Pta-inwoners dalk nege dae sonder krag

Die Mooikloof-substasie het vroegaand aan die brand geslaan (Foto: Verskaf(

Inwoners in dele van Pretoria kan dalk vir nege dae sonder krag wees, ná ʼn brand by die Mooikloof-substasie Woensdagaand.

Hilgard Matthews, woordvoerder van die Stad Tshwane, sê volgens die aanvanklike assessering sal die stad se spanne min of meer nege dae neem om die skade aan die substasie te herstel.

“Ons wag dat die strukturele ingenieur en die versekering hul inspeksies afhandel voordat ons span met die ondersoek en assessering van die skade aan die substasie kan voortgaan,” bevestig Matthews.

Maroela Media het vroeër berig die brand het Woensdag vroegaand by die Mooikloof-substasie uitgebreek. Kragtoevoer na dele van Moreletapark, Pretoriuspark, Mooikloof, Olympus, Bosveld en ’n deel van Garsfontein is afgesny.

Matthews sê die stad vra om verskoning vir die ongerief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

SlinkseKoljander ·

Duidelike sabotasie op ons netwerk, die vraag is net wie.
ANC? EFF?

Jacobus ·

Sulke goed gebeur wanneer daar nie onderhoud gedoen word nie en dan word die sisteem nog oorlaai ook.

Jan ·

Jy is doodreg. Gewoonlik slaan die transformator/s aan die brand as die transformator-olie vuil word. Dan word die olie te warm en slaan aan die brand. Die olie moet gewoonlik elke jaar geruil word, soos ‘n motorkar s’n.

AmY ·

Ons was een jaar vir agt dae sonder krag gewees.
Ek ken julle pyn, frustrasie en ongerief.

Racheltjie Debeer ·

Ek ken ook die frustrasie van meer as ‘n week sonder krag wees. Wat my die josie in maak is dat die stadsraad mens nie ‘n sent afslag op jou kragrekening sal gee om te vergoed vir die brandstof van ‘n kragopwekker nie. Jy moet maar krag en brandstof betaal. Dis belaglik hoe min hulle voel vir die publiek.

Neelsie ·

Dis darem nie orals waar nie. In Summerstrand PE was ons 6 dae sonder krag agv sabotasie. Toe skeld die munisipaliteit ons vir 6 dae vry van beurtkrag.

Frank ·

En wanneer is dit: Julle gaan vir 6 weke sonder krag wees, jammer vir die ongerief????? Arme Eskom, nou kom die eise ook nog in.
My opinie is dat baie van hierdie probleme word geskep sodat daar oortyd gewerk kan word. Ons het altyd Saterdae 1,5 keer en Sondae 2 keer normale betaling gekry.
Nie noodwendig sabotasie nie, maar herstel word op so ‘n manier gedoen dat die herstel nie baie lank hou nie. Werkskepping……..

Frederik C ·

Om te dink, ‘n paar liter olie, kon al die skade voorkom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.