Predikantspaar ‘nie bitter’ ná gewapende rooftog

Annette en ds. Johan Besselaar van Krugersdorp het ’n gewapende rooftog voor hul huis oorleef. Foto: Facebook

“Ons is nie verbitterd of kwaad nie,” sê ʼn predikant van die Wes-Rand nadat sy vrou ernstig in ʼn gewapende rooftog beseer is. “Dit gaan goed met ons onder die omstandighede. My vrou het seer, maar ons het baie om voor dankbaar te wees.”

Ds. Johan (58) en Annette (52) Besselaar, leraarspaar van die Evangelies-Gereformeerde Kerk in Krugersdorp, het Vrydagmiddag saam met hul twee seuns en die een se meisie tuisgekom nadat hulle “sakgeld” vir ʼn oorsese vakansie by die bank gaan kry het, het hy Maandagmiddag aan Maroela Media vertel.

“Ons het Donderdag met die bank gereël om die valuta te ruil en moes dit Vrydag by die Absa in Horison, Roodepoort, gaan oplaai,” vertel Besselaar. “Hulle het ons drie keer deur die loop van die oggend gebel om te hoor hoe laat ons die geld sou kom optel.”

Hy sê hulle is 14:00 bank toe nadat hulle in Pretoria was vir hul visumaansoeke. “Toe ons by die huis aankom, het ʼn wit BMW 1-reeks met ʼn geweldige spoed op ons afgejaag gekom. Ek het eers gedink dis een van die kinders se vriende.”

Toe hulle die twee gewapende rowers sien uitklim, het Besselaar se een seun geskree hy moet wegjaag. Die aanvallers het na bewering met AK47’s op hul Nissan Qashqai losgebrand en dit 12 of 13 keer getref. “Ek dink nie hulle wou ons doodskiet nie,” meen Besselaar, “maar ons net dwing om stil te hou.”

Annette en Johan het bank toe gegaan om sakgeld vir ’n eersdaagse oorsese vakansie te ruil.

Weens skade van die skietery het die voertuig in die straat voor die pastorie tot stilstand gekom. Drie koeëls het Annette in die bene getref, waarvan een haar man se knie beseer het. “Sy het baie seergekry,” vertel hy.

Een koeël het agterin my vrou se sitplek vasgeslaan en die res het nie een hoofslagaar getref nie, wat absoluut ʼn wonderwerk is.

Die rowers het op hulle geskree om “the money” te oorhandig. “What money? We don’t have a lot,” het Besselaar geantwoord in ʼn poging om hulle te verwar. Hy en sy een seun het toe reeds hul beursies by die venster uitgegooi sodat die kontant wat daarin was, weggewaai het. Sy vrou het haar kontant weggesteek.

In dié stadium het voertuie in die straat voor hul huis begin ophoop, vertel Besselaar. Hy vermoed dit het vir die rowers gevaarlik begin lyk. Hulle het sy vrou se handsak gegryp en goed uit die kattebak gevat, ʼn paar skote in die lug geskiet en weggejaag.

Besselaar sê hy en sy gesin het baie om voor dankbaar te wees. “Een koeël het agterin my vrou se sitplek vasgeslaan en die res het nie een hoofslagaar getref nie, wat absoluut ʼn wonderwerk is.” Hy het gebloei, “maar in vergelyking met hoe seer my vrou gekry het, is my besering minimaal”.

Hy vertel Annette sal “nog ʼn rukkie” in die hospitaal moet bly omdat sy baie weefselskade opgedoen het. “Hulle het die senuwees geheg en sy het klaar beweging in albei haar bene.”

Hy is baie dankbaar vir almal op die toneel se hulp. “Groot dank aan omstanders, vriende, vreemdes vir bystand om haar been af te bind om bloeding te stop en ander wat met haar Pinehaven-hospitaal toe gejaag het.”

Sers. Tshepiso Mashele, woordvoerder van die Krugersdorp-polisie, vra enigeen met inligting oor die voorval moet die plaaslike polisiestasie by 011 951 1152 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Carl ·

Ek glo ABSA sal hulle volle mag en geld ingooi om die krimineel binne die bank vas te vang. Beslis ‘n informant by die tak.

Han ·

Stem volkome saam. Insight job. N bank skakel nie so nie. Die mense moes besef het iets is verkeerd. Hoop die polisie besef dit. Hoekom wag die motor al en weet van die geld.

Santjie ·

Hiermee stem ek 100% saam, want hoekom sou die amptenaar 3 keer bel om te hoor wanneer of hoe laat kom haal hulle die geld? Johan, gee maar die bank amptenaar wat so aanhoudend gebel het se naam deur.

