Pro-lewe-dokter kan uiteindelik praktiseer

Dr. Jacques de Vos. (Foto: Doctors for Life International)

Ná byna vyf jaar waartydens dr. Jacques de Vos nie as dokter kon praktiseer nie, het die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) vir hom die groen lig gegee om met sy loopbaan voort te gaan.

Die RGB het op 4 April De Vos se registrasie as mediese praktisyn goedgekeur vir doeleindes van sy gemeenskapsdiens.

Doctors For Life – ʼn organisasie wat De Vos deur die verloop van die saak bygestaan het – het in ʼn verklaring gesê hoewel hy verheug is dat De Vos uiteindelik medies kan beoefen, is hy ontsteld oor die onbillike en diskriminerende wyse waarop hy behandel is.

Die hooggeregshof in Pretoria het in Februarie uitspraak voorbehou in De Vos se aansoek om ʼn besluit van die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) – wat weier om sy tugverhoor te hervat – te hersien en tersyde te stel.

De Vos is in 2017 van onprofessionele gedrag aangekla nadat hy glo aan ʼn swanger vrou gesê het haar 19 weke oue ongebore baba is ʼn mens. De Vos was destyds ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom sonder ʼn verhoor weens die beweerde opmerking van sy ginekologie-rotasie geskors het. Sy internskap is reeds afgehandel en De Vos moes lankal met sy gemeenskapsdiens begin het.

Die RGB het in September 2020 die saak teen De Vos laat vaar, maar 2 Militêre Hospitaal het egter steeds geweier om die saak teen De Vos te laat vaar, met verwysing na sy “weiering om aan basiese mediese etiek te voldoen”.

“Die wetenskaplike werklikheid van die menslikheid van die ongebore kind is oor die algemeen onbetwisbaar. Dr. De Vos is nietemin wesenlik gestraf vir sy wetenskaplik verantwoorde houding, deurdat hy vir byna vyf jaar sonder verhoor verbied is om medisyne te beoefen. Dit was ʼn growwe en onverskoonbare skending van sy grondwetlike regte,” lui Doctors For Life se verklaring.

“Doctors For Life doen ʼn beroep op die Suid-Afrikaanse regering om dringend maatreëls in te stel om die beskerming van gesondheidsorgpersoneel wat pligsgetrou optree in ooreenstemming met gesonde wetenskap te verseker, en om nie etiese praktisyns soos dr. De Vos te vervolg nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Nou dr de Vos, is dit JOU beurt om aan te dagvaar. Baie dankbaar dat dit uiteindelik verby is en geregtigheid geseëvier het. Sterkte met die pad vorentoe.

casper ·

Jip – Hy behoort hulle maklik te vat vir so R60mil + regskostes !!

krodedil ·

Nou is die tyd ryp om die Raad vir Gesondheidsberoepe te dagvaar vir verlies van inkomste.

Dries ·

Sterkte Jaques. Uiteindelik is dit verby. Kry Afriforum om jou te help. Ek bid vir jou elke aand

Hennie ·

Ek stem saam met die ander kommentare. DAGVAAR hulle vir verlies aan inkomste. ABORSIE IS MOORD punt klaar.

Dominique ·

Dit is nie en dit is elke vrou se reg. Dis nie jou lyf nie.

andre ·

So jy sê dis reg as n vrou haar kind vermoor, dis mos haar reg. Gaan kry jou kop reg, jy is deurmekaar

Dominique ·

So maklik om dit as man te se. Jy sal nooit verstaan nie.

andre ·

Ek verstaan beter as jy dink, ek het 2 kinders en n kleinkind aan die dood afgestaan, my vrou en my skoondogter het elk n kind verloor in die laat stadium van swangerskap. Dit gaan oor meer as jou lyf, as jy nie kans sien vir n kind nie, moenie die daad doen nie. Aborsie is moord. Punt.

Wolkie ·

ek stem Hennie, die Here alleen gee lewe en kan lewe neem. Dis NIE in die mens se hande om besluite te neem oor lewe neem nie. indien dit was, sou dit nie sonde gewees het om te moor nie. punt.

