Private sektor transformeer steeds nie genoeg

“Ons weet al te goed wat gebeur het toe ras gebruik is om die meerderheid Suid-Afrikaners uit te sluit en ons moet aktief waak teen die terugkeer van houdings waar aangeneem word dat die kleur van iemand se vel op bevoorregting of benadeling dui.”

Dít volgens pres. Cyril Ramaphosa in sy gereelde nuusbrief, waarin hy ook sê dat dit nié beteken dat ras kan en moet verontagsaam word nie. “Ons Grondwet bevestig dat ons ʼn nasie van uiteenlopende kulture, gelowe en tale is – en dit bevestig ook ons reg op selfuitdrukking en selfidentifikasie.”

Ramaphosa het gesê die diep verdeeldheid wat apartheid veroorsaak het, moet nog oorkom word. Volgens hom is die herstel van ongeregtighede steeds ʼn belangrike deel van regeringsbeleid – of dit nou grondhervorming, regstellende aksie, of ekonomiese transformasie is.

Hy het gesê die land het sedert 1994 groot vooruitgang op dié gebied gemaak, maar dat baie Suid-Afrikaners steeds die hekkie na ware nierassigheid moet oorsteek.

“Of dit nou weerspieël word in die interne dinamika van politieke partye, of uitdrukking vind in die briewekolomme van koerante, ʼn mens vind steeds ʼn huiwering deur sommige om te aanvaar dat Afrikane, wittes, Indiërs en bruin mense almal ʼn gelyke plek in die samelewing het,” het Ramaphosa geskryf.

Ramaphosa het gesê daar word sedert 1994 gewerk om transformasie te bevorder deur gelyke indiensneming en swart ekonomiese bemagtigingsbeleid, asook deur voorkeurverkrygingsprogramme en inisiatiewe soos dié vir swart nyweraars.

Volgens die president probeer die regering ook die staatsdiens hervorm om die land se demografie te weerspieël. “Terwyl ons die staatsdiens probeer herbou, ook staatsbeheerde ondernemings, strewe ons daarna om mense aan te stel wat bevoeg, gekwalifiseerd en eties is en wat die waardes van die staatsdiens uitleef – of hulle nou swart of wit, mans of vroue is.”

Ramaphosa het gesê dié vooruitgang word egter nie in die private sektor weerspieël nie. Volgens hom dui ʼn verslag van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming wat in Augustus bekend gemaak is, ten beste op swak voldoening aan wetgewing, en ten slegste op blote verontagsaming van wetgewing daaroor.

Die boonste vlakke van die bestuur van private maatskappye word steeds deur wit mans oorheers, hoewel hulle slegs 5% van die ekonomies aktiewe bevolking beslaan. Afrikane maak net 15% van topbestuur uit, ondanks die feit dat hulle 79% van die ekonomies aktiewe bevolking is.

“Die sakesektor moet dringend introspeksie doen. Ons transformasie-agenda kan nie slaag nie tensy ons saam werk om die deelname van alle Suid-Afrikaners aan ons ekonomie te verbreed. Dít begin in die werkplek,” het Ramaphosa gesê.

“Swak arbeidsverhoudinge word aangevuur deur persepsies – wat deur die Gelyke Indiensnemingsverslag gestaaf word – dat swart werkers na die fabrieksvloer verban word, terwyl wit werkers bestuursposte beklee. Dié ongelykheid het lelike gevolge wat betref verskille in inkomste, met swart werkers wat altyd net ʼn deeltjie verdien van dít wat wit werkers en bestuurders verdien.”

Ramaphosa het gesê die bevordering van swart en vrouewerkers moet ʼn prioriteit vir maatskappye wees en dat hulle meer moet doen as om net aan wetgewing te voldoen.

Hy het gesê Suid-Afrikaners moet verseker dat almal die kans kry om aan ʼn beter land te help bou.

“Ek doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om mekaar as gelykes te behandel en verby hulle vooropgestelde idees van mense te kyk op grond van hul velkleur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Anti DA ·

Dankie Mnr. die flou makou , ons glo en sien alles. Hoe meer leuns oor vertel word, raak dit nie altyd die waarheid nie. Dis net hansworse wat jou nonsens sal glo.

