. Waarom dring Malema nie liewer aan by Ramaphosa dat hy staatshospitale op standaard kry nie??

Johan Venter ·

Ek wonder of Julius besef die staatshospitale is 100 x maal groter as die private hospitale, maar dan weet ek nie of hy vasgestel het hoeveel beddens die hospitale het nie. Ek het idee hy het dit maar so ingewerk net om die private sektor by te kom.

Johan Venter ·

Só por mens mos die mense met ‘n pomp in die ribbekas of ‘n voorarmhou of twee as dit nodig is.

Dit lyk my Chef Cyril het nou sy kokhoed (toque blanche) afhaal en bak vir eers ook nie meer kluitjies nie, maar hy het sy staatshoed opsit en ek sien daar word berig dat president Ramaphosa gedy nou met hierdie krisis, hy neem die leiding en stap nou voor.

Dis wonderlike nuus, hy word dus nie meer getrek nie, maar hulle stoot hom nou.

Jaco ·

Dis nie Cyril wat reggekom het om te gedy nie. Dis maar net ‘n relatief maklike krisis. Maklik in dié sin dat alle politieke partye in die parlement eensgesind is daaroor. Dis nie onteiening sonder vergoeding of regstellende aksie of beurtkrag of dank Gorhan af nie.

Michael ·

Die dag waneer diskriminerende wetgewing afgeskaf word teen wit minderhede daardie dag sal ek die regering steun en my samewerking gee.

Jaco ·

Wat nou van die nasionale gesondheidsversekering en onteiening sonder vergoeding terwyl die parlement nie sit nie? Ek hoop hierdie virus hou nog JARE aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.