‘Politieke steun het ontbreek’ – De Ruyter

André de Ruyter sê sy posisie by Eskom het bloot onhoudbaar geword. (Skermgreep: eNCA)

“Ek is teleurgesteld dat ek nie al die doelwitte wat ek vir myself gestel het, kon behaal nie. Die bedryfs- en finansiële uitdagings, die maatskaplike uitdagings – misdaad en korrupsie – die ontbondeling van Eskom.

“Ek is in ʼn posisie waar ek ook afhanklik is van die steun van die breër politieke ekonomie en dit is kritiek vir die sukses van Eskom in die toekoms.”

Só het André de Ruyter, hoof van Eskom, Donderdag gereageer nadat hy vandeesweek sy bedanking ingedien het.

De Ruyter sê hy is diep dankbaar dat hy met die geleentheid vertrou is om ʼn onderneming soos Eskom te lei, maar dat sy posisie onhoudbaar geword het.

Hy staan dus nou opsy om die raad die geleenthede te gee om ʼn kandidaat aan te stel wat beter toegerus is vir die uitdagings wat Eskom in die gesig staar.

De Ruyter was die afgelope ruk pal in die spervuur, met die minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, wat die aanval gereeld gelei het. Die minister het De Ruyter en Eskom vroeër daarvan beskuldig dat hulle doelbewus probeer om die regering omver te werp.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het nou vir die eerste keer op dié striemende aanvalle gereageer.

“Wat betref die omverwerp van die staat en of [De Ruyter] ʼn verraaier is, is die uitdruklike antwoord nee. Ek gaan dit nie so stel nie. Watter kommentaar iemand dalk oor ʼn individu het, dit is absoluut onbillik en ongevraag om daardie soort taal te gebruik oor iemand wat hul bes gedoen het om Eskom uit die gemors te kry waarin dit was,” sê Gordhan.

“Die meer kundige mense weet dat die gemors nie in 2019 of 2012 begin het nie. Dit het lank terug begin en daar is ʼn lang lys van mense wat aanspreeklik gehou moet word vir besluite wat hulle op die verkeerde manier geneem het.”

Gordhan sê ook Suid-Afrikaners is gefrustreerd met beurtkrag – ministers ook – en dít met rede. Volgens hom het Mantashe hiperbole gebruik om dié frustrasie te kenne te gee.

“Jy hoef nie openbare meningsverskille te hê om mense binne of buite die kabinet te ontmoedig om stellings te maak wat nie help nie en dit op ʼn tyd wat ons vertroue in die instelling en in die regering moet inboesem.

“Elkeen van ons het ʼn verskillende styl hóé ons dit hanteer,” sê Gordhan.

Na verskeie aanvalle op André de Ruyter, het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, Woensdag vir die Eskom-hoof in die bresse getree. (Argieffoto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Die hoof van Eskom se raad, Mpho Makwana, wou hom egter nié uitlaat oor opmerkings wat daarop sinspeel dat De Ruyter ʼn verraaier is nie. “Ek dink nie ek is gekwalifiseer om te bepaal of mnr. De Ruyter ʼn verraaier is nie.”

De Ruyter se laaste dag as uitvoerende hoof sal op 31 Maart wees sodat hy ʼn naatlose oorgang aan sy opvolger kan verseker.

Hy het talle boodskappe van steun van gewone mense gekry nadat hy bedank het en De Ruyter het sy gesin én Eskom se werkers bedank. Hy sê die meeste van hulle is eerlike en hardwerkende mense. “Ek het die voorreg gehad om met verstommend knap mense te werk wat ekstra werk en moeite insit om kragvoorsiening so ononderbroke moontlik te hou.”

De Ruyter sê ook hy het geen ander werksaanbiedinge ontvang nie en dat ʼn ander aanbod nie die rede vir sy bedanking is nie. “Ek is van plan om ʼn breek te neem en tyd saam met my gesin deur te bring nadat hulle die afgelope paar jaar nie veel van my gesien het nie. Hulle is geweldig belangrik vir my.”

Hy sê hy het bedank om Eskom die geleentheid te gee om die organisasie se sleutelrol om te verseker dat die land krag het, te hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Maggies ·

Ja wat, nou gaan een van hulle broers, susters, nefies of beste vriende die pos vul… ongeag of hulle die nodige ondervinding of kennis het. ‘n Kader sal daar wees.

