President vra dieper nadenke op Menseregtedag

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het op Menseregtedag ’n beroep op alle burgers gedoen om te verenig in die nasionale poging om die vinnige verspreiding van die koronavirus hok te slaan en uiteindelik die pandemie te bekamp.

“Ons vier Menseregtedag in ’n buitengewone tyd vir ons land en die wêreld, terwyl ons stoei om die verspreiding van die nuwe koronavirus (Covid-19) te bekamp,” het president Ramaphosa gesê.

“Die bedreiging wat hierdie gedugte teëstander inhou, het ons gedwing om ongekende stappe te doen om die mees fundamentele mensereg van almal te beskerm, en dit is die reg op lewe.”

Menseregtedag word in die land gevier ter gedagtenis aan die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960 toe inwoners van Sharpeville en burgers van dwarsoor die land betoog het teen die Pasboekwet. Polisiebeamptes het tydens die betoging 69 mense by Sharpeville doodgeskiet en talle ander is in ander dele van die land dood. Dit is vanjaar 60 jaar sedert die Sharpeville-slagting.

“Ongelukkig gedenk ons die dag hierdie jaar nie soos gewoonlik deur in ons getalle bymekaar te kom soos met die viering van ons nasionale dae nie. Die verbod op byeenkomste van meer as 100 mense is vir die gesondheid en veiligheid van almal,” het die president gesê.

“Hierdie ontwrigting is een van die vele noodsaaklike ingrypings wat ons moet aangryp omdat ons land ’n uitdaging in die gesig staar wat eenheid, maatskaplike samehorigheid en persoonlike dissipline onder alle Suid-Afrikaners verg.

“Die reg op lewe, op gesondheid en op ekonomiese aktiwiteite word bedreig deur ’n virus wat ons noodsaak om ons gedrag as ’n nasie dramaties te verander. Dit vereis verder dat ons na onsself en die wêreld om ons moet kyk op wyses wat ons ons nog nooit tevore voorgestel het nie.”

Volgens Ramaphosa kan Suid-Afrikaners groot krag put uit die manier waarop hulle as ’n nasie saamgespan het.

“As hierdie koronavirus enige positiewe nalatenskap kan laat, moet dit wees dat ons almal nader aan mekaar gebring is, nie net ter wille van oorlewing in hierdie oomblik nie, maar ook vir ons toekoms as ’n nasie wat bestem is om hierdie uitdaging te bowe te kom.”

Die tema vir Menseregtedag 2020 is “Die jaar van eenheid, sosio-ekonomiese vernuwing en nasiebou”. Volgens Ramaphosa is dit ’n oproep tot daadwerklike optrede vir ons almal om ’n rol te speel in die herstel van elke landgenoot wat deur die koronavirus geraak word en die herstel van die land se ekonomie weens die wêreldwye pandemie.

“Laat ons vandag geïnspireer word deur die sekerheid wat die mense van Sharpeville en Langa geïnspireer het: dat hulle sou oorwin. Hulle het wel oorwin. En so sal ons ook, ” het die president afgesluit.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SomeOne ·

ons het almal die reg om te lewe, waarom word die moordenaar virusse nie ook aangevat nie

Cherokee ·

Someone, ek dink die ene wat so graag duim-affe plant, verstaan nie altyd werklik wat gesê word nie.

Johan Venter ·

President Cyril Ramaphosa:
“Menseregtedag word in die land gevier ter gedagtenis aan die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960.”
Ek:
“Met ander woorde mnr die president, die ander mense in die land, soos ek wat dit nie herdenk nie, word nie hul menseregte gegun nie.”

President Cyril Ramaphosa:
“Die reg op lewe, op gesondheid en op ekonomiese aktiwiteite word bedreig deur ’n virus wat ons noodsaak om ons gedrag as ’n nasie dramaties te verander.”
Ek:
“Met alle respek mnr die president, ons was reeds diep in die moeilikheid voor hierdie krisis. Die virus gaan dinge net erger maak en daar is nie veel wat ons daaraan kan doen nie. In plaas daarvan dat julle, die ANC-regeringsleiers, die land eerste gestel het toe julle die geleentheid gehad het, was julle meer besorg oor jul eie politieke agendas.
My voorstel is dus mnr die president, dat julle jul gedrag dramaties verander en oor jul Kommunistiese Sosialistiese ideologie herbesin.”

