Pongola-trokdrywer vra nie borgtog

(Foto: @TrafficRTMC/Twitter)

Die bestuurder van die vragmotor wat onlangs by die noodlottige trompop botsing naby Pongola in KwaZulu-Natal betrokke was, bly vir eers agter tralies.

Die 28-jarige Sibusiso Siyaya het Maandag vir die tweede keer in die landdroshof in Pongola verskyn, waar hy na verwagting vandag aansoek om borgtog sou doen. Siyaya het egter dié aansoek laat vaar.

Die saak is nou tot 25 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek, sê Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag.

Siyaya staan tereg op 20 aanklagte van strafbare manslag nadat hy twee weke gelede agter die stuur van ’n vragmotor vir ongeveer 1,2 km teen aankomende verkeer gery het voordat die vragmotor ’n bakkie reg van voor op die N2 tussen Pongola en Piet Retief getref het.

Dié trompop botsing het die lewens van 20 mense, van wie die meerderheid skoolleerders, geëis.

Maroela Media het vroeër berig ’n ondersoek het onthul dat Siyaya “op ʼn gevaarlike en onwettige wyse” verskeie voertuie vir meer as ’n kilometer ver verbygesteek het, ten spyte van sperstrepe.

Die ongeluk word aan ’n bestuurdersfout toegeskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marius ·

Hierdie patetiese spul sogenaamde wetstoepassers wat onder bome sit en smul in plaas van potensiele moordenaars op die pad toesluit is direk verantwoordelik dat mense daagliks sterf aan die hand van die drek wat slagtings op die paaie veroorsaak . Dan word mense deur die apatiese hof stelsels veroordeel as hulle reg in eie hande neem .

domheks ·

Goed en wel. Maar wat van die bakkie bestuurder wat defnitief oorlaai was met skool kinders? Gestel die kinders het 50 kg elk geweeg. Dan was hy defnitief oorlaai. 50 X 20 + 1,000kg!

Ousus ·

Die bestuurder van die bakkie is ook een van die oorledenis.

Kobus ·

Sies raasbek Mabula wil nou spoorweg weer operasioneel kry en trokke van die pad af………..wonder met watter “army” gaan hy trokke van die pad af kry. Hy kan nie eers Taxi’s beheer nie.

Nico ·

Hoe kan hierdie as ‘n bestuursfout af gemaak word, die bestuurder is skuldig, hy ken die padreëls, die bestuurder van die bakkie is ook skuldig dat hy sestien kinders op ‘n oop bakkie vervoer het. Sterkte aan die ouers van die oorledenis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.