Di ·

EK sou ook geloop het as ek hy was!!! Geen blanke het ‘n regverdige kans in enige ANC KADER poste nie. Wens hom alle voorspoed toe vir die toekoms. Jy is beter af SONDER Eskom se probleme. Volgende ANC Kader sal dit verder in die grond in dryf. Stem 100% saam dat die korrupte Regering NIE die werklike probleme wou erken nie, gooi al jare ‘n blinde oog en hoop dat die krag sal aanbly. Ongelukkig sal De Ruyter vorentoe steeds die skuld kry vir Eskom se probleme, nes alles wat in die land verkeerd gaan. “Apartheid” en Jan van Riebeeck” se skuld dat die land verwoes is, nie ZUMA en al sy korrupte kollegas nie.

Johan ·

Eks bykans, indien nie ten volle seker minister Mantashe weet nie wat “hiperbole” beteken nie, nog minder dit gebruik om homself uit te druk.

Herpiet ·

Is De Ruyter nie dalk gesaboteer die laaste ruk om van hom ontslae te raak nie?
Die ligte gaan dalk nou langer aanbly dat daar verder gesteel kan word voordat dit pikdonker afrika raak

Nicholaas ·

Ek dink ook so, en ek dink hy gaan dan die blam kry wanneer dinge erg skeef loop, dit dieselfde met die apartheid perd wat al hol rug gery is, dit n goeie verskoning om hul wan bestuur en korrupsie te verberg.

Karlahari ·

Ek glo jy is reg. Voorkomende herstel (preventative maintenance) gaan opsy gestel word en die opwekkers gaan faal.
Dit is hoe Eksdom vantevore sulke vet bonusse betaal het. Spandeer minimum op onderhoud dan lyk die begroting baie goed.

wendy ·

Ag pravin jy is ook n slang in die gras
Jy sit al lank in daai posisie en slyp jou tsnde vir n vet salaris elke maand
Julle behoort julle te skaam maar gulsig is julle
Se my hoe slaap julle saans
Bedank jy ook asb
Want is ook sltyd vol verskonings

Johanncb ·

Ek is dankbaar dat Mnr Gordhan vir hom in die bres tree! Mnr de Ruyter, ek is dankbaar vir alles wat u gedoen het om ons van krag te voorsien. ‘n Plaasvervanger gaan moeilik wees om te bekom – heroorweeg asseblief u besluit, en bly aan!

Cherokee ·

Huh? Hy, De Ruyter het gesê òns betaal te min vir elektrisiteit, en ek het nooit êrens gelees waar hy Soweto aangespreek het nie. Dink weer, en helder die keer. Wat Ghordhan aanbetref, hy is lid van die anc, ook tydens die tyd dat hulle umkhonto we sizwe gefinansier het.

Antie Sarie ·

Asseblief nie. HY het alles geruineer. Of kan jy EEN ding noem wat hy vermag het??/

Andries ·

Die regering ry nou al jare op die rug wat die vorige regering vermag het. Nou val alles uitmekaar, paaie, gesondheidsorg, werkloosheidvoorsorgfonds, munisipaliteite………..Dit is ‘n voldwonge feit dat breinkrag, inisiatief, werkskultuur, probleemoplossing, logika, kreatiewe denke heeltemaal ontbreek by die “nasie”.

Geert ·

Ja nee soos als uitmekaar val moet daar groot fout wees met die vemoeë van die klomp.

Duck ·

Wel, met 7 milj per jaar, sal ek ook so ‘n goeie berekende aftrede beplan.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien AdR se Eskom dae wel tot die val van die ANC lei sal ek my Pro Patria medalje persoonlik aan sy bors kom vasspeld.

Johan Tredoux ·

Ek glo nie aan die woord rassisties nie. Dit is n politieke woord gebruik om gesprekke te kelder. Ek glo aan die woord “rasbeheb”. Waar mens nie kan glo iemand van jou eie ras wat homself goed voordoen, kan ander waardes hê as wat hy/sy adverteer nie.

Karinb ·

Baie dankie aan mnr De Ruyter vir die puik werk wat u onder onuithoudbare omstandighede gedoen het. Mooi loop vorentoe en sterkte vir ‘n puik toekoms. Suid-Afrika het u nodig!

domheks ·

Dankie Andre! vir alles wat jy opgeoffer het om ‘n DOOIE PERD te probeer lewe gee. Maar cANCer is en was nog altyd die laaste spyker in die doodskis.

Gert ·

Die salaris is n’ hele paar miljoen per maand. Verseker sal n’ kader dit opraap. Want dit gaan oor die salaris vir kaders, nie kragopwekking nie.

Gert ·

Mantashe moet sommer self daai job vat. Seker hy sal uitblink daar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.