Schalk ·

Nee Nee Nee. Jy praat snert Cyril. Julle sit soos bosluise op die bees…. En as daar nie meer bloed is om te teer nie, dan is dit die bees se skuld! Ek dink elke ou moet op die bed slaap wat hy maak! Die bees kort nou n parrasiet beheermiddel!

GELYKE GELEENTHEID VIR ALLE RASSE ·

Die huidige weerspieëling van Bestuurders in Prifaatsektor is enigste rede hoekom Suid Afrika se ekenomie nognie heeltemal bankrot is nie.
As Privaatsektor op dieselfde persentasie Staatsdiens al transformeer het dan was Suid Afrika al in n baie swakker ekenomiese toestand as Zimbabwe.

Frik ·

Sodra daar selfbeskikking is kan die meerdeheid maar alles vat.

Sid ·

Ag tog help my asseblief net. Ek verstaan nie meer hoe apartheid na 25 jaar nog steeds tersprake kan wees nie. Daar is tans meer mense in armoede as met en voor die 1994 verkiesing. Wie brand ons snelwee en trokke, wie betoog teen swak DIENSLEWERING, en wie is die meeste wat werk soek om hulle gesinne gevoed te kry. Ek kry die mense so jammer wat op die straat hoeke bedel vir kos agv voedsel pryse wat net duurder word en geen werk kry nie. Ek as blanke sny ook luuksheded soos vleis, drank en soetighede, al het ek ‘n werk. As ek so sukkel hoe sukkel die oor groot meerderheid van onse swart mense nie. Is daar nie iemand wat die word apartheid tot nie kan maak nie. Magtig manne in die boonste gestoeltes in die parlement, kom grond toe en bly saam met hulle in wat in sinkhuise bly, waar die realiteit van van armoede is.

Daan ·

As jy die woord apartheid moet wegvat, dan het die ANC niks om hul bedrog en leuens en plundery en onbevoegdheid op te blameer nie

Danie T ·

Die oorobsessiwiteit met transformasie is slegs ‘n rookskerm vir die wanbestuur in Staatsondersteunde organisasies waar oortransformasie tot totale ondergang lei. Cr konsentreer asb op groter prioriteite om die land van ondergang te red en los die privaatsektor alleen. Moedig liewer die swart privaat entrepreneurs om nuwe besighede te skep ipv bestaande paar te oorreguleer.

Michael P ·

Die staatdiens op gefoeter nou wil hulle nog die privaat sektor ook opfoeter wat is volgende.

Getransporteer ·

Gelukkig het ons gesin onsself getransporteer en is ons verlos van die getransformeerde Titainc wat reguit oppad ondertoe is.

Hanna Hoekom ·

Ten minste het die Titanic se ligte nog gebrand terwyl dit gesink het…

AndrewL ·

Dalk moet hy sommer verduidelik hoe die privaat sektor biljoene Rande gaan kry soos die staatsbeheerde ondernemings.

Getransporteer ·

Ons het gelukkig onsself land-uit getransporteer en is verlos van die getransformeerde Titanic wat reguit oppad ondertoe is.

Adam ·

Kom ons vergelyk watter persentasie van elke bevolkingsgroep oor nagraadse kwalifikasies besklik en dan gesels ons weer oor transformasie. Dit spreek vanself dat dat die president hier na senior poste verwys waarvoor die gemelde kwalifikasies ‘n vereiste is.

Pampoen ·

Mnr die president begin by jou en al jou mense in die parlement. Vee voor julle eie deure en los die privaat sektor wat die land nog aan die gang hou uit. Die dag as ek blankes by Checkers, P/P en eintlik al die besighede sien werk. Kan jy praat van gelykheid. Kyk maar na die besighede w. Sodra daar swart bestuurders aan gestel word val alles plat en gaan alles agter uit behalwe hulle luukse lewe op hulle groot salarisse.

Arak ·

Dit is altyd lekker om vir ander te vertel wat hulle moet doen, maar begin sommer net by jouself. Ek wonder hoe lyk die top bestuur van die maatskappy waarin Cyril die oorgrote aandele het? Is dit totaal getransformeer, of is dit weer die slegte wit mans wat vir hom geld maak. Begin sommer by McDonnalds en Coke, meneer die president. Transformeer hulle totaal, dan kyk ons waar jou geldjies vandaan kom. Wie bestuur jou wildsplase meneer? – transformeer dit ook. Altyd lekker om vir ander voor te skryf.

