‘Publiek nie besorg genoeg oor impak van NGV op gesondheidsorg nie’

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die ideale prentjie wat die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) oor toegang tot behoorlike gesondheidsorg vir alle landsburgers voorhou, gaan nie materialiseer nie en nasionale gesondheidsversekering gaan inderwaarheid eerder presies die teenoorgestelde uitwerking hê.

Volgens Morné Malan, ʼn navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, is die publiek nie besorg genoeg oor die drastiese impak wat die implementering van hierdie stelsel sal hê nie. “Volgens die staat se eie modelle groei ons ekonomie hoegenaamd nie vinnig genoeg om die voorstel te befonds nie en al die loodsprojekte het boonop tot dusver misluk. Die NGV kom op niks anders neer as ʼn de facto-nasionalisering van Suid-Afrika se gesondheidsorgstelsel nie.”

Malan voer aan dat indien dié wetsontwerp goedgekeur word, die NGV die grootste staatsinstelling in die geskiedenis van Suid-Afrika gaan word. “Om dit in perspektief te stel, sal die NGV groter wees as Eskom en die SAL saam, en geoordeel aan die huidige stand van sake by sowel Eskom as die SAL, word ʼn baie donker prentjie vir die toekoms van gesondheidsorg geskets.”

Suid-Afrika ondervind tans ʼn ernstige tekort aan belastingbetalers én gesondheidspraktisyns en die land gaan verdere verliese ly as die NGV geïmplementeer word en dit daartoe aanleiding gee dat diegene wat kan, die land verlaat.

Malan sê voorts dat die NGV gesondheidspraktisyns en ander mediese diensverskaffers van die keuse gaan ontneem om te besluit oor waar en teen watter vergoeding om te werk. Boonop gaan dié praktisyns moet staatmaak op die regering om hulle vir hul dienste te vergoed. “Ons het al gesien hoe beroerd dit gaan met die vergoedingsfonds en ander staatsfondse. Daarom is daar groot rede tot kommer oor of praktisyns betyds hul betaling sal ontvang.

“Hierdie de facto-nasionalisering van ons gesondheidsorg kom in wese daarop neer dat die land se gesondheidsdienste in die hande van dieselfde burokrate wat die Life Esidimeni-tragedie en die Charlotte Maxeke-ramp moes bestuur, gaan beland,” het Malan uitgewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Ella ·

Derduisende mense het al hul teenkanting hieroor uitgespreek maar die regering dons maar net aan. Watse verskil gaan Jan Alleman se teenkanting maak?
Ongelukkig glo die meerderheid die regering se praatjies en eers later kom die groot skok.
ONS WIL SIT NIE HE NIE. Hoe stel mens dit nog duideliker?

LB S ·

Dit is tyd dat OUTA hier ingryp. Hulle het goed gedoen dusver met die eTolls.

Peet Schabort ·

Daar hoef geen somme gemaak te word dat dit nie naastenby haalbaar is in SA. Kyk na die bestuur van verskeie regeringsinstansies, werkloosheid, misdaad, vernietiging van infrastruktuur, afbrand van skole ens., dan sal die duidelike skrif teen die muur gesien kan word van nog ‘n mislukking selfs nog voor dit begin.

Peet Schabort ·

Alles wat jy verniet kry word oor die algemeen misbruik. Ek sien al hoe word ‘n snytjie aan die vinger dokter toe gevat. Die oorgrote meerderheid dokters gaan ook nie hiervan hou om hulle dienste so te laat misbruik.

David ·

Ek stem vir belastingverset. Gee die regering solank ‘n voorsmakie van die toekomstige Suid Afrika.

Daar kan dalk goei nagevolge wees bv. minder geld vir die soustrein, stemme koop, KFC, staatsamptenare, kleinder kabinet ens. ens.

