
Shayleen van Zanten Foto: Facebook
ʼn Identikit van ʼn moontlike verdagte is uitgereik nadat Shayleen van Zanten (15) en ʼn vriendin Woensdag by Trafalgar naby San Lameer aangeval is.
Maroela Media het vroeër berig Van Zanten en ʼn vriendin het omstreeks 18:00 die aand gaan stap toe ʼn man hulle voorgekeer en haar selfoon geëis het. Toe sy glo weier om dit te oorhandig, het hy haar met die mes aangeval. Sy het later in die hospitaal aan haar wonde beswyk.
Volgens ‘n verklaring deur die polisie in KwaZulu-Natal het die verdagte tydens die aanval ʼn rooi T-hemp, swart kniebroek en plakkies aangehad wat te groot was vir sy voete.
Enigiemand met meer inligting word versoek om kapt. Manus Erasmus by 082 330 7422 of hul naaste polisiestasie te kontak.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.
Só lyk die identikit wat uitgereik is:
Lees alle vorige berigte oor Shayleen van Zanten op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
26 Kommentare
God, laat asseblief geregtigheid geskied.
Hierdie ding wat die onskuldige dogter se lewe geneem het vir n selfoon, het alle regte en sy sogenaamde mensereg verbeer toe hy die voorbedagte en beplande moord gepleeg het en verdien niks meer as die doodstraf nie. Dit sal nie haar lewe terugbring nie, maar n duidelike boodskap vir die gemors in ons samelewing stuur.
Ek bid en dra hierdie kind se ouers en familie op aan onse lewende God.
Nie eens meer veilig as mens met vakansie gaan nie!! Ons moet ons kinders agter slot en grendel hou vir hulle eie veiligheid! Dit is belaglik!!!! Ek stem vir doodstraf!
EK STEM DIT IS NOU GENOEG BRING DIE DOODSTRAF TERUG DAN SAL DIE LAND BETER RAAK EN MISDADE MINDER WANT NOU KRY HULLE NET VERNIET KOS BLYPLEK EN VERDERE STUDIES IN DIE TRONK EN ONS BETAAL DAARVOOR DIE GELD KAN LIEWERS VIR STAATSHOSPITALE GEGEE WORD OM BETER DIENS DAAR TE KRY WANT DIT IS NET SO PATETIES EN ORDENTLIKE OPGELEIDE PERSONEEL WAT NOG GLO AAN OMGEE VIR DIE PASIËNTE EN NIE NET WAT DAAR IS VIR DIE SALARISSE NIE OPREGTE VERPLEEGPERSONEEL EN SKOONMAKERS HOSPITALE IS PATETIES HOOP ONS KAN HIERDIE VARK VANG
My gebed is God wees met hierdie familie asb en vertroos hulle bittere hartseer.
bring die skuldige tot geregtigheid, die doodstraf is die minimum loon
Red ons Land uit die kloue van die huidige regeerders
Amen