Michael ·

Ons sal ook oorwin die diskriminerende wette om teen die wit minderhede te diskrimineer in die werkplek en op die sportveld en as ons dit oorwin dan kan ons as gelyke burgers in hierdie land ook menseregte vier.

Roggeveld ·

Sharpevilledag, ‘n dag wat vir politiese redes deur die regime misbruik word. Hoekom leer die ANC nie eerder sy mense om die regering van die dag te respekteer, en nie hulle met geweld te probeer oorrompel soos wat by Sharpeville gebeur het nie? Enige persoon wat bedreig word, sal optree soos wat die SAP destyds gedoen het.

Jr ·

Ooh nou moet ons vereenig maar ons is” rassiste , land diewe , foreigners , vermoor aangerand. Het gun regte maar nou moet ons “een ” wees. I don’t think so Syrypy Cyril.

Johan Venter ·

Ek gaan gou 4 uur vanmiddig Spar buiteverkope toe om 6 biere te koop, daar sien ek als is stil, deure toe, by die Spar sê hulle my hulle het opdrag ontvang dat alle buiteverkope se deure moet vandag teen 1 uur nm sluit, ek ry entjie verder na Liquor City toe, daar dieselfde. Ek is nie gepla nie, maar waarom ek dit hier skryf is omdat almal van die ANC regering en polisie beduie die afgelope paar dae tye en siedaar word die mense vandag met die broek op die knieë gevang.

Volgende keer weet hulle van beter.

Johan Venter ·

Mnr Ramaphosa, jy en jou ANC-regering kry nie eens die basiese kommunikasievaardighede reg nie. Vir my gaan als oor ingesteldheid en waardes.

Ek sal bly wees as jy hier langs my kan kom sit en dan lees jy weer jou hele boodskap op menseregtedag voor. Ons neem als op band vir herverspreiding aan die media en dan dissekteer ons dit wat jy gesê het, daardie presiese woorde, uit jou perspektief en dan uit my perspektief. Ons gaan spesifiek wees, nie in raaisels praat nie, maar dat elkeen dit kan verstaan en daar nie misverstand met interpretasie is nie.

Dan beredeneer ons wat jy in gedagte het oor wie ‘n kentering en Damaskusoomblik moet ervaar om die ekonomie reg te ruk. Wat moet hulle verander, moet daardie wat nie met julle Kommunistiese Sosialistiese ideologie saamstem nie, ‘n kentering ondergaan of, julle?

Vervolg …

Johan Venter ·

Vervolg van vorige kommentaar:
Kom ons gesels nou oor die virus en wat julle als vorentoe beplan vir die inwoners wat julle nie vir ons vertel nie, watter kentering en Damaskusoomblik het julle ingedagte moet hulle ondervind? Is dit om ontvankliker vir jul ideologie te wees sodat julle kop omlaag kan voortstorm op jul destruktiewe pad?

Dus het jou hele boodskap en retoriek oor julle, die ANC kaders en jul ideologie gegaan en nie oor die welvaart en menseregte van die burgers nie.

My gevolgtrekking: “As julle ernstig is oor die toekoms van die inwoners van die land, sal julle as regering bedank”.

Cyril, kom ons gaan nou op die knieë en dan vra ek vir Oom Angus om voor te gaan in gebed….

Yvonne ·

Tragies dat menseregtedag nie noodwendig dit vir die mense beter gemaak het nie…..sit op straat hoeke met hoop iemand gee n ‘piece job’ dit is tragies verby ons land is gebroke

Hoe nou? ·

LOL. So when this virus is “conquered”, will it be a victory for the 13068, (no wait, 13069 in the time I typed this) people who’s loved ones were killed by it, to date? With human rights comes responsibility. Such as, the responsibility to protect animal rights. How long have world leaders been warned of the global risk of “wet markets”? What was done?
You failed.
From The WHO to Heads of State, you failed to proactively address the obvious threat and still fail to acknowledge the lesson this virus (and the ones before it, SARS, MERS, H1N1, Ebola) wants to teach humans. Instead, beat your chests , declare war on it, vow to defeat it. Until next time? Ignore the simple lesson at our peril and knock yourselves (and us) out!
Stop all the Neanderthal rhetoric and heroics. Super wealthy world leaders living on fluffy clouds, detached from reality, this is a call for you to join us here on planet earth and do the freaking jobs, taxpayers pay you to do!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.