JG PRETORIUS ·

Die probleem is dat die mense oningelig is en nie weet wat om hulle aangaan nie. Hulle glo alle belofdes wat die regering vir hulle vertel. Dan wanneer dinge nie so gebeur soos beloof nie, wil hulle weer alles afbrand en afbreek.

Lola ·

Jy is verkeerd JG. Die mense is ingelig. Maar so baie mense kannie meer mediese fondse bekostig nie. So met ander woorde, wat traak dit hulle of alles nou genasionaliseer moet word of nie.

onbekostigbaar ·

My gevoel is net dat mediese fondse vir die gewone mens wat tussen in val onbekostigbaar is en nie n mediese fonds of self hospitaalplan kan bekostig nie. As die regering iets kan saamstel wat werk wat sal maak dat ek en my gesin aan n fonds kan behoort en goeie sorg kry is ek all for it.

JOHN DO ·

Ongelukkig leef alle politici in LALA land. NHS werk nie in Europa nie. Daar is geen kans dat dit hier sal werk nie. Gaan sit by enige staatshospitaal en ek waarborg jou jy skrik jou dood. Nie eers basiese dinge kan gedoen word nie. Spesialis behandeling in RSA gaan nie meer bestaan nie.

Judge Dredd ·

Probleem met NGV is:

1. Privaat gesondheidsorg gaan nou selfs meer kos(belasting + mediese bydraes) terwyl dienste verder verswak(nie betalers kan ook private hospitaal besoek).

2. Publieke gesondheidsorg gaan geensins verbeter nie as gevolg van korrupsie en onbeholpenheid.

Potlood ·

Wat is bekostigbaar in ons land vandag? Moet nie so gou die fondse die blaam gee as hulle maar net ‘n baie klein stuk is in die legkaart wat pryse bepaal. ‘n Fonds pepaal sy prys vanaf die verslag wat die aktuaris opstel. Hulle kyk nou weer onderandere na die vorige jare se uitgawes en wat dieselfde sal kos in die jaar wat kom… Risiko…
Onthou fondse maak nie wins nie, so as ek en jy aan dieselfde fonds behoort dan deel ons koste and spaar ons saam vir die dag wat die nodig is. Ek wat gelukkig gesond is, betaal vir jou wat ongelukkig ongesond is… Die Jonges betaal vir die Oues, of jy betaal as jy jonk is vir die dag as jy oud is… Amper net soos pensioen… Dit is seker maar die eenvoudigste verduideliking.
Nou die vraag… dit sal dus in my as gesonde jong mens se voordeel wees om aan ‘n fonds te behoort waar die ander lede nes ek is. Dus sal ons Minder betaal… (maar ons mag nie diskrimineer nie)… Dus word daar baie opsies (selfs Geslote Fondse) en “Management” toegepas om die risiko te probeer binne die bepaalde perk te hou vir die jaar.
Dink net nou met NHI vir wie jy werklik gaan betaal… Jy spaar dan nie meer werklik vir jou ou dag nie… Het jy regte om te kies??? wat gaan ek en jy betaal vir kraam, terwyl ek self nie kinders het nie….

Wonder ·

Al “bevoordeel” die stelsel dalk diegene wat “in die middel val”, en voorsien aan hulle bekostigbare mediese dienste, gaan hierdie mense nog steeds daarvoor moet opdok d.m.v. belasting.

Jakkalas ·

Maar in die realiteit, in die regte wêreld behoort jy te weet dat die huidige onbekwame regering dit nie vir die laaste 25jaar gebeur het nie….wat op dees aarde laat jou dink dinge sal nou verander? Wake up and smell the coffee….

Jakkalas ·

Ek glo die publiek is wel baie besorg oor die ramp wat ons gaan tref. Julle het almal vir Ramaphosa gehoor dat dit gaan gebeur of julle daarvan hou of nie. Die publiek is voos baklei en betaal vir die ANC se onbevoegdheid. Watse kans staan die minderheid teen die oorgrote “entitled ” groep SAners wat alles gratis wil hê sonder om ‘n vinger te roer? So dit gaan platval nes die ekonomie besig is om sy gaai te sien. Almal wil bus ry maar niemand wil ‘n buskaartjie koop nie….