Rudie ·

Defnitief n inside job, laat die polisie die bank personeel ondersoek

Elize Nicholas ·

Die bank moet almal se mobiele fone en landlyne forensies laat ondersoek en so uitvind wie in die bank het drie oproepe na die egpaar gemaak om hul geld te kom afhaal. Dit is baie verdag.

Bren ·

Die bank teller en persoon wat hul so gebel het moet ondervrae word. Daar is verseker ‘n “inside job”. Dankbaar dat hul met hul lewens kon wegkom.

Se net ·

Ja verseker…want hoekom wou hulle weet hoe laat hulle die geld kom haal……hoekom is die ander mense op die toneel nie ook.beroof nie…..iets maak nie sin nie….gaan soek daai bankamptenaar en kla die persoon aan

Jessica ·

INSIDE JOB, TELLER WHO CALLED THEM WHEN THEY COLLECTING, WHY CALL SO MANY TIMES, MUST BE TO CALL THE ROBBERS TO LET THEM KNOW WHAT TIME THEY COLLECTING, AND ONE OR TWO STANDING INSIDE WAITING FOR THEM SO THEY CAN FOLLOW THEM OUT AND BACK HOME, QUESTION THE TELLER.

andre ·

Inside job!ABSA, Horison staf het bes moontlik die info deurgegee…….

Ursa ·

die polisie moet by ABSA bank begin met hul onersoek, hier is ‘n groot stink rot

Koos de Meyer. ·

Begin maar by die bank. Hoekom het hulle 3 keer van die bank af gebel om te hoor hoe laat kom hulle die geld haal. Kry maar die persoon WAT gebel het.

DIENS ·

Klink vir my of iemand by die bank betrokke is by hierdie roof. Sterkte vir julle, glo jou vrou sal sommer vinnig herstel.

Al ·

Die banke moet mense met integriteit aanstel, maar nee BEE en regstellende aksie is mos die inding!

Annelize ·

Al, ongelukkig het integriteit, trots, bekwaamheid, noem maar op, by die agterdeur uitgeloop toe BEE en REgstellende aksie by die voordeur ingeloop het…

LHS ·

Ds ek aanvaar jy ly nog aan skok of is onder baie sterk medikasie want om net te dink daaraan dat hulle julle net wou laat stop en nie wou doodskiet nie dui op algehele onkunde of plain eenvoudig net onnoselheid. Los nou maar bietjie die voorgee en voorhou en wees realisties.p

Gerrit ·

Of dalk is hy nie, né? Dalk is hy ‘n persoon wat Christus-vervuld is en die Bybelse beginsel van vergifnis prakties uitleef, né?

Eish ·

Beslis bank, hoekom bel hul om seker te maak wanneer hul dit kom afhaal? Ons het ook al geld by bank geruil, niemand het ons geskakel!

Johann ·

Hulle is beslis beter mense as ek, ek weet nie hoe ek so iets sal verwerk nie

Ella ·

stem saam . wees tog realisties. ons leef lankal nie meer in lalaland nie. defnitief inside job.

BLOM ·

Ek haal my hoed vir hierdie egpaar af, want ek sou beslis “bitter” gewees het.
Baie dankbaar hulle lewe nog.

Hans ·

Nie kwaad en verbitterd nie-ek kan dit nie verstaan nie. As iemand op my skiet om te beroof sal ek so verby kwaad wees dat ek dit nie in woorde kan beskryf nie.

Lindie ·

@ Hans, waarskynlik sal dit nog kom soos hulle deur Die trauma werk. Tans is daar te veel dinge wat onmiddelike aandag vereis.

Pieter ·

Ek dink die twee mense lewe in ontkenning. Miskien kan die houding in ‘n normale sawelewing ‘n voorbeeld wees vir ons gewone mense maar hier was hulle maar net nog die slagoffers van hoeveel soorgelyke aanvalle in huise, plase en besighede. Tyd dat ons mense vuur met vuur vergelde.

Wilma ·

Stem saam Ursa, as die polisie nie by ABSA gaan begin nie, kan hulle net sowel glad nie begin nie!

Johan H. ·

Nee wat ds… jou professie dikteer jy moet nou verggewe want wat gaan die gemeente se. Rialiteit. Jy mag kwaad wees want dis nie normaal nie. Sien ieg n sielkundige!!!

Frans C ·

Help my uit want ek weet nie wat jy hier probeer sê nie.

Gerrit ·

Of dalk het jy nog net nooit ‘n ware Christen ontmoet nie?

