Die prokureur wat Woensdagoggend voor sy werksplek in Pretoria-Noord doodgeskiet is, het glo aan ʼn veiligheidswag gesê wie hom geskiet het oomblikke voor hy gesterf het.
Sam Ntsoko (46) is voor 07:00 voor die Hack, Stupel & Ross-prokureursfirma in Emily Hobhouse-straat doodgeskiet. Maroela Media het vroeër berig Ntsoko het by die perseel ingery toe ʼn man vermoedelik oor die muur gespring en langs sy voertuig verskyn het. Hy het Ntsoko meer as een keer deur sy voertuig se ruit geskiet voordat hy op die vlug geslaan het. Niks is tydens die voorval gesteel nie.
Twee verdagtes is Woensdagmiddag in Atteridgeville in hegtenis geneem. Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is ook op die vuurwapen en ʼn VW Golf beslag gelê wat vermoedelik tydens die aanval gebruik is.
Herman Smalberger, ʼn senior vennoot by Hack, Stupel & Ross, het aan Maroela Media gesê Frans Bapela, die veiligheidswag by die firma, het vanuit elders op die perseel die skote gehoor en nader gehardloop. Volgens Bapela het Ntsoko uit die motor geklim en gesê: “Sê vir die polisie dit was Nico”, voordat hy inmekaargesak het.
Smalberger het gesê hy weet nie wat die motief vir Ntsoko se moord was nie, maar hy glo dit was nie roof nie.
Hy het gesê Ntsoko het sedert 2000 by die firma gewerk en was sedert 2005 ʼn vennoot. “Sam se familie was vanoggend by die kantoor en ons het gereël dat hulle berading ontvang. Al die personeel het ook berading ontvang voordat hulle huis toe gestuur is,” het hy gesê. Hy het gesê die kantoor was vandag uit eerbetoon vir Ntsoko gesluit.
Volgens Smalberger was Ntsoko die pa van drie minderjarige kinders. Geen begrafnisreëlings is nog bekendgemaak nie.
Hoe haat ek hierdie land. Niemand maar niemand is veilig nie.
Tel jou seeninge
Daar gaan nog ‘n eerlike landsburger, vader van kinders vir wie hy sorg, maar nee dit pla nie vir Zuma.
Die hardwerkendes word afgemaai en die gemors bly lewe! Wetteloosheid is aan die orde van die dag. Daar sal daadwerklik moet opgetree word! Wie dit gaan doen sal maar gesien moet word!
Ai dis hartseer, Cheryl Naude en personeel ek dink aan julle. Baie sterkte
Bly die moordenaar/s is gevang. Dit is tragies.
Mag God die familie en vriende dra deur die tyd.
Misdaad in Pretoria Noord is oorweldigend. Smokkelaars staan saans sommer oop en bloot op straathoeke. Prostitute oraloor bedags.
Deur gebed sal ons hul uitdryf.
Ja, uitdryf is ‘n opsie, en ek verstaan dit, maar wat van ‘n bekering in hul lewens aangesien jy van gebed praat? Watter een het oneindige, fantastiese nagevolge? Bekering to God deur Jesus, of uitdryf na êrens anders waar hulle maar net aangaan? Net ‘n vraag hoor.
As jou lewe deur die tokolos en voorvadergees beheer word is daar geen kans vir bekering nie want die tokolos doen niks aan jou as jy ‘n moordenaar en misdadige skurk is nie en die geeste prent jou kop vol drogbeelde.
Wie moet ons blameer. Die incompetent Govt natuurlik. Stel net belang om hul sakke te vul. Wonder wat sal gebeur indien van hul Parlementslede vermoor word. Dalk net die gesin besoek beloftes maak en einde vani storie
Nou wie is Nico?
Dit sou ek ook graag wil weet Luister
Ag, en nou maak ons die naam van die veiligheidswag bekend sodat hy ook ge-elimineer kan word?
Hierdie is duidelik ‘n wraakaanval (‘n “hit”).
In die woorde Van Angus… “If you don’t have anything good to say about this country, with all respect sir, SHUT UP!”
Amen. My grootste wens is dat al die negatiewes ons verlaat.
Ek stem saam met jou Pieter.
Hi ek is nou nie snaaks nie maar hoekom noem julle die veiligheids wag se naam, hy is mos n getuie en nou het julle n bulls eye op sy voorkop gesit. EISH!!!!
Sensasie Peanut, sensasie! Gevoellose sensasie!!!!!
En Wortel van al die kwade dinge : F Wde Klerk.Land is sonder om te bie afgestaan!
Ek verag hierdie land. ..niks meer om voor trots te wees nie…Satan se kind is Zuma en sy volgelinge
FW de Klerk het sy mense sy oorlede ouers (ek het hulle geken) en ons geliefde land vir mahala weggegee!! En dit vir GELD.
“Ons” ? Uiters verwaand om te dink die land behoort aan ‘n klein minderheid.
Ja ek wens ook die negatiewes wil/kan die land verlaat. Ek sal voor in die ry staan, maar glo my die ry sal lank wees. Ek is ook nie die enigste mens wat so voel nie. Misdadigers is in beheer in SA. Vryheid se voet!
Ek is bitter jammer om te hoor van die afsterwe van Mnr Ntsoko. Hy was lank deel van Hack, Stupel & Ross. Ek het self het ‘n hele paar jaar daar gewerk (in hoofkantoor). Ek kan nie verstaan waarom die aanval plaasgevind het nie, maar dit was so onverdiend. Ek weet hoe hard werk ieder en elke mens in daardie praktyk, en dis hartseer om te dink dat iemand net sy werk wil gaan doen en aangeval word deur ‘n gewetenlose monster. Ek hoop hulle vang die gemors wat dit gedoen het sommer gou.