Waarom ·

Hulle noem dit kommunisme. Almal se besittings en voorregte is gelyk, maar niemand het op die ou einde iets nie (miskien net die “regeerders”).

EP ·

Stuur af op fiasko. As gesondheidsdienste genasionaliseer word gaan dit dieselfde pad as SAL. Eskom ens. loop. Al die bekwame geneeshere gaan groener weivelde soek en die vlak van gesondheidsorg gaan dus daal. Ek is ten gunste van beter gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners, maar ek twyfel sterk of die NVG die antwoord is.

Johannes Meintjes ·

Ek dink ook nie dus ‘n geval dat die publiek nie daarin belangstel en daarteen gekant is nie. Dit is die minderheid wat daarteen gekant is en al sê die publiek wat gaan die regering die Nasionale gesondheidsversekering instel of ons daarvan hou of nie en die minderheid gaan in elk geval vir dit betaal deur meer belasting te betaaal.

Wurmpie ·

Al sê ons nee ons stem tel nie meer. Ons is heeltemal te min

Andrea ·

Stem saam met jou. Ek is daarteen, maar waar en vir wie sê ek dit? En wie gaan hul daaraan steur? Afriforum sal maar weereens moet inspring en n privaat mefiese fonds op die been bring met drs wat nie wil emigreer nie. Privaat hospitale moet ontwikkel wat pasiënte inneem wat aan hierdie privaat fonds behoort, ens.

pieterdp ·

Hoe is dit moonlik dat die minder huid engsins n inpak sal kan hè oor die meerder huid. In stel gaan dit ingesel word . As hul die kon om draai dat die wat wel betaal n groter sè kan hè sou ek my sè gesê het. Dis wat sè ons en waar is die groot instansies soo DA en Solarietyd en Afiforim. Wat n sterk spreek buis is. Hoekom stel hul nie n pitiesie op nie. Selfs die mediese fonse kan. As dit wel gebeur stop ek om my medies te betaal. Maroela plaas n andwoord op F book en nooi die pibliek en begin n teenkanting.

Callie ·

Ou Jakalas, die probleem is niemand baklei nie. Wys my waar baklei die witmense. Meest lewer nikseggende kommentaar en steur hulle aan niks verder nie. Regtig, erens moet ons darem begin bymekaarstaan en opstaan teen die dinge in die land. Dit is krimineel wat die regering doen en ons doen niks daaraan nie

Natascha ·

Kyk ek wil nou nie juis senies klink nie, maar baie van die privaat hospitale se dienste is ook maar vrot. En dit is soos baie van jul se, al vul ons hieveel pitisies in, die regering het klaar besluit.

John ·

CR staan met ‘n karton vol geskryf met Freedom Charter-drome op elke hoek en draai van die wereld, soos die ANC-leiers voor hom, in die hoop op die verwesenliking van verflarde dwaashede. Skynbaar gaan grond van witboere vervreem word om groot ekonomiese groei te bring om die idilliese droom van ‘n hospitaalbed en ‘n goeie arts vir elke seer toon in Afrika te verskaf. Ons beplan mos oop grense, dus is hier baie oop beddens, vir ons bure en huise om daarna in aan te sterk. Kuba gaan nou eienaarskap met kaart en transport na jare weer invoer omdat dit nooit gewerk het nie… maar hier gaan ons dit wegneem… Dog ons leer by Kuba. Maar soos CR se, mense moenie bang wees nie… sy grooot foto wat tydens die Mandela- lesing alles oorkoepel het, breinspoel ons om te glo inkarnasie het plaasgevind. Na ’94 het landsake bly vlot met ervare mense nog in poste maar Mandela kry die krediet.. al was hy heeltyd in die buiteland. CR moet nou ‘n rede verskaf waarom mense nie angstig hoef te wees nie… of is die loop van ‘n weermagwapen voor jou kop, nadat jy geskiet is, dit waarop hy sinspeel?