Andre ·

25 jaar en nog niks verbeter nie net versleg. Hoeveel jaar wil hy nog kerm.

Michael P ·

So baie hoop gehad toe hy by Zuma oor geneem het maar nou ja net nog n ANC flop.

T ·

Ek se steeds ons moet net begin ons eie huis werk, tuin werk ens doen en heeltemal ontrek van enige goed af. So sal mense begin sien wie kyk regtig na hulle.

Gert ·

Goeie plan, dit sal ons ook voorberei vir die situasie wat die ANC en Julius in die vooruitsig stel waar ons hulle tuinwerkers gaan wees.

waarheid ·

Kyk wat het met die staatsinstelling gebeur met tranformasie!
Hulle is almal onderdeur!!

JohanR ·

As ek nie hierdie berig hier op Maroela gesien het nie, sou ek nie eers weet dat ou Cyril geskryf en gepraat het nie. Nie dat ek juis baie omgee nie. Die staat sector doen soe wonderlik ou Cyril dat die belastinbetaler elke twee jaar ‘n reddings paket moet gee. Die enigste wat staan tussen Suid Afrika en anarchie ou Cyril, is die privaat sector!!!

Johanna Botha ·

Die staat is meer as getranformeer soveel so dat mens nie eers daar wil gaan werk nie ….en dis n GROOT gemors sonder dienst en geen geld !

Trojaanse Donkie ·

The slaughter of white South African farmers is ongoing and on the increase. And nothing is being done about it! The ANC government, who has been implicated in these atrocities and who denies there existence, along with the main stream media, who refuse to cover the crisis as it does not suit there ‘narrative’, Hy is die laaste een om te praat , wat kan hy in elkgeval gekry behalwe om te se ” like it or not”

Trojaanse Donkie ·

Cyril’s Junk Yard. nou oop vir besigheid, dit sal beter gaan as Moody’s ook hulle aanbeveling maak.

Stiks ·

Wat sien jy as transformasie mnr die president? Alles en almal swart of die beste gekwalifiseerdes ongeag watter kleur in poste?

Feite ·

The ANC transformation cadre deployment and bee have dismally failed the people of South Africa to such an extend that it is only the ANC elite and cadre structures who are benefitting financially. South African taxpayers and the massas have gained nothing financially and have nothing to show except total disgust towards the ANC elite. The continuation of transformation is a total disgrace and proof that the ANC as a collective is part and parcel of, and treasuring the state capture status quo. The ANC elite has through the roll out of transformation in order to capture the state and SOE’s taxpayers money and private funds, become the newly crowned oppressors. The rich and populist ANC elite has forgotten that God is God to the oppressed people, black and white! The evil of the ANC elite (oppressor) will thus, ultimately destroy the ANC and “its people”!

Babylon ·

Mense met verstand verwerp lankal die onbybelse nonsens-beginsels van “freedom, equality, fraternity, nier asig heid, en multiculti” – soos dié wat CR verkondig.

André-Chris ·

Die ANC regering se ekonomiese beleid het misluk, tot so ‘n mate dat ons by rommelstatus is met geen groei nie. Hierdie kan hy mos nou nie vir sy mense sê nie, so dan gee hy maar weer apartheid die skuld en spreek die privaate sektor aan dat hulle nie genoeg transformeer nie.

André-Chris ·

Ek wonder of Cyril Ramaphosa ooit lees wat hy skryf of wat hy voordra wat ander namens hom geskryf het. Hier sê hy ras moet nie ‘n faktor wees nie, daar moet nie op apartheid se manier van doen teruggeval word nie, maar dan gee hy apartheid die skuld vir die ekonomiese probleme van vandag, terwyl hulle ‘n wonderlike ekonomie in 1994 ge-erf het (wat het dan nou van Zuma en die ANC kaders se aandeel in die verval van die ekonomie geword) EN DAN beduie hy die private sektor is nie genoeg getransformeer nie, hulle sal meer moet doen.

Johan ·

Dit is lankal tyd dat die privaat sektor ramaphosa en sy terroris buddies ‘n vet middelvinger wys!

heinrich ·

die ou is nie so dom soos wat hy lyk nie. net soos mugabe so doen hy n goeie job vir sy baas

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.