Ekke ·

Bankamptenare se selfoon rekords moet nagegaan word. Gaan nie te moeilik wees vir die polisie om hierdie klomp vas te trek nie!

Ek se maar net ·

Hoekom het hulle gaan geld ruil. Ons is nou al 2 maande oorsee en het net n R1000,00 geruil by die lug hawe en die res gebruik ons, ons Visa kaart

Annie ·

Hoekom reël met Absa? Stap by enige valuta agentskap in en jy stap uit met jou buitelandse geld. Meeste bankkaarte kan jy by enige teller oorsee trek.

Annelize ·

ONGETWYFELD ‘n “inside job”.

Hoekom het daar 3 KEER iemand van die bank gebel om te hoor wanneer gaan hulle die geld kom haal? En hoekom is daar spesifiek op hulle afgepeil in die straat en hoekom is daar spesifiek vir geld gevra? Want die rowers het GEWEET hulle het buitelandse valuta by hulle, want daar is ‘n informant in die bank, wat hulle al die inligting gegee het. Die betrokke Absa tak se oproep data moet nagegaan word, die ondersoek moet begin by die werknemer wat so knaend was. Gewoonlik is hulle so verdomp treurig by Absa dis om van ‘n aar te bars, en hier word hulle 3 keer agtermekaar gebel.

jaco ·

inside job: dit kom nou van regstellende aksie, waar GEEN agtergrond checks gedoen word nie en GEEN aandag gegee word aan opleiding en ondervinding nie.

Vakansietjie ·

Predikantspaartjie het lekker baie geldjies vir oorsese vakansietjies nê. Duidelik betaal almal in Krugersdorp hul tiendes. Mooi hou so aan. Julle sal geseend wees.

Donnie ·

Nou mag predikante nie oorsee gaan vakansie hou of geld in hul besit he nie? Waar val jy uit. Die mense kon dood gewees het met hul kinders en jy is bekommerd omdat hulle ‘n predikantspaar is wat wil vakansie hou. Skandalig. Geen wonder ons kom nerens met ons ou volkie nie

Celia ·

Rerig wat het dit met jou te doen waar hulle geld kry vir n vakansie dalk lank gespaar, sies skaam jou.

Gerrit ·

Ek bly reeds 7 jaar in die buiteland en kyk as’t ware van buite na binne. ‘n Opmerking soos “Vakansietjie” s’n laat my maar net weereens besef hoe swarig dit met die Afrikaner gaan wat nooit die son oor ‘n ander wil sien skyn nie.

MTSteyn ·

Presies dieselfde ‘mens’ wie Johan Besselaar vertrou: Jesus Christus! En verder plaas jy die res van jou vertroue in wie Jesus Christus jou opdra gee om te vertrou: niemand, nie eers konings of prinse nie.

Onnie ·

Inside job!! Kry net die een wat so aanhoudend gebel het. Hulle voer die inligting en deel in die winste. ABSA sal hul sokkies moet optrek as dit by hul personeel kom. Jy kan nie kriminele huisves in ‘n bank nie. Ons sal nou sien of ABSA gaan optree teen hierdie persoon en ‘n voorbeeld van hom/haar in die openbaar maak on sodoende voornemde kriminele af te skrik. Dit sal ons wys of ABSA omgee vir hulle kliente se veiligheid. Want die gaan nie net oor geld nie, mense se lewens is in gevaar!

Hoe nou....... ·

Baie sterkte aan julle – Dominee, julle is defnitief beter mense as ek – ek sou dit waarskynlik verloor het! Hoop julle sterk gou aan.

Danette ·

Ek het twee maande terug valuta gekoop by ‘n ABSA in Pretoria. Hulle wou ook weet hoe laat ek dit gaan oplaai, sodat hulle kan verseker dat daar die regte hoeveelheid beskikbaar is. Gelukkig was alles veilig, maar ek sal verseker nie weer sulke reëlings met die bank tref nie.

Lee Randburg ·

Ek gaan jaarliks oorsee en het nog altyd net my kaart gebruik. Baie veiliger!! Begin by Absa, dis nie so moeilik om skuldiges aan te keer!!

Riena ·

ABSA Horison moet miskien ge”spur” word?
Ons is nie veilig daar nie, wat nog te praat van ons geld!

Molly ·

Jy ruil nooit jou geld by die bank nie – jy doen dit by die lughawe die dag wat jy vlieg, ai tog

Hector Jooste ·

Begin die ondersoek by ABSA (Horison, Roodepoort). Dit is baie duidelik ‘n “inside job”.

wraggies ·

Vrou drie keer in bene geskiet, kan net dink watse skade dit gedoen het, bereid om met AK aanvalsgewere los te brand op ‘n familie in ‘n bewegende kar maar wou niemand doodskiet nie, baie hoflike aanvallers, moenie kwaad wees nie.

