Pretoria-ongeluk eis 4

Foto verskaf deur Netcare 911

Vier persone is Sondagmiddag in Pretoria dood toe ʼn motor ná ʼn ongeluk aan die brand geslaan het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê paramedici is kort voor 15:00 na die toneel in Soutpansbergweg ontbied. “Twee motors was in ʼn botsing betrokke en een motor het aan die brand geslaan,” het hy gesê.

ʼn Man en ʼn vrou het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. “ʼn Egpaar uit die ander motor het kritieke beserings opgedoen en hulle is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling, maar hulle het kort ná hul aankoms by die hospitaal aan hul beserings beswyk.”

Omstandighede rondom die ongeluk word deur die SAPD ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Linda Enslin ·

Soutpansbergweg is al lankal ‘n tweede kayalami. Dit was net ‘n kwessie van tyd vir ‘n baie ernstige en noodlottige ongeluk soos die. Veral vroeg oggend en in die middae na spitstyd

Arina ·

Wat maak dit saak presies waar dit gebeur het.
Dink eerder aan die familie en hoe dit voel om vir jou 13 jarige te se sy sussie is oorlede. Hulle gaan nooit weer kan chat of hul diepste geheime deel nie.

Charl Bester ·

My dogter en haar verloofde was heel eerste op toneel.Dit het agter hulle gebeur.
Hulle het mense uit die brandende kar gered en die een kar van die ander een efgesleep sodat hy nie ook brand nie.
Chane en Ivan julle is helde

Ilze ·

Arina, toevallig ken ek die mense. Dis een van my oud onderwysers se seun. Vrek weet ander mense kan MM reghelp maar jy vra dit???

Arina Esterhuizen ·

Ilze
En my seun se stiefsussie was ook een van di oorledenes op di toneel. Polisie se ni regtig presies wat gebeur het ni. Ons wil so graag verstaan. En om te sien hoe jou kind se hart breek en jy het ni antw ni..dis onbeskryflik moeilik.

Hartseer ·

My seun is verby hierdie ongeluk en sê ‘n kind het verskriklik by een van die voertuie gestaan en huil. Ai dit is verskriklik!

Tina de Lange ·

Onbeskryfbaar jammer vir die wat agterbly ????

Maar dis of sommige mense totaal besete raak met hul spoed,dis iets verskrikliks waar ek ook bly in pretoria, soos wat die karre van vêr af,hul snelheid versnel, om tof net GOU by die GROEN ROBOT te kan deurjaag,voor hy ROOI WORD BY Ñ LAERSKOOL…!!!!?

amanda ·

is ook daar gewees toe dit gebeur het!! om te sien hoe di lyke id pad gele het en tervergeefs hoe om te kyk om n oom aan di lewe te prbr hou, ! dink ni een van hule was dronk ni!! gelyk na ordentlike mense!!

Chanre ·

Hoe het dit gebeur? Dit is so hartseer om te lees. Sterkte aan hulle familie

DV ·

All le sterkte strekte vir die famielie.
Moet nooit vergeet van die bestuurder wat beheer oor voertuig verloor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.