Nel het glo verlede week van Suid-Afrika na Nepal gereis. Joe McGluwa, DA-leier in Noordwes, het gesê Nel is Donderdag as vermis aangemeld. “Sy is met vakansie daar en was op besigtingsvlug oor ʼn bergagtige gebied toe kontak met die vliegtuig verloor is.”
Volgens McGluwa is twee helikopters ontbied om na die vermiste vliegtuig te soek. Nel is ook ʼn DA-raadslid in die Matlosana-munisipaliteit in Klerksdorp. “Sy is ʼn toegewyde lid van die party en ons almal hoop vir haar veilige terugkeer.”
DPA berig intussen dat die vliegtuig sowat ʼn halfuur na opstyging kontak met die beheertoring verloor het en dat daar sedertdien na Nel en Vallery Buttenin, ʼn Russiese vlieënier, gesoek word.
© RDM News Wire
Matlosana-Klerksdorp – nie Krugersdorp
Dit is wat daar staan.
Dagsê Mariana
Daar het aanvanklik verkeerdelik Krugersdorp gestaan maar die berig is intussen gewysig.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media
Wie gee om of dit klerksdorp of krugersdorp is daar word iemand vermis
Die DA wou nog altyd naam gemaak het in die buiteland!
Piet Pompies,jou kommentaar is die onsensitiefste stukkie gemors wat ek nog ooit op Maroela se kommentaarblad gelees het.Gaan dink mooi.Jy behoort jou te skaam!
En dit, geagte medeburgers, is die rede hoekom ons is waar ons is…….die onvermoe om op n beskaafde manier te handel, die onvolwassenheid wat nie n persoon met n ander sienswyse kan verdra nie, en die ongevoeligheid wat geen waarde heg aan die lewens van diegene wat dit waag om van ons te verskil nie. Dankie Piet, n perfekte voorbeeld.
SIes, hoe gevoelloos en smaakloos. Miskien moet jy ophou onder n skuilnaam kommentaar lewer -dalk sal jou vriende namens jou skaam wees of jou reghelp.
Piet kom by Petro is ons vriendin . Tuis wag haar gesin en vriende. Petro is soveel meer as net n DA raadslid. Sy is ook die een wat as jy in haar wyk gebly het jou met respek en waardigheid sal hanteer al is jou naam Piet Pompies.
Geagte Piet Pompies – dit is ‘n skokkende uitlating en die naam PIET POMPIES
pas ook nie by die ANC nie … wonder net !!