Johann du Toit ·

Moet nie te veel hoop plaas op ABSA se hulp met die opspoor van die informant nie.
‘n Maand gelede was ek by ABSA San Tyger sodat hulle my kon help om my banksake voortaan elektronies te doen. ‘n Afrikaanssprekende dame het my gehelp en sy was hulpvaardig en vriendelik .
Twee dae na my besoek bel ‘n Engelssprekende ABSA dame my om my mee te deel iemand het ‘n item ter waarde van R200 op my kredietkaart via die Internet gekoop. Sy bel net om seker te maak ek het die item aankoop. Nee ek het nie.
Die volgende dag bel ‘n ander Engelssprekende ABSA amptenaar my. Iemand het elektronies toegang tot my rekening probeer kry. My rekening is ge-block en om dit te unblock vra sy my wat my password is. Ek weet ABSA vra nie wat jou password is nie. Ek skakel toe die telefoonnommer van die persoon wat my so pas gebel het. Dit was die ABSA skakelbord. Ek vra om deurgeskakel te word na hulle misdaad afdeling. ‘n Man wat nie Afrikaans verstaan nie het my klagte aangehoor. Sy mening was dat dit beslis nie ‘n ABSA personeellid was wat gebel het nie en dat die skelms daarbuite glo hulle telefoonnommers geclone het, die rede hoekom my selfoon die ABSA nommer geristreer het. Daarmee was die saak volgens hom afgehandel.

Nicci ·

In ons dorp ook vroeër die jaar gebeur. Afslaers is ook meer as een keer gebel om te hoor wanneer word die geld afgehaal. Ook beroof deur 3 met aanvals gewere net toe hul by hul kantore kom.

aj ·

Dring aan op formele id van bankamptenaar wat jou help … dit sal VOORKOM dat hulle misdaad pleeg.

‘Joy’ or ‘Patiemce’ ens op ‘n naambordjie is niks werd nie. Hulle moet ‘weet’ hulle word gemoniteer!

Jeremia ·

Snaaks hoe baie “inside jobs” daar is én hoe mense hulle doodeenvoudig net nie daaraan steur om veiligheid eerste te stel (bo bv. gemaksug) nie.
Dit begin gewoonlik sommer tuis want wanneer die misdadigers opdaag weet hulle al waar is die kluis. Boonop weet hulle ook wanneer om op te daag.
Dan is daar nog die banke se amptenare wat ‘n onrusbarende gewoonte het om inligting uit te deel.
Almal kry natuurlik ‘n deel van die buit.

Lynette ·

Almal neem aan die 3 oproepe was van Absa. Ek glo iemand binne Absa het die informasie oor die geld aan die skelms oorgedra maar dit kon moontlik die skelms wees wat die oproepe gemaak het, nie waar nie?

Ondersoek ·

Maroela Media moet dringend hiedie kommends met ABSA op vat dat ons weet wat aangaan .Moet mense hulle sake na n ander bank vat bye bye ABSA

Melanie ·

Te midde van die vreeslikste ervaring wat ‘n familie kan deurmaak, mense wreedaardig behandel en besittings geneem, sal daar tog iemand wees wat neerhalende kommentaar lewer. Vakansietjie, hoe laag kan jy gaan? Voel jy nou trots op jou kommentaar?

Ds.mag maar!! ·

Genieg al gesê oor absa (ja ek stem soek daar) maar vir die suurknolle wat aangaan oor hul vakansie want o tog dis n ds! Flip mense! Jul weet nie wat die omstandighede is nie! Hul het dalk jare gespaar/erfgeld/ hard gewerk! Gun hul dit!!! Die feit dat hul die ‘onkunde’ gehad het van geld by bank ipv kaart of lughawe ruil is dalk n bewys dat hul dit nie jaarliks doen nie. Ai ek hoop hul kan wel daar oor die waters uitkom. En geniet dit dan, sonder skuldgevoel.

Se maar net ·

Regtig Anton?? As jy jou geld op n eerlike manier verdien en spaar terwille van n welverdiende vakansie..hoekom jou horison beperk? Waar jy gaan het verseker nie jou toestemming nodig nie! Wat die klein kindertjies sonder kos in squatter kampe betref…dalk moet hulle maar by die regering aanklop vir kos want dis hulle wat gehelp het met ons oorvol bevolking of laat ek eerder se immigrante!