Chrisp ·

Die vraag is Dominique is die ongebore baba “n mens en indien wel dan is dit moord,punt.
So van my lyf gepraat mag jy dan ‘n ander lyf doodmaak? Indien dit nie ‘n mens is nie wanneer word die ongebore kind ‘n mens?

Julle pleeg moord .

Mercia ·

Dit is ‘n daad van geweld om verkrag te word Dominique en niemand sal ooit die verkragter se daad goedpraat nie…..en presies so is die beëindiging van ‘n lewe óok ‘n daad van geweld en tog word dít gewettig en goedgepraat. Dit is ‘n dubbel standaard. Daarom is daar aanneming en so kan daar ten minste uit seer weer hoop kom vir daardie vrouens wat smag na ‘n kindjie.
Mense wat beweer dat aborsie hulle ENIGSTE uitweg is, draai net ‘n rat voor hulle eie oë. Dit is slegs die vinnigste en maklikste maar verseker nie die enigste nie.

Jacobus ·

Baie geluk Dr de Vos, dagvaar die rook uit hulle uit vir onder andere verlies aan inkomste, ens ens.

Marius ·

Ek glo geluk is in order Dr. Vos. Nou kan jy maar die rook uit die mense dagvaar. Sterkte met die toekoms.

Misky ·

So bly vir jou Dr Vos en die sinneloosheid uiteindelik agter jou en jy kan voortgaan en jou beroep beoefen. En sterkte met die dagvaardiging aan verlies van inkomste, jou saak is sterk en was onnodig lank uitgerek en hulle moet jou vergoed asook emosionele skade.

Frank John ·

Hy is reg, dit is mens sodra die man en vrou se saad en eier meng. Hulle wil dit nie erken nie want dan kan hulle nie aborsie doen nie want dan is dit moord. Selfregverdiging. Maar hulle sal voor God verandwoording doen vir elke aborsie.

Robert ·

Die vergrype van die in magsposisies is verregaande deesdae.

VaalDonkie ·

As jy al ‘n 19-weke oue ongebore baba gesien het, sou jy saamstem dis ‘n mens.

Voilet ·

Dit is ‘n kleine mensie vanaf jy swanger geraak het. Aborsie is moord!!!!! God veg altyd vir die wat reg is. As jy nie glo dit is lewe nie, moet jy glad nie swanger eers raak nie

Alfred E Neuman ·

Daar is altyd n moroon wat sy gewig probeer rondgooi en nikssegende en patetiese besluite neem wat n impak op die lantermyn van die dokter se loopbaan sal hê. Ek vertrou jy dagvaar hulle vir ten minste R100 miljoen, al moet die belastingbetaler daarvoor betaal.

Swerwer ·

Baie dankbaar dat Dr de Vos weer mag praktiseer. In die lewe, wat is die ongebore baba anders as ‘n mens wat besig is om te ontwikkel/groei.

Johanna ·

Ek haal my hoed af vir die jong dokter.
Aborsie is moord. Daar behoort teen Geen Dr of verpleegster wat weier om dit te doen gediskrimineer te word nie. Dit is n TRAUMATIESE ervaring vir enige mens.

Sêmanet ·

Nou wonder ek of die vrou toe die baba behou het. Indien sy het, moet sy eintlik lekker sleg voel. Want hy het sy mense reg uitgeoefen, en haar probeer help. Nou moet hy 5 jaar van sy lewe weer loop opbou.

Erika ·

DR de VOS Dit is jou beurt om hulle te dagvaar
HOE KAN JY SE N FETUS IS NIE N MENSIE NIE
Dit is Moord Punt

Ettienne ·

Die RGB is ‘n grap. Dit s tyd dat daar ‘n parallele staturêre organisasie gestig word wat effektief is en die gesondheidsberoepe behoorlik kan reguleer. Die huidige “Raad” is rassisties, vrot van kaderontplooings en bloot net disfunsioneel. Dink aan jou Dr de Vos.

Lillian ·

Wel gedaan Dr. de Vos. Mag jou praktyk met rasse skrede groei en suksesvol wees!

Christa ·

ñ Dr so na my hart! Jy het opgestaan vir wat reg is. Mag jy van krag tot krag gaan in jou praktyk met jou goeie beginsels, jy is onder ñ “select few” wat omgee vir hulle medemens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.