Lana ·

‘n Trein stop nie onmiddellik wanneer jy dit rem nie. Dit is a.g.v. momentum wat dit steeds voort dryf nadat dit gerem is.
Ek vergelyk SA met ‘n trein wat in 1994 gerem is. Momentum (uit die vorige bedeling) het dit gebring tot hier. Soos wat dinge een vir een tot niet gegaan het onder die nuwe bedeling, het die trein al stadiger geloop.
Indien hierdie NGV van hulle ingestel word, SAL dit beslis die finale doodruk van die trein veroorsaak.

Janosh ·

Al die kommentare hierbo is geldig. Ons is steeds die hoogste bydraers tot die staatskas, en ek dink dit raak hoogtyd dat ons vir ‘n slag saamstaan, en dmv ‘n goed ge-organiseerde belasting weerhoudingsproses ons stemme dik maak. “Geld wat stom is, maak reg wat krom is” Ons moet ophou toelaat dat ons net as die melkkoeie van hierdie land misbruik word, en dat net ons belastinggeld goed genoeg is. Op alle ander vlakke word ons soos derderange burgers behandel, en dit moet end kry.

Katerina ·

Ja maar Hoe?? Die belasting word dan afgetrek nog voor mens se salaris in die bank inbetaal word?

Ondervinding ·

Het 3 jaar in Nederland gewoon met NVG. Elkeen betaal n klein bedraggie p/m, wat lekker is, maar daar stop dit. Jy moet n dokter in jou woonbuurt besoek, mag nie self kies nie, dan wag jy 3-4 dae vir n afspraak, net beskikbaar tussen 9 en 3 uur. Daar is kwotas op bv knie operasies per jaar – as die kwota vol is, wag jy tot vlg jaar. Kanker pasiente wag 3 maande om onkoloog vir die eerste keer te sien…! Nee wat, as dit in n welvarende land só gaan, SAL DIT IN SA MISLUK!

verskuilde plan ·

ANC weet gratis gesondheidsorg en grond kan nie realiseer nie, maar hulle gaan steeds hulle doel bereik:
1. Stemme verf vir volgende jaar, al is dit met leë beloftes aan die massa oningeligtes
2. Meerderheid wit dokters en burgers verlaat die land

NGV ·

Onbekostigbaar, ek werk al amper 3 jaar met die NGV en ek kan jou verseker jy gaan nie goeie diens kry nie. Jy gaan GEEN diens kry nie. Alle privaat gesondheidsdienste gaan staatsdienste word. Alle dokters sal vir die staat werk in staatshospitale en daar sal geen spesialiste wees. Dit is die uiteinde van NGV. As jy siek is moet jy staatshospitaal toe gaan en daar in die rye gaan sit tot daar moontlik vandag vir jou ‘n dokter is om te sien. Hierdie is ‘n duister vooruitsig vir gesondheids dienste in SA.

PATSY ·

Weet iemand dalk waar kan jy teen hierdie beleid stem. Het oor die radio gehoor publiek het 3 maande kans om te stem.

Steoliv ·

Waar kan ons pettiese teken teen die NGV? Dit stuur op ‘n ramp van af van” epiese- perporsies” af en gaan baie bekwame dokters die stelsel en land verlaat. Waarmee sit ons dan? Mense dit is net so GROOT krisis soos die Grond debakel (Artikel 25)

Eish ·

Natuurlik is die publiek nie besorg nie!
Die stemvee is die diens belowe en basta!
Die stemvee is grond belowe en basta!
Indien ons dink dat die kolonialiseerders wat so 8% van die bevolking uitgemaak het se besware aangehoor gaan word, vergeet dit.
Ons is in n boot wat ons nie beheer nie en die stuurman luister nie na raad nie.