Natascha ·

Hul moet selfone by die bank verbied. elke persoon wat werksaam is moet hul sel inhandig en mag dit eers tee tye en eetenstye kry. als gebeur binne die bank. Hul moet sommer alle selfone binne al die werksplekke belet.

Natascha ·

Hi Anton, ja ongelukkig is die lewe maar straf. Maar sommige mense spaar hard om wel n welverdiende ruskans te kry. As jy n geldjie het om weg te sit, gun dit vir die mense. Die van ons wat dit nie kan bekostig, wel, sorry. Tenminste het ons nog n dak oor ons kop. Ons het soveel ander goed om voor dankbaar te wees. En kom ons gun ander wat hul toekom.

Johan Bester ·

Ek doen nie besigheid met Absa nie.Net teveel dinge van hul gehoor.Jy hoef nie n polisieman of speurder te wees om te weet dis n binnekring werkie.
Raai wat n blanke sal ook betrokke wees.
My volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis.As my volk net weer ons Hemelse Vader sal dien en aanroep kan hy ons land in een oomblik genees.

MCS ·

Waarom bank toe gaan. Die geld kan by jou woning deur koerier af gelewer word.n mens hoef nooit n voet in n bank tesit. Maar dit is ook nie tese dit kan dan ook nie gebeur nie. Die land is hopeloos en vol boosdoeners.

Amanda ·

Hierdie is defnitief inligting wat van binne die bank gelek het. Die polisie moet eerste daar begin soek. Hoe weet die rowers dat hierdie man en sy vrou geld gaan haal het. Ek ruik ‘n rot! Ek hoop dat ABSA al hulle werkers laat ondervra want mense se lewens is in gevaar met die gemors wat binne die banke hul kollegas daar buite waarsku. Ek haal my hoed af vir Ds Bessellaar en sy vrou wat so vergewens gesind na met hul trauma. Sterkte aan Mev Dominee en ook aan Ds en hul gesin.

jakes ·

Dit is nie net ABSA wat kriminele in hul geledere het nie, die ander banke is ook vrot van hulle. Dit word net nie wyd en syd verkondig nie.

susan ·

Ds wou geldtjie spaar deur nie bankkaart te gebruik. Snert man almal werk hard dokters boere bank amptenare mag ook maar almal het spanning maar almal het nie oorsese reise geld nie……

Piet die Mamba ·

ABSA WAT IS JULLE KOMMENTAAR??????????????????????
HIERDIE GEBEURTENIS IS SKANDELIK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Absa sien my nooit weer ·

Geen bank sal jou bel om jou forex te gaan haal nie. Mense moet nie so goedgelowig wees nie.
Waar ek bank, is hulle fantasties om jou te bel as jou kaart dalk gekloon is of om uit te vind of ‘n sekere transaksie wat op ‘n logaritme uitgegooi word as buite jou gewone spandering-patroon, korrek is en kan gedebiteer word.
Trek eerder rande hier en ruil oorsee of trek daar sommer in die geldeenheid van die land.

Melanie ·

Jakes jy is heeltemal reg. Ek het baie jare by ‘n bank gewerk.

Frans C ·

Dat ‘n bankamptenaar betrokke was,aangesien 3 oprope gemaak is omtyd vas te stel,lyk na ‘n uitgemaakte saak.Die berig sê egter nie hoeveel geld betrokke was nie,want dit is moeilik om te verstaan dat rowers so waashalsig sou optree as dit nie vir hulle die moeite werd was nie.

Elize Nicholas ·

Die bank moet almal se mobiele fone en landlyne forensies laat ondersoek en so uitvind wie in die bank het drie oproepe na die egpaar gemaak om hul geld te kom afhaal. Dit is baie verdag.

Nettie ·

“Inside job” beslis – maar nie noodwendig by ABSA nie; dalk ‘n “nanny” wat gehoor/gesien het dat daar gróót geld by die huis gaan wees.

James ·

So: Iemand vuur op jou met ‘n AK-47, maar jy glo nie hulle wil jou doodskiet nie….

Stalin was korrek: “godsdiens is die Opium vir die massas.”

Frans C ·

“Religion is the opium of the people’ kom van Karl Marx af.Dink kom uit sy inleiding in werk
‘A Contribution to the Critique of Hegel’s Philosophy of Right,’ wat na sy dood gepubliseer is.

Linda ·

Hierdie spesifieke ABSA Bank is 2 kms van my af. Ek het altyd gedink dis beter om daar geld te gaan trek want jy ry binbe in n spesiale parkeer area in en sien wagte orals rond staan. Nou weet ek nie of ek ooit weer met my motor daarin wil of kan ry nie !!!! Netnou word ek ook geskiet !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.