Prokureur in hof ná hy glo derduisende steel

Argieffoto.

ʼn Prokureur van Mbombela in Mpumalanga het Maandag in die stad se landdroshof verskyn op aanklag van diefstal. Dit volg nadat hy glo derduisende rande van die prokureursfirma waar hy werksaam was, gesteel het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Themba Daniel Mabunda (48) is Maandag vasgetrek nadat ʼn ondersoek bevind het dat hy in Junie glo nagenoeg R310 000 van die prokureursfirma gesteel het. Die genoemde bedrag was veronderstel om as ʼn deposito betaal te word vir die oordrag van ʼn gekoopte eiendom.

Mabunda is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy sal na verwagting weer op 26 Mei in die Mbombela-handelsmisdaadhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

pompies ·

Hy wou ook deel van staatskaping wees, maar sy baas het hom vroeg gevang. Sluit hom nou toe en gooi die sleutel weg.

Genis ·

Kom ek julle dit vertel, die storie dat n prokureer dieselfde is a tweedehandse kar verkoper is nie sommer n leun nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.