Kubaan ·

DIE PROBLEEM IS DIE ARMES DINK HULLE GAAN NOU beter mediese sorg kry (gelykstaande aan die privaatsorg waarvoor die ‘rykes’ volgens hulle nou betaal). So hulle sit en lek hulle lippies af vir die PRIVAATBEHANDELING wat die belastingbetaler hulle nou gaan befonds. As hulle net ‘n bietjie verstand het sal hulle kyk hoe lyk die HUIDIGE staatshospitale, so as al die privaathospitale STAATSHOSPITALE gaan word gaan hulle binnekort almal soos die staatshospitale lyk en soos die staatshospitale funksioneer (van heeldag in ‘n tou staan en more weer terugkom). Wit en swart, arm en ryk gaan nou daaraan onderwerp word .. dit gaan NIE beter met die armes gaan nie ,dit gaan net SLEGTER met die rykes gaan . Die superrykes en die PARLEMENTARIERS gaan steeds op ons onkoste Dubai en Singapoer toe vlieg vir mediese behandeling . so die rykes gaan steeds privaatsorg in ANDER lande gaan kry, maar ons middelklas wat ons alies afbetaal aan privaatsorg gaan nou saam met die gepeupel in die rye sit en doodgaan . dis al .. die ARMES moet asb nie opgewonde raak nie .. daar gaaan nou NOG meer mense in ‘n ry sit en NOG SWAKKER diens gelewer word . almal gaan deur KUBANE gedokter word . maar nee niemand gun mos die ander die son oor hulle koppe nie al betaal ons duisende rande ‘n maand aan mediese fondse, wil die ARMES alles mahala he .. Kry vir julle! ..

Waarom ·

Potlood, ek is nie so seker of die mediese fondse nie ‘n wins maak nie. Daar is sommige fondse wat darem maar lekker tekere gaan en allerhande luxuries vir sy lede bied, soos bv. gym afslag, fliek afslag, ens., ens., ens. Ek sal graag wil weet waar jy jou feite vandaan kry.

Moedeloos ·

Dis nie dat ons nie besorg is nie. Ons is al lam gestress oor als…. Wat moet ons doen? Als waarvoor jy werk gaan gevat word. Of jy stem, mooi praat, petisie teken, optog hou. Ons is soos bokkies wat in die pad staan, verblind deur die aankomende motor se ligte. Jy weet dit gaan jou tref, maar jy weet nie watse kant toe nie. Mens is lus om te se dat hierdie land maar vir hom moet kry. As hulle nie kan leer uit ander lande se foute nie, is daar geen salf te smeer. Jy kan niks doen aan onkundiges wat nie wil leer nie.
Hierdie alles gaan oor stemme wen ja, maar al hierdie goed gaan deurgehaal word. Of dit nou misluk of nie. Dis nie waaroor dit gaan nie. Die massas wil als he. Wanneer die land val, kan hulle nie omdraai en die regering stenig nie, want die regering gee hulle dan wat hulle gevra het.

Elizabeth ·

Hou tog net op met ‘VERNIET’ daar is nie so iets nie; belasting op belasting op belasting.

Die sal by die skole geimplementeer word so kinders sal darem die tandards sien as almal arm of ryk belasting op belasting betaal.

Dis nie alles slegte nuus nie want as die staat MRI toetrusting besit dan sal privaat en staat klinieke almal na een plek stuur en almal betaal ń sekere bedrag. Nie duisende nie maar bekosbaar vir almal.

Nadele staat sal net ń sekere aantal operasie doen en die ry kan lank wees. Die gaan nie die oumense en middeljariges bevoordeel nie dit gaan net die jonges wees wat miskien die vrugte gaan pluk as SA daardie oad gaan stap. WHO dink dis regverdige manier waar almal baat gaan vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.